Kyk ook:
Joseph Nicolosi is ’n VSA psigiater wat baie werk doen oor bekeringsterapie (behandeling van homoseksuele of transgender persone om heteroseksueel te word).
Joseph Nicolosi is ’n VSA psigiater wat baie werk doen oor bekeringsterapie (behandeling van homoseksuele of transgender persone om heteroseksueel te word).
Hallo Daniel,
Ek waardeer jou openhartige artikels en plasings. Daar is meer te sê oor Joseph Nicolosi. Hy is natuurlik ’n jaar of twee gelede op 71-jarige ouderdom oorlede. Hy sou nie sy praktykteorie beskryf het as bekeringsterapie nie. Hy het wel meermale daarna verwys dat sy terapie en die teorie waarop dit berus, ooreenstem met die Christelike siening van seksualiteit (hy was Rooms Katoliek). Sy puik analise van die sosio-sielkundige faktore wat aanleiding gee tot die ontwikkeling van selfdegeslag-aangetrokkenheid staan bekend as reparatiewe terapie, wat in sy boek getiteld “Reparative Therapy of Male Homosexuality: A New Clinical Approach” uiteengesit word. Sy terapie is meermale verkeerd verstaan of selfs doelbewus verdraai as sou hy beweer het dat hy “stukkende homoseksueles” wil regmaak (Eng “repair”), amper soos in ’n kitsoplossing. Dit was egter nie sy bedoeling met die titel van sy boek nie. Waarop die titel gemik was, was om die teorie wat hy ontwikkel het te verduidelik: Naamlik dat die verskynsel en ontwikkeling van homoseksualiteit te wyte is aan die onbewuste of onderbewuste poging van die manlike homoseksueel om die gebroke verhouding met sy pa en die gepaardgaande ervaring van verwerping te “herstel” (Eng “repair”) en dat sy terapeutiese werk met meestal jong mans wat graag wil verander en wat meestal oor ’n jaar of langer strek, daarop gemik is om die trauma wat agv die gevoel van verwerping en die goot leemte wat in hulle verhouding met hulle pa’s (en ander seuns in hulle portuurgroep) ontstaan het, te verwerk en in die proses ook hulle aangebore natuurlike “heteroseksuele potensiaal” te herontdek en te aanvaar. Soms het die moeder gekompenseer deur so ’n seun te oorbeskerm en hom as’t ware aan haar voorskoot vas te bind, wat die broodnodige identifisering met die pa nog verder in die wiele gery het. Die metode waarmee hy gewerk het, was gewoon intensiewe gesprekke oor familieverhoudings, emosies ervarings en ideale. (Geen medikasie, skokterapie of iets dergeliks nie). Hy het dan gewoonlik ook aanbeveel dat sy pasiënte moet aansluit by ’n manne-omgeegroep wat weet dat hulle met SGA worstel maar wat hulle nietemin onvoorwaardelik aanvaar en nie-seksuele broederlike liefde aan hulle betoon. Dit lei meestal tot die drastiese afname van homoseksuele gevoelens. Teen die einde van sy lewe het Nicolosi volgens sy eie getuienis naastenby 100% sukses behaal met diegene wat die terapie enduit gevolg het. Hy het mettertyd sielkundiges gewerf om saam met hom in sy praktyk te werk en na sy dood het sy seun, wat ook ’n gekwalifiseerde sielkundige is, die praktyk oorgeneem. Terwyl Nicolosi senior nog geleef het, het sommige homo-aktiviste gedreig om sy praktyk toe te maak, maar hy het die pogings afgeweer met die teendreigement dat hy en ander wat sy oortuigings deel, in so ’n geval die hof sal nader om die APA se besluit van 1973 waarin homoseksualiteit wat in die handboek van sielkudiges en psigiaters as afwyking of geestessiekte gelys is, en toe van die lys geskrap is, ongeldig te laat verklaar, omdat dit nie geneem is op grond van nuwe wetenskaplike navorsing nie, maar agv politieke druk. Dit het die homo-aktiviste afgeskrik en hulle van hulle planne laat afsien. Hierdie veldtog van homo-aktiviste het nie daarmee permanent tot n einde gekom nie. Hulle het net gereorganiseer en hul pogings verskerp, met die gevolg dat daar in verskeie westerse lande pogings is om wetgewing deur te druk wat enige terapie wat op verandering gemik is (Eng “SOCE” oftewel “sexual orientation change efforts”), onwettig sal verklaar. Dit het in heelwat gevalle reeds geslaag, wat daartoe bydra dat die soort terapie wat Nicolosi ontwikkel het, nie baie bekend is nie en/of deur min nagevolg word, uit vrees vir viktimisasie.