Keer terug na gesag van Woord

Kyk ook:

*******

BRIEF | Keer terug na gesag van Woord | Rapport

Rapport, 30 Junie 2024

Prof. Johan Janse van Rensburg, Bloemfontein, skryf:

Die onophoudelike skrywes oor die Algemene Sinode in die openbare pers is sekerlik ’n bewys dat daar fout is. Tog het kerkleiers verkies om beswaardes met regsprosedures te vervolg, eerder as om op ’n broederlike wyse die ontevredenheid aan te pak.

My eie ervaring wat ek in Volksblad gedeel het (kerkleiers wil nie met my praat nie) en prof. Hoffie Hofmeyr se belangrike brief in Kerkbode bevestig dit. By die onlangse Algemene Sinode is ’n bepaling by art. 22 van die Kerkorde bygevoeg om die weg vir drastiese optrede teen dolerende kerkrade en predikante moontlik te maak.

In ’n video-onderhoud het die moderator bevestig dat regstappe soos die verlies van ampsbevoegdheid, pensioen, en so meer, as vergelding kan volg indien opskorting van die verband met die Algemene Sinode sou voortduur.

Die strafmaatreëls waarvan die moderator gepraat het, kan egter hoegenaamd nie deur art. 22.3 gebruik word nie. Dit is immers duidelik dat art. 23.1 uitdruklik die voorwaarde vir optrede uitspel. Kerklike besluite is alleen bindend in soverre dit nie met die Skrif en Belydenisskrifte in stryd is nie. Beswaardes maak juis kapsie teen besluite van die Algemene Sinode wat teen duidelike uitsprake van die Skrif en art. 1 van die Kerkorde in stryd is. Geen regsproses sal iemand wat lidmate of kerkrade wil aankla, daartoe die reg gee as die kwaadwillige instansie nie sélf eers aan sy eie grondwet gehoorsaam is nie! Dit is nie beswaardes wat teen art. 23.1 oortree nie, maar die Algemene Sinode.

As jare lange getroue lidmaat van die NG Kerk is hierdie skrywe ’n dringende maar broederlike pleidooi aan kerkleiers om hierdie onsinnige verdeling in die Here se Kerk te stop en na die gesag van die Woord terug te keer. Paulus berispe in 1 Kor. 6 die gemeente omdat hulle geskille nie onder mekaar kan oplos nie en hulle na ’n wêreldlike hof wend.

Kerkleiers se beoogde optrede sal onafwendbaar in die wêreldlike hof eindig en dit sou ’n streep deur 1 Kor. 6 trek. Is die kerkleiers regtig bereid om hierdie pad te volg?

1 thought on “Keer terug na gesag van Woord”

  1. Die vraag moet ten diepste gevra word, of Prof. Johan Van Rensburg in persoonlike hoedanigheid, al sélf werklik teruggekeer het na die gesag van die Woord, soos die eertydse Israeliete in ESRA 6? Nie na sý of ánder se denke aangaande die Woord nie, maar die Woord se denke Sélf?

    Antwoord: NEE. Want indien dit so was, sou die Here, net soos met die Israeliete, Sy Hand in u (jul) woorde en aksies geplaas het.

    Totdat hyself en baie “behoudendes” hulselt kan “inlees” in die verhale van die gehoor tot wié Jeremia en Esegiël gespreek het (hetsy Jood of Babiloniër of Ammoniet of Ohola en Oholiba of Moabiet of Filistyn of Edomiet of Egiptenaar of Gog, ens.) en kan “🧠💡” waarom die Hand teen die muur só geweldige aanklag @ Bélsasar ✍🏻 het, is dit te betwyfel die leiers van NG Sfere, sal na hom/u/jul/hul wìl luister.

    “Woord kognitiewe diepte in die verstand” , word nie geëien deur proklamasies van “Volg die Gesag van die Woord!” nie, maar slegs deur die Gees wat Sélf in die menslike siel ‘n werk kom verrig ten diepste. En belydenis van “SÉLF” voor GOD so groot…..

    Miskien moet u (jul) baie, baie ernstig Oom Angus Buchan se woorde van so paar jaar gelede óók oorweeg by ‘n saamtrek in die Vrystaat – wat selfs Mmusi Maimane bygewoon het – van “Kry jou huis in orde”. Ek dink nie Mmusi en vele wat daardie saamtrek bygewoon het, het Oom Angus ernstig opgeneem nie. Dit was toe rééds 5 sekondes voor middernag, om dit so uit te druk.

    Oom Angus kén van vas en baie dae afsonder alleen – talle, talle maal in sy lewe – en met net die Bybel en gebed en die Here soek. Het u (jul) en ander leiers van u (jul) “huise” (hetsy “EIE SIEL”, gesin of invloedsfeer by die werk of waar ookal), Hom al probeer ontmoet op so wyse? Is u (jul) béter as die voorbeelde in die Bybel van vas en afsonder soos Moses en Daniël en hoeveel ander?

    Moet NG Kerk voor u (jul), voete neerval en bely al hul sondes? Of is u (jul) bereid om eerder u (jul) SÉLF voor Hom te verootmoedig en eers u (jul) eie skreiende hoogmoed en trots en selfvoldaanheid en bevlekte woorde en hande van dekades lank, voor Hom te bely? Of is u (jul) silwerskoon….?

    Weet u (jul) nageslag en/of STUDENTE, kerklidmate, sondagskoolkinders, skoolkinders, werknemers, kollegas, familie, vriende, hoe om absoluut die TV en sosiale media te los, en God te soek in absolute toewyding? Het u (jul) hul só geleer om die “Woord van Gesag” te respekteer en te volg?

    NEE.

    Dan wonder u waarom die leiers wat u (jul).só oppervlakkig geleer het, nie na u (jul).wìl luister nie?

    Gaan kyk in die spieël van die Woord éérs, en buig éérs sélf voor dié se Gesag, voor u (jul) oor die Gesag van die Woord praat.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui