Die volgende is geneem uit Leer en Beleef, Vlak 1 – Leerboek vir katkisante van die Evangelies Gereformeerde kerk van Suid-Afrika.
*******
Die heerlikheid en werk van Jesus Christus, al die volheid van God wat in Hom woon, asook die praktiese uitwerking van ‘n lewe wat aan die verrese Christus gelykvormig is, word in dié brief uitgebeeld.
1. Inleiding
Kolosse was ‘n stad in Frigië, ‘n distrik in Klein Asië. Twee ander stede word ook in hierdie sendbrief vermeld, nl. Laodicéa en Hiërapolis (4:13). Laodicéa was slegs 15 km. en Hiërapolis 20 km. vanaf Kolosse geleë. Laodicéa was ‘n baie welvarende en invloedryke stad, terwyl Hiérapolis weer baie gewild vir sy warmwaterbronne was. Kolosse was die kleinste van die drie stede.
Daar was Christen-gelowiges in aldrie hierdie stede, en later het Jesus die gemeente van Laodicéa vir ‘n laaste boodskap gekies (kyk Op. 3). Daar was baie Jode in die distrik van Frigië, waarvan sommige op Pinksterdag in Jerusalem was (Hand. 2:10). By die lees van hierdie sendbrief kom ‘n mens agter dat Paulus die gemeente teen ‘n gevaarlike sekte van destyds, nl. die Esséners, waarsku.
Paulus het die stad Kolosse klaarblyklik nooit self besoek nie, alhoewel hy deur Frigié gereis het (Hand. 16:6; 18:23). Hy skryf in hierdie sendbrief: “Want ek wil hê dat julle moet weet wat ‘n groot stryd ek oor julle het, en oor die wat in Laodicéa is en almal wat my aangesig in die vlees nie gesien het nie” (2:1).
in Handelinge 19, waar die lang verblyf van Paulus in Efese beskryf word, vind ons ook sekere aanduidinge van hoe die evangelie in Kolosse bekend geraak het. Ons lees in Handelinge 19:10 dat Paulus twee jaar lank volhardend gepreek het, “sodat die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.”
Demétrius, die silwersmid, het baie verontwaardig in ‘n toespraak gesê: “…en julle sien en hoor dat nie alleen in Efese nie, maar byna die hele Asië, hierdie Paulus ‘n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sê dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie” (Hand. 19:26). Die hele gebied (provinsie van Asië) het van die evangelie gehoor terwyl Paulus in die bekende stad Efese was.
Filémon en Eprafas was van die manne van Laodicéa en Kolosse wat Paulus in Efese gehoor het en die evangelie na hul tuisdorpe ge- neem het (1:7 en 4:12-13). Dit wil voorkom of die gemeente in Kolosse hoofsaaklik uit bekeerde heidene (dus nie Jode nie) bestaan het (2:13).
2. Inhoud en doel van die brief
Terwyl Paulus in Rome was, het hy inligting deur Eprafas gekry dat die Christene in Kolosse ernstige probleme in die gesig staar. ‘n Aantal valse leerstellings soos die Oosterse mistisisme, asketisme, en ook Judaisme, was besig om die gemeente in te sypel.
Later het die filosofie van Gnostisisme groot verwoesting in die gemeente gesaai. Gnostisisme is afgelei van gnosis, die Griekse woord vir kennis. Gnostici het ‘n verwronge idee oor God, die ontstaan van skepping, en die oorsprong van boosheid en sonde gehad. Hulle die aanspraak dat God die Skepper is, verwerp. Die ergste dwaling van hierdie mense was hulle ontkenning dat Jesus God is en dat Hy ons enigste Verlosser is!
Tereg het Polikarpus, die ou kerkvader, van die Gnostikus, Marcion, gesê: “Ek ken jou. Jy is die eersgeborene van Satan.” Al het hierdie bose ideologie nooit in die gemeente van Kolosse tot sy volle ontwikkeling gekom nie, was dit nogtans goed gevestig. Die Heilige Gees het dié valse leer effektief deur die stuur van Paulus se brief aan die Kolossense teégestaan.
Hierdie brief is nog net so belangrik vir die kerk van die twintigste seu. Die sg. Christian Science, ‘n mistiese teosofiese kultus, is ‘n sataniese herlewing van antieke Gnostisisme. Om dié rede is die brief aan die Kolossense so ‘n doeltreffende wapen teen hierdie moderme dwaling wat die twee belangrike pilare van die Christelike geloof verwerp, nl. die Seun van God en sy volbragte werk aan die kruis.
