John Owen (1616-1683) is bekend as ’n teoloog met ’n hoë intellek.
Hoe het John Owen swaarkry hanteer?
In 1643 op die ouderdom van 27, trou hy met Mary Rooke. Saam het hulle elf kinders gehad. Almal, behalwe een, het in hulle kinderjare gesterf. Slegs een dogter het tot volwassenheid oorleef, maar sy is kort ná haar huwelik aan tuberkulose dood. Hoe het hy hierdie swaarkry hanteer?
In 1647 het John en Mary twee dogters, Mary en Eliza, een maand uitmekaar begrawe. Dieselfde jaar is Owen se boek The Death of Death in the Death of Christ gepubliseer – in Christus se dood sterf die dood. Dit is in hierdie beginsel waarin hy sy vertroosting vind.
Dit is egter nie die einde van sy smarte nie: In die lente van daardie volgende jaar sterf hul seun, Thomas. Een jaar na Thomas se dood, is Owens se eersgebore seun, John, op die ouderdom van vyf (of ses) oorlede. ’n Jaar later is hul dogter, Elizabeth, oorlede. Vyf kinders wat in vier jaar sterf.
~ John Owen
Vyf jaar later sterf nog twee van sy seuns. Owen publiseer twee van sy bekendste werke: The Mortification of Sin en Communion with God.
Kort voor sy dood ly Owen aan pynlike nierstene en asma. Hy skryf sy werk The Glory of Christ wat eers ’n jaar na sy dood gepubliseer sou word in 1684. In sy voorwoord skryf hy:
“But, alas! after our utmost and most diligent inquiries, we must say, How little a portion is it of him that we can understand! His glory is incomprehensible, and his praises are unutterable. Some things an illuminated mind may conceive of it; but what we can express in comparison of what it is in itself, is even less than nothing.”
Kort daarna sterf Owen in 1683 op die ouderdom van 67.