Johan Retief was ’n predikant verbonde aan die NG Kerk.
Hy het egter die Christelike geloof verlaat vir ateïsme en in 2022 het hy die boek Die Slegte Nuus van die Evangelie uitgegee waarin hy vertel het hoekom.
Hier volg ’n lys van artikels wat in die media verskyn het nadat daar vir die eerste keer oor hom berig is:
- Oud-dominee word ’n ateïs: ‘Jammer ek het julle mislei’ (29 Mei 2022)
- Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief: Sakkie Spangenberg deel sy indrukke (7 Jun 2022)
- Christina Landman: Vier vrae oor Retief se boek oor (on)geloof (8 Jun 2022)
- Johan Retief: ‘Wedergebore en verlos van geloof en die Bybel’ (9 Jun 2022)
- Johan Retief: ‘Nou is ek oplaas verlos van God’ (12 Jun 2022)
- Histeriese reaksie op Retief is misplaas (Chris de Wit, 12 Jun 2022)
- Johann Rossouw: Die erge lyding wat ongeloof kan bring (Johann Rossouw, 19 Jun 2022)
- Dalk is God nou verlos van Retief (Danie Pienaar, 19 Jun 2022)
- Neels Jackson: Liefde bly, want Stefaans se geloof verskil van Johan s’n (Neels Jackson, 19 Jun 2022)
- Frits Gaum: ‘Dit is waarom ek nog in God glo’ (Frits Gaum, 20 Jun 2022)
- Anton van Niekerk: Dís die religie se ware goeie nuus (Anton van Niekerk, 21 Jun 2022)
- Tim du Plessis | Net Afrikaanse dominees maak só (Tim du Plessis, 26 Jun 2022)
- Nee, Tim, dis nie net Afrikaanse dominees nie (Jean Oosthuizen, 3 Jul 2022)
- ’n Ope brief aan prof Anton van Niekerk (9 Jun 2023)