Kyk ook:
- Koinonia Sinode 2023
- As Jesus by Kairos se sinode was (Albert Alberts, 14 Mei 2023)
*******
BRIEF | Kom gerus; Jesus was by sinode | Netwerk24
21 Mei 2023
Ernst Swanepoel, Roodepoort, skryf:
Nogal ’n interessante vergelyking wat Albert Alberts probeer skep met ’n verhaal uit die Evangelies, ook asof Albert dit die eerste keer gelees het.
Ek wil hom gerusstel: Jesus wás by die Kairos-sinode. Die owerspelige vrou was egter nie daar nie. Die fariseër-skrifgeleerdes was ook nie daar om enigeen te beskuldig nie. Diegene wat wél daar was, het by wyse van vernuwing die Bybel as die onvervreemde Woord van God bevestig en het alle dwaallerings wat van Jesus anders as die Opgestane Seun van God wil maak, verwerp. Die eenvoud van die Evangelie, die ware uitlewing van die Woord van God, soos vervat in ons belydenisskrifte, is herbevestig. Kinders word steeds gebore uit ’n liefdesverhouding tussen een man en een vrou soos God dit ingestel het, en Christus hét die Satan oorwin deur sy opstanding uit die dood. (As gevolg van die talle gebede het die Satan ook weggebly!) Én die wens is uitgespreek dat die toekomstige predikante van die NGK dieselfde waardestelsel sal behou en na kweekskole sal gaan wat die bogenoemde waarhede leer.
Albert, doen die moeite en woon asseblief die volgende een by.
n vraag vir almal …. Sal Jesus n selfde geslag troue bywoon ?? in Engels , Will Jesus attend a same sex wedding ??
groetnis
anton