Johannes en Jakobus, seuns van die donder

In Markus 3:16-19 word die twaalf dissipels genoem. In vers 17 word die volgende gesê oor Johannes en Jakobus:

…Jakobus seun van Sebedeus, en Johannes die broer van Jakobus – vir hulle het Hy die bynaam Boanerges gegee, dit wil sê “manne van die donder”

Dit is die enigste plek waar daar na hulle verwys word as “seuns van die donder”.

Die rede vir hierdie bynaam is waarskynlik weens Johannes en Jakobus se vurige persoonlikhede wat op twee plekke in die Bybel bevestig word:

  1. In Lukas 9:51-56 word vertel dat ‘n Samaritaanse dorp Jesus nie wou ontvang nie. Hierop reageer Johannes en Jakobus soos volg: “Here, wil U hê ons moet vuur uit die hemel afroep om hulle te verteer?”
  2. In Matteus 20:20-23 en Markus 10:35-40 vra Johannes en Jakobus (se ma) vir Jesus of haar twee seuns aan die linkerhant en regterhand van Jesus mag sit in sy koninkryk.

Ten spyte van hierdie voorbarige optredes was beide van hierdie twee broers deel van Jesus se binnekring van drie (saam met Petrus, wat ook ‘n vurige persoonlikheid gehad het). Hierdie drie was saam met Jesus op die berg tydens sy verheerliking toe Moses en Elia aan hulle verskyn het (Mark 9:2-8; Mat 26:37) en ook in die tuin van Getsemane (Mat 26:37; Mark 14:32-42; Luk 22:39-46; Joh 18:1-2).

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui