André Benadie beweer hieronder dat die vermeerdering in kennis nie die geloof in God enige gunste doen nie – hoe meer kennis ons kry, hoe meer besef die mens dat die geloof in die bestaan van God onnodig is. Dit is egter ver van die waarheid.
Navorsing ontdek gereeld meer kompleksiteit van lewende organismes. Dit dui veel meer op ’n ontwerper as ’n ewekansige evolusieproses.
Die volgende vers is eerder van toepassing op hierdie onderwerp:
Hosea 4: (6)My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jý die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.
*******
Hoe meer ‘kennis’ hoe meer moeras | Netwerk24
L. P. Vermaak, George
Die Burger, 28 Oktober 2022
Ek neem kennis van André Benadie se skrywe “Kennis is wat die kerk se invloed laat krimp” (25.10). Hy beweer dat “kennis” en die invloed van die wetenskap die kerk se invloed laat krimp. Wat opvallend is, is dat hoe meer die “kennis” en wetenskap toeneem, hoe meer bevind die mensdom hom in ’n moeras van onoorkomelike probleme.
Die beste brein op aarde is nie by magte om enigiets aan die verslegtende situasie te doen nie. ’n Goddelike ingryping is nodig. Miskien is dit nodig om maar weer na die “storie” van die skepping en die lewe in die Skrif te kyk.
*******
Kennis is wat die kerk se invloed laat krimp | Netwerk24
André Benadie
Die Burger, 25 Oktober 2022
Prof. Tanya van Wyk noem allerhande redes hoekom die kerk se invloed krimp (19.10). Dalk is die werklike rede dat die mensdom al hoe minder in die gelowe se “stories” glo soos wat kennis verbreed, danksy veral die bydrae van die wetenskap. Mense se oë gaan oop en hulle staan al hoe meer weg van hul vorige geloofsoortuiginge.
Dr. George Claassen se boek Geloof, bygeloof en ander wensdenkery bied genoeg perspektiewe om hierdie ontwikkeling te staaf.
*******
Tanya van Wyk: Dís hoekom kerk se invloed aan’t krimp is | Netwerk24
Tanya van Wyk
19 Oktober 2022
Die Hervormde Kerk se Algemene Kerkvergadering het onlangs plaasgevind. In dié kerk is dit ’n groot gebeurtenis omdat dit net elke drie jaar plaasvind. Vir ons wat deel van die kerk is, is dit van uiterste belang, maar uiteraard nie vir almal nie.
Almal kan nie in alles belangstel of oral teenwoordig wees nie. En ons word genoeg met inligting gebombardeer.
Tog was daar ’n nuuskierigheid by sommige in die vergadering oor die afwesigheid van die media daar. Ons is gewoond dat die media nou en dan by sulke vergaderings (of sinodes) inloer.
Hierdie keer glad nie. Die nuusdekking oor die vergadering ná afloop daarvan was skraal.
Nou kan ons vra (trouens, dit was my eerste vraag): Is ’n vergadering van die Hervormde Kerk nuuswaardig? Of, meer algemeen: Is aspekte van ’n massa-samekoms van Afrikaanssprekende kerkmense nuuswaardig? By nadenke besef ek die vraag en antwoord is effens meer gekompliseerd.
Eers moet die definisie van “nuuswaardig” uitgeklaar word. In die era van massa-inligting, vinnige nuus en blitsvinnige standpunte moet iets daardie rustelose, “blaaiende” vinger vir ’n paar sekondes tot stilstand bring. Miskien is “kerk” (en veral kerkvergaderings!) net nie meer die “iets” waaroor mense wil lees nie.
Dan vra ons hoekom – en dit is die tweede saak wat met “nuuswaardigheid” van kerkvergaderings verband kan hou. Is dit die Christelike godsdiens of net die Christelike kerk wat irrelevant geword het? Godsdiens in die algemeen?
In ons land en op die kontinent Afrika het ons die interessante verskynsel: Godsdiens speel ’n beduidende rol. Vir ’n groot meerderheid mense hier is godsdiens ’n manier om betekenis toe te ken en sin te maak van alledaagse gebeure.
Godsdiens deurdrenk elke faset van bestaan.
En as jy iemand of iets in Afrika vir ’n spesifieke doel wil mobiliseer, besoek jy geloofsgemeenskappe eerste.
Daar is egter ’n skadukant en dit bring my by die laaste aspek wat moontlik aan “nuuswaardig” gekoppel mag wees. Soveel as wat ’n kerk of geloofsgemeenskap die “bevryder” kan wees, is dit ook dikwels die “oortreder”. Soms meer as dikwels. In ons geskiedenis het ons heel dikwels God as “Die Gans Andere” (Karl Barth) ten koste van “God as Breë Ruimte” (Jürgen Moltmann) beklemtoon. Algaande het ons die kerk kleiner gemaak, die grense al hoe duideliker getrek en dit strenger bewaak.
In die proses het aspekte van ons menslikheid, soos ons etnisiteit, ons seksualiteit, ons geslag (en nou ook ons ouderdom) die basiese voorwaardes geword vir deelname aan die nagmaal en lidmaatskap van die kerk. In ’n era waar ons al hoe meer bekommerd is (en vinger wys) oor die krimpende invloed van die kerk, moet ’n mens tog wonder: Wie het die kerk eerste kleiner begin maak?
Prof. Van Wyk is dosent in sistematiese teologie aan die Universiteit van Pretoria.
André Benadie en George Claassen sing ewe vals in dieselfde koor van ateïste. G. K. Chesterton bevestig dit:
“It is absurd for the Evolutionist to complain that it is unthinkable for an admittedly unthinkable God to make everything out of nothing, and then pretend that it is more thinkable that nothing should turn itself into everything…”
Daniel 12:4;9;10
Die verse verduidelik waarom baie kerke se invloed sal weg kwyn.
4) Many will rove about(meaning examine it),and the true knowledge will become abundant.
10)Many will cleanse themselves and whiten themselves and will be refined,and none of the wicked will understand,but those having insight will understand.
Goddelose mense het nie n behoefte vir geestelike dienste nie,en hulle verteenwoordig die oorgrote meerderheid op aarde.
Gevolglik het die onaanvaarbare situasie onstaan waar kerke teen mekaar kompeteer vir lidmate.
Nou moet kerkleiers hulle woorde tel.Die “freeness of speech,waarvan die Bybel praat is geaffekteer.
Christendom is verdeeld in meer as 33 000 denominasies.
In watter mate kweek bovermelde vertroue by die mens wat God in alle eerlikheid en waarheid soek.
Die ware kennis waarvan Daniel 12:4 praat kom van n organisasie af
God se hand is in die beskikbaarheid van ware kennis,want net God kan insig gee om die Bybel te verstaan
Daniel 12:10 wys wat God se objektief in die ontvouing van die situasie is.
God het dan nou toegesien dat die vermelde profesie omtrent ware kennis in ons dag vervul is.
Die Bybel wys dat God se kragte nie deur n menigte organisasies werk nie.
In the jaar 33CE het God die Joodse tempel en wyse van aanbidding verwerp.
God se geestelike doelwitte was bereik deur mense wat heeltemal weggebreek het van die Joodse stelsel van dinge.
Omdat die oorblywende mense wat God soek erg in die minderheid is,sal hy leerstellings ondersoek en as sy geestelike behoefte nie bevredig word nie,gaan hy aanskuif