Wie is James Kirkpatrick?

James (JD) Kirkpatrick was die voorsitter van ATLAS (Algemene Sinode se taakgroep oor Leer en Aktuele sake). Tans is hy verbonde aan die Stellastraat gemeente in Pretoria.

Hy hang liberale teologie aan. Hier volg ’n opsomming van sy teologie soos afgelei uit artikels in die media:

  • Hy glo nie dat dit belangrik is om in Jesus se maagdelike verwekking te glo nie.
  • Hy glo nie in die duiwel as persoon nie.
  • Hy is ’n voorstander van homoseksuele verhoudings.

Toe die Algemene Sinodale Kommissie (ASK) hulle gedistansieer het van die radikale uitsprake van die Nuwe Hervormers, het Fanie Cronjé en James Kirkpatrick van die Noordelike Sinode hulle misnoë uitgespreek oor die ASK se verwerping van die Nuwe Hervorming se radikale insigte. (Beeld, 1 April 2003). Later die jaar wou die sinode van Noord-Transvaal (Noordelike sinode), waaraan hulle twee verbonde was, nie standpunt inneem oor Jesus se maagdelike geboorte of oor Jesus se liggaamlike opstanding nie (Sinode vir eers stil oor maagdelike geboorte, 3 Sep 2003).

(Uit NAMIBIË OP WEG MET DIE ALGEMENE SINODE?, Youtube, 11:44, Ferdie Mulder, 16 Jan 2021)

Kyk ook

1 thought on “Wie is James Kirkpatrick?”

  1. Kirkpatrick en Cronje is tipiese valse leraars van die eindtyd, waarteen die Skrif ons waarsku.!
    Die Bybel sal altyd die WÄRE WOORD van GOD bly, soos ons wéét en GLO ( 2Tim 3 16_17)
    Pateties jammerlik dat daar christen gelowige kinders van die Here op ‘n Sondag nog in kerkbyeenkoms sit waar hierdie vals profete ‘met hul dwaallering hul toevertroude kudde skaamteloos mislei!! Wat het Jesus van sulkes gesê? Dit sou beter wees as ‘n meulsteen om hul nekke gebind en hul in diep waters gesmyt word!!
    Ek het gelukkig in dieselfde jaar toe Fanie in die Jakarandagemeente as prediker aangestel was, ,agtergekom dat hy die postmodernistiese twak begin verkondig. . Het toe besluit om daar pad te gee maar nie voor ek met hok in gesprek was oor dië saak, nie. – wat hy bloot afgemaak het as dat ek hom “verkeerd verstaan”!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui