Kyk ook:
- Is homoseksualiteit ‘n randkwessie?
- Ontkenning van Jesus se Godheid is vernietigend (Stefaan de Jager, 15 Jan 2023)
- Meningsverskil tussen Paulus en Petrus
- ‘n Geloofsverklaring (Daniel Louw)
Wat is randkwessies?
Randkwessies is dinge:
- waaroor die Bybel nie duidelik is nie
- wat nie sonde is nie
- wat nie jou redding sal beïnvloed nie
Christene wat oor randkwessies verskil, kan ‘n mens as broers en susters in die geloof hanteer.
Die volgende is ‘n lys van teologiese kwessies gerangskik van krities tot randkwessie. Let wel dat hierdie lys bloot ‘n riglyn is. Dit is feitlik onmoontlik om so ‘n lys op te stel waaroor alle behoudende gelowiges sal saamstem.
Kernkwessies
- Daar is ‘n god wat geskep het
- God het homself aan mense openbaar soos dit tans in die Bybel opgeteken is
- Die Bybel is akkuraat en duidelik, daarom moet ons die Bybel op sigwaarde lees
- God is ‘n teïstiese god
- God is ‘n drie-enige god: Vader, Seun (Jesus) en Heilige Gees
- Jesus is een van die drie-eenheid
- Die bestaan van die duiwel en die hel.
- Adam en Eva was werklike persone wat met die sondeval dood en swaarkry in die wêreld ingebring het
- Weens die sondeval het Jesus vir ons sondes kom sterf.
- Jesus het liggaamlik opgestaan uit die dood
- Jesus se koms is deur die profete in die Ou Testament voorspel
- Jesus het 40 dae na sy opstanding na die hemel opgevaar
- Jesus het wonderwerke op aarde gedoen
- Jesus is maagdelik verwek
- Redding is slegs moontlik deur Jesus
- Ware bekering is nodig vir redding
- Homoseksualiteit, seks buite die huwelik en egbreek is sonde
Grys area
- Saul, Dawid, Salomo, ens was werklike historiese konings
- Die uittog uit Egipte het werklik gebeur
- Abraham was ‘n werklike historiese persoon
- Daar was ‘n sondvloed met Noag
- Tydens die toring van Babel het God verskillende tale geskep
- Die sondvloed was wêreldwyd en twee van elke soort was in die ark
- Die mense voor die sondvloed het werklik so oud geword soos in die Bybel genoem
- God het alle diere volgens hulle soorte geskep. Hy het nie ‘n lang tyd van evolusie gebruik nie.
Randsake
- Ouderdom van die aarde[1]
- Die vrou in die amp
- Die doop
- Eskatologie (millennialisme vs amillennialisme)
- Uitverkiesing
Notas
[1] Alhoewel die Bybel baie duidelik is oor die ouderdom van die aarde, word dit as ‘n randkwessie gelys slegs omdat dit nie soseer jou redding beïnvloed nie. Om die ouderdom van die aarde egter in twyfel te trek moet die Bybel baie anders geïnterpreteer word as wat dit duidelik sê. Die Bybel is baie duideliker oor die ouderdom van die aarde as oor die vrou in die amp, die doop, eskatologie en die uitverkiesing.
Hoe hanteer mens ander Christene wat verskil oor kernkwessies?
Christene wat oor randkwessies verskil, kan ‘n mens as broers en susters in die geloof hanteer. Hierdie kwessie is egter gewoonlik die kwessies wat verskillende kerkdenominasies van mekaar skei vir praktiese doeleindes.
Indien daar egter verskillende sieninge oor kernkwessies is, moet die paaie skei. Denominasies kan nie verskillende kernkwessies binne dieselfde denominasie huisves nie.
Bronne
- Are there side issues in Scripture? (creation.com)