Jakobus, seun van Alfeus

Jakobus, seun van Alfeus, was een van Jesus se 12 dissipels.

Daar word slegs drie keer na hom verwys in die Bybel:

  • Mat 10:3 Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Tomas en Matteus die tollenaar; Jakobus seun van Alfeus, en Taddeus;
  • Mark 3:18 Andreas, Filippus, Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die Kananeër,
  • Luk 6:15 Matteus en Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot, Judas seun van Jakobus,

Daar bestaan ‘n moontlikheid dat Jakobus, seun van Alfeus dieselfde persoon is as Jakobus, die kleine, seun van Maria (nie Jesus se ma nie). Daar word vier keer na hom verwys in die Bybel:

  • Mat 27:56 Onder hulle was Maria Magdalena, Maria die moeder van Jakobus en Josef, en die moeder van die seuns van Sebedeus.
  • Mark 15:40 Daar het ook vroue op ‘n afstand gestaan en kyk. Onder hulle was Maria Magdalena en Maria die moeder van Klein-Jakobus en Joses, en Salome.
  • Mark 16:1 Toe die sabbatdag verby was, het Maria Magdalena en Maria die ma van Jakobus, en Salome reukolie gekoop om die liggaam daarmee te gaan balsem.
  • Luk 24:10 Die vroue was Maria Magdalena en Johanna en Maria die ma van Jakobus. Ook die ander vroue saam met hulle het dieselfde dinge aan die apostels vertel.

Indien dit die geval is, beteken dit dat Alfeus getroud was met Maria.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui