Wie is James Barr?

Kyk ook:

Prof James Barr (1924–2006) was ʼn Hebreeuse kenner wat geglo het dat Genesis 1 tot 11 geskryf is om letterlik gelees te word. Self het hy nie in ʼn sesdagse skepping geglo nie. Inteendeel, Wikipedia beskryf hom as “ʼn liberale Skotse Ou-Testamentikus”.

Sy aanhaling word dus baie gereeld in skeppingskringe gebruik:

Engels

… probably, so far as I know, there is no professor of Hebrew or Old Testament at any world-class university who does not believe that the writer(s) of Genesis 1 to 11 intended to convey to their readers the ideas that:
(a) creation took place in a series of six days which were the same as the days of 24 hours we now experience
(b) the figures contained in the Genesis genealogies provided by simple addition a chronology from the beginning of the world up to later stages in the biblical story
(c) Noah’s Flood was understood to be world-wide and extinguish all human and animal life except for those in the ark.

Afrikaans

…waarskynlik sover ek weet, is daar geen professor van Hebreeus of Ou Testament aan ʼn wêreldklas universiteit wat nie glo dat die skrywer(s) van Genesis 1 tot 11 bedoel het om die volgende idees aan hulle lesers oor te dra nie:
(a) die skepping het plaasgevind in ʼn reeks van ses dae wat dieselfde as die dae van 24 uur is wat ons tans ervaar
(b) die syfers wat vervat is in die Genesis geslagsregisters verskaf ʼn chronologie van die begin van die wêreld tot later stadiums in die Bybelse verhaal deur eenvoudige optelling
(c) Noag se vloed was verstaan om wêreldwyd te wees en het alle menslike en dierlike lewe uitgewis behalwe diegene in die ark.

Bron:

Oxford Hebrew scholar, Professor James Barr, on the meaning of Genesis

Professor James Barr, Hebrew scholar and Oriel Professor of the Interpretation of the Holy Scriptures at Oxford University. Personal letter to David C. C. Watson, 23 April 1984.

Kyk ook:

***********

Pattle P. T. Pun het iets soortgelyks gesê (kyk Aanhalings – Moet Genesis letterlik gelees word?).

3 thoughts on “Wie is James Barr?”

  1. Die skepping het in ses tydperke van baie duisende jare plaas gevind. Genisis 1 het niks te doen met die skepping van die aarde nie, maar van die mens.
    Die skepping van hemel en aarde
    [5] As Moses sê: ‘In die begin skep Elohim hemel en aarde’, dan bedoel Moses daarmee absoluut nie die sigbare hemel en die sigbare materiële aarde nie. Daaraan sal hy as ’n egte wyse nooit gedink het nie, omdat hy altyd maar net die volle innerlike waarheid in sy verligte wese besit het. Maar hy omsluier sy groot wysheid deur beeldspraak, soos wat hy vir die volk sy té stralende gesig met ’n drievoudige bedekking moes omsluier.
    [6] Onder die ‘hemel’, wat Moses die eerste laat skep, moet verstaan word dat Elohim die gawe van die verstandelike vermoë eertyds, hoewel reeds in die tydelike, buite Sy ewige en suiwer geestelike sentrum, dus in ’n sekere sin buite Homself gestel het – maar, soos gesê, alléén maar die gawe van die verstandelike vermoë. Die is soos ’n spieël wat ook in die donkerste nag in staat is om die afbeelding van tasbare voorwerpe in, of meer nog óp sy gepoleerde oppervlak heeltemal korrek en waar op te neem en weer te gee. Maar as daar in die donkerste nag heeltemal geen voorwerpe is nie, is die spieël duidelik van nul en gener waarde!
    [7] Daarom praat Moses naas die plaas van ’n hemel, of te wel die gawe van die verstandelike vermoë buite die lewensentrum van Elohim, tewens oor ’n so te sê gelyktydige skepping van die aarde. Wie en wat is dan nou hierdie Mosaïese aarde? Julle dink miskien: ‘Hierdie natuurlike, wat ons dra!’ – O, heeltemal mis, liewe mense!
    [8] Kyk, met die ‘aarde’ bedoel Moses slegs maar die vermoë tot opneming en tot aantrekking van die, met mekaar verwante na buite gebringde verstandelike vermoëns. Wat groot ooreenkoms het met dit wat sommige wysgere van die Egiptenare en die Grieke gedagte-assosiasie noem. Daarvolgens moet uit aan mekaar-verwante begrippe en idees, ’n voltooide, met waarheid gevulde sin ontstaan.
    [9] Omdat egter in die deur Elohim na buite gebringde verstandelike vermoëns deur hul verwantskap die wedersydse aantrekkingskrag al as vanself meespeel, volg die derde gevolgtrekking haas vanself. Naamlik dat die verwante verstandelike vermoëns mekaar ook werklik aangetrek het en saamgaan. Moses kon vir daardie, toe nog uitermate geestelike gebeure, kennelik geen deugdeliker en algemener beeld bedink as die beeld van die materiële aarde nie. Want die aarde is tog niks anders as ’n konglomeraat van slegs maar aanmekaar verwante stoflike deeltjies wat mekaar aantrek nie.
    [10] Maar, ‘Dit was nog duister op die aarde’ sê Moses verder. Sou Moses nou helaas daarmee die gebrek aan lig op die pas geskape aarde aandui? Ek sê vir julle dit sou nie eers in die gedagtes van die wyse Moses opgekom het nie! Want Moses was ’n groot kenner van die waarneembare wêreld en was só ver ingewy in die Egiptiese wysheid en wetenskap dat hy beslis wel geweet dat die aarde – as kind van die son minstens ’n miljardmaal miljarde aardse jare jonger is as moeder son – wat by haar ontstaan nie duister kon gewees het nie. Maar Moses het daarmee weer met ’n beeld aangegee dat die verstandelike vermoë en die vermoë tot aantrekking deur verwantskap van die verstandelike vermoëns nog glad nie besef, begrip en selfbewussyn teweeggebring het nie – wat alles identies is aan die begrip ‘lig’ -. Inteendeel, dit word eers teweeggebring as dit tesame kom, waarna hulle mekaar onder druk stel, waardeur wrywing ontstaan en daar in ’n sekere sin geveg gaan word.
    [11] Het julle nog nooit gemerk wat daar gebeur as mens klippe of hout hard oor mekaar vryf nie? Wel, dan kom daar vuur en lig te voorskyn! En kyk, dít is die lig wat Moses in die begin laat ontstaan!”

    Aarde en lig
    Wat die lig beteken, weet ons nou, maar daar staan tog eers dat die aarde woes en leeg was! Dit staan wel vas dat slegs met die moontlikheid om iets te kan bevat, net soos met die daarvoor gevoelde behoefte, daar nog geen vat gevul is nie. Solank daar egter niks in die vat is nie, solank is die vat woes en leeg.
    [2] So was dit ook by die oerskepping gewees. Uit Elohim was daar wel oneindige hoeveelhede gedagtes en begrippe deur die almagtige wilskrag van Sy liefde en wysheid in alle ruimtes van die oneindigheid na buite gebring, naamlik die gedagtes en begrippe wat ons eerder die afsonderlike, na ’n spieël lykende verstandelike vermoëns genoem het. Dit doen ons omdat elke enkele gedagte in ’n sekere sin ’n refleksie in die hoof is van die een wat die steeds besige hart self produseer.
    [3] As egter ’n losse gedagte, of ’n begrip op sigself, lyk na ’n leë vat of ook na ’n spieël in ’n donker kelder, dan is ook hul onderlinge samehang nog woes en leeg; en omdat daar nog geen wedersydse aksie is van die onderlinge verstandelike vermoëns nie, maar daar slegs maar moontlikhede is vir die bestaan en vir aksie, is dus alles nog, soos vroeër opgemerk, koud, sonder vuur en sonder lig.
    [4] Al hierdie onaktiewe en beweginglose gedagtes en idees van die goddelike Wysheid word heel treffend vergelyk met die ‘waters’, waarin ook tallose spesifieke elemente hulle afsonderlik by mekaar bevind, maar waaruit uiteindelik tog die hele stoflike wêreld haar veelvormige bestaan haal.
    [5] Maar al sou alle verheffende gedagtes en die ontwikkelde idees wat deur Elohim se Wysheid daaruit kom, nog so waar wee
    s, dan sou hulle, net so min as die gedagtes en idees van ’n geleerde op aarde, tog nooit realiteit kon word nie, as die middele tot verwerkliking ontbreek het. As daar ooit ’n werklikheid denkbaar is wat volg op die gedagtes en idees, dan moet die ooreenkomstige middele eers gelewer word waardeur die egte aktiwiteit van die gedagtes en idees, sowel van binne as van buite inwerkend, en uitgaande van ’n hoë krag en mag, begin.
    [6] As ’n mens gedagtes tot idees wil saamvoeg en hulle wil uitvoer, moet hy, afgesien van die benodigde middele, ’n oorgroot liefde by sy gedagtes en idees voeg. Hierdie liefde versorg sy gedagtes en idees dan soos ’n hen wat haar kuikens versorg. Daardeur word die gedagtes en die begrippe wat daaruit ontstaan steeds konkreter en lewendiger en neem steeds meer vorm aan. En kyk, hierdie liefde is die genoemde Gees van Elohim Self, wat volgens Moses oor die waters sweef, waarmee niks anders bedoel word nie as die nog vormlose en onwerklike oneindige massa gedagtes en idees van Elohim!
    [7] Lewend gemaak deur hierdie Gees, begin die gedagtes van Elohim hulle tot groot idees te verbind, en die een gedagte roep die ander op en die een idee die ander. En kyk, daar vind dan in die goddelike orde asof vanself die ‘Daar was lig’ en ‘dit word lig’ plaas. En so word volgens Moses dan ook alles van die natuurlike groot skeppingswerk vanaf die oerbegin vanself verklaar. Daaraan parallel lopend egter ook, in hoofsaak die sielkundige en geestelike vormingsproses van die pasgebore kind tot aan die grysaard en van die eerste mens van die aarde tot aan ons tyd en so verder tot aan die eenmaal plaasvindende einde van hierdie wêreld!
    [8] Dan volg daar in die verhaal van Moses ’n reël, waardeur dit lyk asof Elohim pas nadat die lig hom uit die vuur van die liefdeswerksaamheid van die gees ontwikkel het, begin insien dat die lig goed was. Dit is natuurlik in die verste verte nie so nie. Dit is slegs maar ’n getuienis van die ewige en eindelose Wysheid van Elohim, wat aangee dat die lig ’n waaragtig vrye lig is, ’n geestelik lewenslig, wat hom vanself uit die werking van die gedagtes en idees van Elohim volgens die orde van die Wysheid ontwikkel het. Daardeur kon die gedagtes en idees wat op hierdie wyse deur Elohim na buite gebring is, hulle as selfstandige wesens volgens die eie intelligensie, natuurlik onder die altyd aanwesige invloed van Elohim, verder asof uit hulleself ontwikkel. Dít word met die bysin van Moses bedoel, en nie dat Elohim pas daardeur tot die subjektiewe insig gekom sou het dat die lig iets goeds was nie!”

