Die Kerkbode is die NG kerk se amptelike koerant/nuusblad.
Nuusredakteurs
Die volgende mense was die afgelope paar jaar nuusredakteurs van die Kerkbode:
- Frits Gaum (1986 – Maart 2004)
- Johann Symington (Maart 2004 – ?)
- Anton Pienaar (? – Nov 2010)
- Adri-Louise van Renen-Fourie (2011 – ?)
- Jean Oosthuizen (? – Maart 2013)
- Neels Jackson (2014 – Des 2018)
- Le Roux Schoeman (1 Jan 2019 – *)
Ben du Toit was vir baie lank die hoof van kommunikasie van die NG Kerk, dus het die Kerkbode onder hom geval.
Kerkbode se Facebookdebatte
Daar was ’n stadium, veral in 2012, dat Kerkbode heelwat debat toegelaat het op hulle Facebookblad. Dit is net jammer dat ’n mens soms die gevoel gekry het dat veral behoudende plasings strenger gefilter is as ander (soos die geval met die NG Kerk Diversiteitsforum). Gelukkig is die meeste van die plasings wel gevang voor die verwyder is. Dit kan hier gesien word: Facebook: Kerkbode/NGK-debatte