Uit die tweede hoofstuk van die brief is dit duidelik dat daar ‘n verdere dwaling in die gemeente wortel geskiet het, nl. dié van die “Judaiseerders (2:4, 11, 16). Die doel van die brief was egter nie slegs om dwaalleringe aan te spreek nie. Die Heilige Gees ontvou op ‘n aangrypende wyse die waarheid van die evangelie in die brief, en stel Jesus in sy grootheid en majesteit as Skepper, Verlosser en Hoof van die kerk voor.
3. Kolossense in kontras met Efese
Paulus het hierdie brief in ongeveer 62 n.C. vanuit die tronk in Rome geskryf. Soos in die geval van die brief aan die Efésiérs, is hierdie brief ook deur die boodskapper, Tichikus, afgelewer (vgl. Ef. 6:12 en Kol. 4:7-9). Daar is treffende ooreenkomste tussen hierdie twee briewe, wat al deur baie Bybel-kenners ‘n tweeling genoem is. Efesiérs en Kolossense bevat van die grootste openbaringe wat God ooit aan ‘n mens gegee het.
In Efesiérs draai die openbaring grootliks om die liggaam van Christus (die kerk), die volheid van daardie liggaam, sy ryke voorregte en hemelse bestemming. In Efésiérs vind ons by herhaling die verklaring rakende die gelowige se geseënde posisie “in Christus Jesus”. In Kolossense lees ons van Christus in die gelowige — “Christus in julle”.
Efesiérs openbaar die roeping van God, en wat dit betref word die gelowiges gemaan om “waardig te wandel die roeping waarmee julle geroep is”. Kolossense vermaan die lesers om “waardig in die Here te wandel”.
In die Efesiér-brief vind ons nie weerleggings teen dwaalleringe nie maar in Kolossense is dit prominent. In Efésiérs word die Heilige Gees en Sy werk in fyn besonderhede toegelig. Ons lees van die “lewendig maak”, verseéling en vervulling van die Heilige Gees, en ons word gewaarsku om nie die Gees van God te bedroef nie. In Kolossense word niks van die Heilige Gees gesê nie. Tog word al die verlossingswaarhede van Efésiérs, Romeine en Galasiérs in Kolossense weerspieël.
4. Temas
Hoofstuk 2:9-10 is die kern van hierdie brief: “Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag”. Dit is die hart van hierdie brief, die sleutel wat al die hemelse rykdomme vir ons oop- Sluit. In hierdie kernverse vind ons die omvang en trefwydte van die hele brief.
Paulus begin nie deur die Kolossense te waarsku teen die ernstige dwalinge wat besig is om die gemeente binne te sluip en daar nes te maak nie. Hy skryf eers van Jesus en sy heerlikheid. Die Gees van God begeer dat hierdie gemeente eers die regte beeld van die Persoon en heerlikheid van die Here Jesus kry — van sy majesteit en voortreflikheid in alle dinge, sy groot verlossingswerk, die vrede wat bewerk is deur sy bloed wat aan die kruis gestort is, en die teenwoor- sige én toekomstige uitwerking van dit alles.
Daarna toon Paulus die posisie van die kind van God in Christus aan: ons het die volheid van God in Christus. Om hierdie rede is die leerstellinge van mense vals en nietig — dit kan niks byvoeg by dit wat ons reeds in die Here Jesus het nie. Trouens, dit kan ons net van die ware kennis afvallig maak, daarom moet dit weerstaan word: ‘Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie” (2:8).
5. Indeling
Hierdie brief kan in drie duidelike dele verdeel word:
- Hoofstuk 1: Die persoon van die Here Jesus, sy heerlikheid and sy werk.
- Hoofstuk 2: Volmaak in Hom, i wie al die volheid woon.
- Hoofstuk 3-4: Die praktiese uitwerking an jy leef as iemand wat saam met Christus in ‘n nuwe lewe opgestaan het.
Vrae
1. Waar was die stad Kolosse geleë, en watter twee stede was in Sy onmiddellike omgewing?
2. Hoe het die gemeente in Kolosse ontstaan?
3. Noem die name van die persone wat ‘n prominente rol in die gemeentes van Kolosse en Laodicéa gespeel het.
4. Wat het Paulus genoodsaak om hierdie brief te skryf?
5. Wat verstaan jy onder die begrip Gnostisisme?
6. Waarom is hierdie brief vandag nog net so belangrik vir ons?
7. Wanneer en waar is hierdie brief geskryf en deur wie is dit afgelewer?
8. Noem drie ‘kontraste’ tussen die Efésiër- en Kolossense- briewe.
9. Haal, met skriftuurplase, die kernsverse van hierdie brief aan.
10. Watter metode gebruik Paulus om die dwalinge in Kolosse teë te staan?