    Skeiding van lig en duisternis
    221 “Maar nou kom daar iets wat eintlik moeiliker te verstaan is as die voorafgaande. Want daar staan verder: ‘Toe skei Elohim die lig van die duisternis en noem die lig dag en die duisternis nag.’ Dit word egter makliker verstaanbaar as jy in plek van die twee deur Moses gebruikte algemene begrippe, die ooreenkomstige meer besondere neem, soos – in plaas van dag: die reeds selfstandige lewe en vir die nag: die dood, of vir die dag: die vryheid en vir die nag: die oordeel, of vir die dag: die selfstandigheid en vir die nag: die gebondenheid, of vir die dag: die homself reeds kennende liefdeslewe van die goddelike gees in die nuwe skepsel en vir die nag: die gedagtes en idees van Elohim wat nog geen lewe het nie.
    [2] Hierdie orde vind julle ook weer terug in elke plant, by wie jy tot en met die vrugvorming nog niks anders vind as die nag of die aasende dood nie, waar die Gees van Elohim nog, vir die voorbereidende vormgewing van die lewedraende materie, oor die waters van die duistere dieptes sweef. As die ondergrond egter eenmaal in so verre vas is dat by die koringaar van die skepping die laaste ring onder die aar gemaak kan word, en die eintlike egte geestelike lewe begin om homself selfstandig te manifesteer en te voel en homself deur ’n helder selfbewussyn begin te verstaan, te herken en te verstaan, dan vind daar duidelik ’n deling plaas. Dit is dan die skeiding van die lig en die duisternis, van die vrye lewe en die lewe onder die oordeel, of eintlik van die onverwoesbare lewe en die lewe wat verwoes kan word onder die oordeel, en wat te vergelyk is met die dood onder die algemene, allesomvattende begrip ‘nag’.
    [3] En vervolgens staan daar: ‘Toe ontstaan uit aand en oggend die eerste dag.’ Wat is die ‘aand’, en wat is hier die ‘oggend’? – Die aand is hier die toestand waarin die voorwaarde vir die uiteindelike opname van die liefdeslewe uit Elohim deur die invloed van die almagtige wil van Elohim vasgestel kan word en gaan posvat, soos die op sigselfstaande gedagtes en begrippe vir ’n idee. As hierdie eenmaal uitgegroei het tot aan die laaste ring onder die vrugaar, dan eindig die werk van die aand, en begin die vrye en selfstandige werksaamheid vir die eie vorming in die vrug. Soos wat die mense nou die oorgang van die nag na die dag die oggend noem, so word daarmee ooreenkomstig die oorgang van die voorafgaande geoordeelde, onvrye toestand van die skepsel na ’n vrye, selfstandige toestand, óók oggend genoem. Dus, Moses het regtig geen fout teen die logika gemaak toe hy uit die aand en die oggend die eerste en alle daaropvolgende dae laat ontstaan nie!
    [4] Dat Moses ses sulke dae uit die aand en die oggend laat ontstaan het, kom omdat uit sorgvuldige bestudering en ondersoek blyk dat elke ding vanaf sy oerbegin tot aan sy vasgestelde voleinding, steeds op die weg van één en dieselfde goddelike orde hierdie ses periodes moet deurmaak, totdat hy die toestand bereik, wat voorlopig bepaald is net soos ’n oorryp koringaar aan die afgestorwe halm.
    [5] Die saadlegging in die aarde tot aan die ontkieming: eerste dag; dan die vorming van halm, wortels en die skutblare: tweede dag; die vorming van die laaste ring vlak onder die daaropvolgende aanset van die begin van aarvorming: derde dag; dan die vorm en inrigting van huls-vormige vate as bruidsvertrek vir die ontvangs en die verwekking van die vrye, selfstandige lewe, waartoe ook die bloeiwyse gereken moet word: vierde dag; dan die afval van die blomme, die ontstaan van die eintlik al ’n vry lewe draende vrug en sy vrye aktiwiteit – hoewel nog samehangend met die vroeëre onvrye toestande, waaruit nog ’n deel van die voedsel vir die vorm van die omhulsels geneem word, hoewel vanaf daardie punt die hoofvoedsel uit die hemele van die lig en van die ware lewenswarmte geneem word – tot by die volledige vorming van die vrug: vyfde dag; uiteindelik die volkome losmaak van die in die huls rypgeworde vrug, waarin die kern dan, slegs om haar te beveilig, selfstandig die rein kos van die hemel verlang, aanneem en haar daarmee versadig vir die vrye, ewig onverwoesbare lewe: sesde en laaste dag vir die vorming en volledig vry-word van die lewe.
    [6] Op die sewende dag begin dan die rus, en dit is die toestand van die nou gereed synde, algeheel rype en vir die ewigheid duursame uit die vroeëre toestande gekonsolideerde lewe, op dieselfde wyse as Elohim toegerus.”

