Kyk ook:
Jurie (JA) van den Heever is ’n paleontoloog aan die universiteit van Stellenbosch. Hy word gesien as een van die “drie wyses”, saam met Chris Jones en Louise du Toit, ook van Stellenbosch.
Hy tree ook as gereelde spreker op op RSG se “Wat sê die natuur?” en “Hoe verklaar jy dit?”
Jurie is ’n ateïs of hoogstens ’n agnos, daarom is dit logies dat hy ook in evolusie sal glo.
Kyk die volgende artikels wat sy sieninge duidelik maak:
- Bybel misluk as handboek oor geslagsake (24 Jun 2023)
- Skeppergod dan só belaglik gemaak (13 Mei 2022)
- Wekroep tot nuut dink oor geloof (6 Des 2020)
- Die gerief van net gló (16 Aug 2020)
- SOS maak toe aanlyn kykers die duiwel in (26 Jul 2020)
- Briewe in Rapport oor Israel Folau (27 Mei 2019)
- Hoe verklaar jy hierdie blatante vooroordeel? (2 Nov 2018)
- Geloof in God, of in die wetenskap? (9 Mrt 2017)
- US Woordfees 2017: Wat moet ons met ons kerk doen? (9 Mrt 2017)
- Meer eenders as anders (20 Nov 2016)
- Kommentaar op Jurie van den Heever se stellings op RSG (3 Mei 2015)
- Drie wyses: Waar is die hel? (7 Jun 2015)
- Drie wyses dink tesame oor… evolusie (14 Sep 2014)
- Biologie perk nie Bybelse liefde in (2 Feb 2014)
- Kruis en Dwars op RSG oor evolusie (25 Mrt 2012)
- Kommentaar op “Quo Vadis: ’n Ope brief aan die gereformeerde kerke in die RSA” (24 Sep 2011)
Prof, dit was op Sondag ’n baie interessante program op “Hoe verklaar jy dit?” maar ek wil iets vra oor vel pigmentasie. Na duisende jare in baie sonnige of min sonnige gebiede word homo sapiens se vel of donkerder of ligter soos in die noordelike halfrond. Die Khoi san mense was al duisende jare in Suidelike Afrika aan die son blootgestel, maar het maar ’n ligter bruin vel soortgelyk aan myne toe ek dikwels Clifton toe gegaan het. Enige logiese rede hiervoor?
Jeff, sonder dat ek gekyk het wat Jurie van den Heever hieroor sê, oorweeg die volgende artikel: Eksterne faktore kan nie DNS verander nie