Jakobus (Jesus se broer)

Jakobus, Jesus se broer, is die skywer van die brief Jakobus in die Nuwe Testament. Sy broer, Judas, het die tweede laaste brief in die Bybel geskryf.

Jakobus, die broer van Jesus, moenie verwar word met Jakobus, die dissipel van Jesus, nie.

In Handelinge 15:13 verwys Jakobus, die broer van Jesus na die ander apostels en ouderlinge as “broers”. (Ons weet dit was Jakobus, die broer van Jesus, en nie die dissipel, Jakobus, seun van Sebedeus nie, omdat Jakobus, seun van Sebedeus in Handelinge 12:1-19 deur ‘n swaard omgekom het op bevel van Herodus.

Hier volg ‘n volledige lys van al die plekke in die Bybel wat na Jakobus, Jesus se broer, verwys:

  • Mat 13:55 Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie?
  • Mark 6:3 Is hy dan nie ‘n timmerman, ‘n seun van Maria en die broer van Jakobus, Joses, Judas en Simon nie? En is dit dan nie sy susters wat hier by ons woon nie?”
  • Hand 1:14 Hulle het almal eensgesind volhard in die gebed saam met ‘n aantal vroue, onder wie ook Maria die moeder van Jesus. Sy broers was ook by.
  • Hand 12:17 Hy het met sy hand vir hulle gewys om stil te bly en vir hulle vertel hoe die Here hom uit die tronk uitgelei het. “Vertel dit vir Jakobus en die ander gelowiges,” het hy gesê en na ‘n ander plek toe vertrek.
  • Hand 15:13 Toe hulle klaar was, sê Jakobus: “Broers, luister na my!
  • Hand 21:18 Die volgende dag het ons saam met Paulus na Jakobus toe gegaan. Al die ouderlinge was daar teenwoordig.
  • 1 Kor 15:7 Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels.
  • Gal 1:19 Van die ander apostels het ek niemand ontmoet nie behalwe Jakobus die broer van die Here.
  • Gal 2:9 Toe hulle dan ingesien het dat God my hierdie voorreg gegee het, het Jakobus, Sefas en Johannes, wat beskou is as die pilare van die gemeente, my en Barnabas die regterhand gegee as teken dat ons en hulle medewerkers is. Ons het ooreengekom dat hulle die evangelie aan die Jode sou verkondig, en ons aan die nie-Jode.
  • Gal 2:12 Voordat daar van Jakobus se mense aangekom het, het Sefas gewoonweg saam met nie-Joodse gelowiges geëet. Maar toe dié mense daar aankom, het hy hom onttrek en hom eenkant begin hou, omdat hy bang was vir die voorstanders van die besnydenis.
  • Jakobus 1:1 Van Jakobus, ‘n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete!
  • Judas 1:1 Van Judas, ‘n dienaar van Jesus Christus en ‘n broer van Jakobus. Aan dié vir wie God die Vader geroep het, wat Hy liefhet en deur Jesus Christus bewaar.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui