Kyk ook:
Jan (JD) Louw (9 Augustus 1948 tot 17 Januarie 2022) was ’n behoudende predikant in die NG Kerk. Hier volg die gemeentes waar hy diens gedoen het:
- Shabani, Rhodesië (1975 – Mei 1978)
- Clarens (1978 – Junie 1982)
- Secunda (1982 – Januarie 2013)
- Reitz (2013 – Januarie 2022)
Vir sy getuienis, kyk Het jy al vir jouself duidelikheid gekry oor evolusie?
Hier volg nog van sy bydraes:
- Frits, hoekom glo jy nie in die duiwel nie? (14 Okt 2021)
- Beoordeling van prof Francois Tolmie se voordrag oor selfdegeslagverhoudings (7 Sep 2021)
- Glo die teologiese fakulteit van Bloemfontein ook God is ‘n vrou? (20 Aug 2021)
- ‘n Kort beoordeling van die 2020 vertaling (30 Apr 2021)
- Nelis Janse van Rensburg se argumente ongeldig (24 Jan 2021)
- Skrifgesag en Skrifinterpretasie (15 Jan 2021)
- Beoordeling van ASM se “Gids” oor selfdegeslagverhoudings (21 Nov 2020)
- Die NG Kerk het God “uitgetart” (22 Junie 2020)
- Reaksie op ASM se Gids oor homoseksualiteit (30 Maart 2020)
- Brief aan NGK ASM 2019 (5 Januarie 2020)
- Belowende jonges tot struikeling gebring (27 November 2019)
- Minagting (11 November 2019)
- ’n Vasgeloopte kerk (13 Oktober 2019)
- Die NG Kerk se Don Quixote (1 Oktober 2019)
- ‘n Embleem van afvalligheid in die kerk (12 Julie 2019)
- Gays in die kerk: Hulle oorheers die debat (7 Julie 2019)
- ’n Vuur dreig om die NG Kerk in vlamme op te laat opgaan (4 Junie 2019)
- Sinode Wes-Kaapland besluit oor selfdegeslagverhoudings (Mei 2019)
- NGK: Verval begin al in Nelus se tyd (19 Mei 2019)
- Die NG Kerk by ’n kruispad (6 Mei 2019)
- Jy moet kies tussen die grondwet en die Bybel (2 Desember 2018)
- Hou op om julleself te bluf (8 November 2018)
- ‘n Man wat by ’n man lê soos by ’n vrou… (31 Oktober 2018)
- Jimmy se getuienis (20 Oktober 2018)
- Jy preek opstand teen God (17 Oktober 2018)
- Die Bybel het vir die NG Kerk ’n verleentheid geword (15 Oktober 2018)
- Gehoorsaamheid is beter (10 Oktober 2018)
- “Vaste Rots op wie ek bou” – ’n beoordeling (25 Augustus 2018)
- Voorlegging aan die kuratorium van die Vrystaatse Sinode (20 Februarie 2018)
- Spirituele begeleiding is “vreemde vuur” in die NG Kerk
- 2017 Vrystaatse Sinode Beskrywingspunte
- Oos-Kerk se Viam Dei – Die pad na God?
- ‘n Missionale Kerk?
- Wat moet ons van die reuse sê waarvan ons in die Bybel lees?
- Beoordeling van die 2015/2016 besluite
- Teologiese wanorde in NG Kerk al duideliker
- Jesus ’n vriend van tollenaars en sondaars – en gays?
- Hermie van Zyl: Die gay-besluit en sola Scriptura
- Emosionele manipulasie by die sinode (8 Nov 2015)
- Levitikus 20:13: Eksegese en hermeneutiek
- NG teologiese skole progay
- Die NG Kerk het onbetroubaar geword om die Bybel uit te lê
- Briewe van lidmate oor die goedkeuring van dwaalleer in die NG Kerk
- Misleiding van NG Kerkleiers oor gays oor Die NG Kerk en gays: ‘Tyd vir herbesin’
- Belydenis van Belhar:
- Ou Testament aangehaal in Nuwe Testament
- ‘n Beoordeling van Leonard Sweet
- Opmerkings oor die uitverkiesingsleer en die Dordtse leerreëls
- Liberal theology in the Dutch Reformed Church in South Africa
- Is ek met verdagmakery besig? (25 Okt 2013)
- Die NG Kerk het sy liefde vir die waarheid vaarwel geroep (Okt 2013)
- Kritiek op die Eietydse Uitleg van die Apostoliese Geloofsbelydenis (Okt 2013)
- Sinode Hoëveld (Ds Jan Louw en Ds Theo Danzfuss) (Okt 2013, beswaarskrif teen die sinodebesluit van 2011 oor die duiwel)
- Wie val wie aan en waarom die swye oor essensiële kwessies? en Niemandt se aanvallende reaksie en latere verskoning
- Resensie op die artikel “The Birth of Religion” in National Geographic, Junie 2011
- Die Ontstaan van die Bybel
- Die Inspirasie en Ontstaan van die Bybel
- CJ Koster – Jahushua, Kersfees, Paasfees, ens
- Chris Jones en Sheg Najjar praat oor intergodsdiens op RSG (25 Sep 11)
- Repliek op Mike Smuts se resensie oor “Die Trojaanse Perd” – Jan Louw
- Voorlegging aan die SDK – Jan Louw (kyk ook Sinode Hoëveld luistergeleentheid, Kemptonpark, 10 Oktober 2012 en Kerk se onreg teen Ferdie Mulder)
Evolusie
- The dividing of the continents in the days of Peleg according to Genesis 10:25
- Die invloed van die evolusieleer op die teologie in Suid-Afrika
- Het jy al vir jouself duidelikheid gekry oor evolusie?
Ander
- Jan Louw se nuusbriewe aan wykslidmate (1999-2006)
- Jan Louw se wyshede (Jan 1995)
Jan Louw begrafnisdiens 21 Januarie 2022
Die volgende het in die agenda van die Hoëveldse Sinode 2022 verskyn:
(9 Augustus 1948 tot 17 Januarie 2022)
Jan Louw is op 17 Januarie 1948 op Riversdal gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool CR Swart in Pretoria. Hy voel hom geroepe tot die bediening en gaan studeer aan die Universiteit van Pretoria, waar hy sy studies aan die einde van 1974 voltooi en daarna gelegitimeer word. Hy tree op 24 November 1973 in die huwelik met Amor du Toit, met wie hy vir 48 jaar getroud sou bly, tot met sy dood. Jan word in 1975 met handoplegging bevestig in die gemeente Shabani. Daarna aanvaar hy ’n beroep na Clarens in 1978 en toe na Secunda in 1982. Hier arbei hy vir 30 jaar tot met sy emeritaat in 2012.
Jan sal onthou word vir sy evangeliese ywer. Hy was baie betrokke by sendingwerk en het kursusse van Veritas College, wat gemeentes help om leiers op te lei om die Skrif te verstaan en toe te pas, aangebied. Oor behoudende standpunte het hy ernstig gevoel – ’n fundamentele verstaan van die Skrif was vir hom baie belangrik. Hy word deel van die sogenaamde Kairos Netwerk wat protes aanteken teen sekere besluite van die Algemene Sinode. Hy was baie geliefd in Secunda en hy het ook verskeie staptoere saam met gemeentelede gereël. Jan het in 2021 die Covid-virus opgedoen en ook ’n ligte beroerte gehad. Uiteindelik het sy gesondheid só verswak dat hy op 17 Januarie 2022 oorlede is in die ouderdom van 73 jaar.