Kyk ook:
- Smeerveldtog teen hierdie teologie-dosente (Nelus Niemandt, 25 Nov 2024)
- Lynreg in teenstelling met die Heilige Skrif (Philip Coetzee, 12 Nov 2024)
*******
Is LGBTQIA+, liberale teologie nuwe fokuspunt? | Netwerk24
Dr. Bernhard Ficker, Somerset-Wes
29 November 2024
Die skrywe van prof. Nelus Niemandt “Smeerveldtog teen hierdie teologie-dosente” (26.11) het my laat kopkrap, want dit verskaf geen opheldering rakende die kwessie van die betrokke dosent nie.
Niemandt maak beswaar teen Philip Coetzee (12.11) se skrywe wat ’n “enkele sin uit ’n proefskrif” aanhaal wat deur ’n teologiesedosent verbonde aan Hugenote Kollege geskryf is. Nee, prof. Niemandt, dit was nie ’n enkele sin nie, maar wel twee sinne waarna verwys is. Coetzee verwys na mense wat die Bybel voorstel as ’n boek vol strydighede en mensgemaakte ideologie.
In die eerste sin stel hierdie doktorale skrywer dit onomwonde dat die Nuwe Testament in sy geheel nie feitelik korrek is nie, maar moontlike versinsels of “pessimistiese begrippe van ’n skrywer om soteriologiese oortuiging te akkommodeer”.
In die tweede aanhaling noem hy die skrywer in die Nuwe Testament is “beïnvloed deur aspekte van dualistiese wêreldbeskouings”, byvoorbeeld die briewe van Paulus. As hierdie skrywes die sieninge van ’n teologiedosent by Hugenote Kollege verteenwoordig, dan is daar ernstige probleme.
Hoekom verskaf Niemandt nie aan ons die titel van die proefskrif sodat ons self al die ander sinne kan gaan lees en sien presies wat aangaan en presies watter dwaalleer propageer word deur hierdie dosent nie?
Ek het na die kollege se webwerf gegaan om verdere inligting te probeer verkry. Daar het ek egter gelees hoe Hugenote Kollege op 26 Oktober ’n groot straatoptog gehou het om LGBTQIA+-aktiwiteite te bevorder.[1] Is LGBTQIA+ nou Hugenote Kollege se nuwe fokuspunt, tesame met sy liberale teologie?
Voetnotas
[1] Die volgende het op 29 Oktober 2024 op Hugenote-Kollege se Facebookblad verskyn:
We are excited to share that our community engagement event on October 26th was a success! Together, we marched down Church Street to raise awareness about Gender-Based Violence (GBV) and the LGBTQIA+ community.
The energy was incredible, and the event truly sparked important conversations. As we walked, we could hear people along the sidewalk asking about the LGBTQIA community, opening the door to reducing ignorance and fostering understanding. The sight of the pride flags prompted questions and curiosity, with challenging interactions that presented the opportunity to educate and inform.
A heartfelt thank you to our partners-Drakenstein Municipality, Norsa Community Care, Badisa Wellington, DSD, and Gender Dynamix-for their support and collaboration.
Die groot jammerte is, dit was ook die meer behoudende sfeer se fokuspunte vir dekades, maar verskuild onder baie subtiele ánder vorme. Tog sê Romeine 2::1 duidelik, dat dié Romeine 2::1-groepering,óók déél is van Romeine 1 se sfeer. Maar hul hoogmoed en trots,hou hul stoksiende blind. Selfs in die AGS en VEK sfere…selfs REACH SA….en Reformed, Baptists, Lutheran sfere in die VSA (ens) merk mens dit op.
“CHRISTIAN NATIONALISM” is die groot “idol” by so baie. Ook “Christian Denominationalism”. Geen verskil.
Word Christus wáárlik gepreek EN “gedoen” in die kerke wêreld? Nee. Hul “gesalfde prediking”, is merendeels die verwysing na ánder se afvalligheid (wat nie soseer verkeerd is waar partydigheid afwesig is), en soos ‘n “AI Large Language Model” se “node weights”,, word absolute GROOT gewigtigheid aan bepaalde sonde van ánder toegeken in hul sfere, maar sonde onder eie geledere, word nie eens geëien of aangespreek.
Ons sit met ‘n Fariseër Kerk, aan beide kante van liberale en konserwatiewe sfere, waar Christus lankal nie meer, die GROOT fokus is nie. Nou trek hul woorde se krag almal skeef soos ‘n missiel wat die “target” mis, en hul eintlik, Satan se agenda bevorder. Wat hul ontken natuurlik. Dink hul GOD is blind vir hul eie gemeente lede se fariseërharte?
Christus het NIE goeie woorde vir sulke harte gehad nie. Inteendeel. Satanis was (en is) hul vader.