Ons lees van Kornelius slegs in Handelinge 10 en 11.
Kornelius was ‘n gerespekteerde leier in die Romeinse leër. Hy was kaptein oor honderd (centurion) van die Italiaanse Regiment en was in Sesarea gestasioneer.
Alhoewel hy nie ‘n Jood was nie, was hy vroom en godvresend. Hy was ook vrygewig om aan die armes te gee en toegewyd aan gebed.
Kornelius het ‘n visioen van ‘n engel ontvang wat hom opdrag gegee het om manne na Joppe te stuur om Petrus na sy huis te bring.
Terwyl Kornelius se manne na Petrus oppad was, het Petrus ’n visioen gehad van ’n laken vol onrein diere, waar God hom opdrag gegee het om te “slag en te eet”. Die visioen is drie keer herhaal.
Terwyl Petrus nog nagedink het oor die gesig, het die Gees vir hom gesê dat daar drie mans was wat hom sou kom soek het en dat hy saam met hulle moes gaan nie.
Die volgende dag het hy en ‘n paar van die gelowiges in Joppe saam met hulle gegaan en ‘n dag later in Sesarea aangekom.
Kornelius het Petrus met eerbied verwelkom, maar Petrus het hom tereggewys deur te sê dat hy net ‘n mens is. Petrus het gesê dat ‘n Jood gewoonlik nie in iemand van ‘n ander volk se huis mag ingaan nie, maar God het vir hom met die visioen van die onrein diere in die laken gewys dat hy geen mens as onheilig of onrein mag beskou nie.
Terwyl Petrus gepraat het, het die Heilige Gees op almal geval wat geluister het, insluitende heidene. Toe die heidene in tale begin praat het, het dit die Joodse gelowiges verstom. Petrus het beveel dat hulle gedoop moes word, wat die eerste keer was dat heidene formeel in die Christelike geloof ingesluit is.