    1. Die relevansie van my antwoord lê daarin dat woorde beteken presies dit wat dit probeer oordra. God het nie onduidelik, of dubbelsinnig gespreek tot die mens nie.

      As ons Sy Woord aanvaar vir redding moet ons darem weet dis waar. Ons kan nie maar ’n “existential” sprong in die donker maak van wat woorde normaalweg beteken na wat ons wil he dit moet beteken nie. Redding berus op die werklike, historiese gebeure in 3D ruimte en soos verwoord in die Bybel.

      Indien dit nie aanvaar kan word nie, dan geld die woorde van 1 Kor. 15:13-18:
      13As daar geen opstanding van die dode is nie, dan is Christus ook nie opgewek nie.
      14En as Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof;
      15en dan word ons valse getuies van God bevind, omdat ons teen God getuig het dat Hy Christus opgewek het, wat Hy nie opgewek het nie, ten minste as die dode nie opgewek word nie.
      16Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie;
      17en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes;
      18dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore.

  2. My argument hier is suiwer op persoonlike vlak te voer, hoewel ek oor die jare hieronder genoem asook daarna, baie op Skriftuurlike vlak met mense gedebatteer het.:
    22 jaar lank het ek as diplomaat in die buiteland gewoon & gewerk in 5 lande (Duitsland, VSA-New York, Nederland, Brittanje & Ierland).
    Deel van my taak was skakeling met kerke (as Christen het dit my goed gross) & dus het ek met kerkleiers oor die ganse spektrum te doene gehad & honderde kerke & kerk-konferensies & organisasies besoek & toegespreek.
    Destyds het ek waargeneem dat vele van hulle die kompromie aangegaan het om Gen 1-11 nie letterlik op te neem nie.
    Hulle argumente was soortgelyk aan Johann s’n hierbo, wat baie goed klink in die intellektuele oor.
    Die probleem is dat vandag nie een (LW nie één nie, sonder énige uitsondering hoegenaamd) van hulle nié in algemene dwaling verkeer nie – tot so ’n mate dat hulle nie meer ware kerk is nie maar valse kerk geword het.
    Die NG-Kerk & ander kerke in SA (algemene saamgevat in die SA Raad van Kerke) het dieselfde pad gekoop, sodat vandag die NGK slegs poele van waarheid besit, maar Sinodaal op die hoogste vlak (asook later af) ’n vals kerk is.
    My ervaring is dat God nie met Sy Woord laat speel nie:
    Tas jy Sy skeppingsgegewe aan, verbrokkel jy Sy Skrifgesag in jou teologie & volg die glybaan na liberalistiese relatiwiteit ver benede, onvermydellik.
    Jy eindig met die wysheid van benede, nie die wysheid wat van bo is nie.
    Persoonlik gee ek sulke persone & instansies so tien jaar tyd voordat die relatiwiteit duidelike vrug dra & die glybaan-denke na benede duideliker word op n baie breër vlak as net Gen 1-11.
    Die Here wil nie dat mense aan Sy Woord torring nie, veral ook nie aan die fondamente daarvan nie –
    Want jy glo later in n ander god as die God/Christus van die Bybel.
    Jesus het self gesê:
    “Hy het hulle man & vrou gemaak aan die begin vd skepping”.
    As jy die gesag van daardie woorde ontken of aantas deur dit te relativeer met slim argumente, begin jou probleem & wil ek nie in jou skoene staan vir 100 miljoen dollar nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui