Koperniese beginsel

Die Koperniese beginsel (Engels=Copernican principle) is die filosofiese aanname of ideologie dat daar geen spesiale plekke in die heelal is nie. Dus het die heelal nie ’n middelpunt nie.

Definisies:

  • Geosentriese beskouing: die aarde staan stil en alles draai daarom
  • Heliosentriese beskouing: die aarde draai om die son draai
  • Koperniese beginsel: geen hemelliggaam het ’n spesiale plek in die heelal nie

Voor Copernikus (1473-1543) se tyd het mense ’n geosentriese beskouing gehad (die aarde staan stil en alles draai daarom). Die kans is goed dat die Bybel ’n invloed gehad het op hierdie beskouing, want volgens die Bybel het God die mens as die heerser van die aarde geskape (Psalm 8) en dit wil voorkom dat alles vir die mens geskep is (die aarde is op dag 1 geskape en die son, maan en sterre eers op dag 4 – kyk Skeppingsvolgorde volgens Genesis 1). Daarom het gelowiges waarskynlik gedink dat die aarde in die middel van ons sonnestelsel en heelal is. Toe Kopernikus ’n heliosentriese beskouing voorgestel het (die aarde draai om die son) was dit ’n kontroversiële kwessie, want dit het in effek beteken dat die aarde sy spesiale posisie in ons sonnestelsel verloor het.

Later het die Koperniese beginsel ontstaan wat vandag deur die sekulere wetenskap aanvaar word. Dit is die idee dat net soos die aarde nie spesiaal in ons sonnestelsel is nie, net so is die aarde ook net nog ’n gewone planeet in die heelal sonder enige spesiale posisie. Die Koperniese beginsel word soms ook die “beginsel van middelmatigheid” genoem.

LW, die Koperniese beginsel is NIE dieselfde as ’n heliosentriese beskouing nie: ’n heliosentriese beskouing dui slegs daarop dat die aarde nie in die middel van ons sonnestelsel is nie. Die Koperniese beginsel is ’n filosofiese aanname (soos Stephen Hawking en George Ellis in hulle boek The Large Scale Structure of Space-Time erken). Die feit dat die aarde nie in die middel van ons sonnestelsel is nie, sê niks oor die aarde se posisie in die heelal nie. Die Koperniese beginsel is soos Richard Feyman sê, heelwaarskynlik ’n oordrewe verwerping van geosentrisme. Dit word baie goed deur Richard Gott gedemonstreer.

alt
Hoe wetenskaplikes dit regkry sodat geen planeet ’n spesiale plek in die heelal het nie, is om die heelal voor te stel as ’n ballon wat opgeblaas word: Die rubber van die ballon is die driedimensionele heelal wat ons vandag sien. Die lug binne en buite die ballon is ’n vierde dimensie. In so ’n model het die heelal nie ’n middelpunt nie, net soos ’n sirkel nie ’n beginpunt of eindpunt het nie.

Kyk ook Where is the centre of the universe?, deur Philip Gibbs, 1997

Daar is egter baie goeie aanduidings dat die aarde (of eerder die melkwegsterrestelsel waarin ons voorkom) in die middel van die heelal is. Kyk Ons is in die middel!.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui