Kyk ook:
“Liefde is liefde” (Engels: “love is love”) is ’n slagspreuk wat deur die LGBTQIA+ gemeenskap gebruik word om te sê dat geen mens in die pad van ware liefde mag staan nie, ongeag seksuele oriëntasie.
Trouens, nie eers God durf in die pad van “ware liefde” staan nie. Die tekste in die Bybel oor homoseksualiteit? Dit interpreteer ons sommer vinnig weg.
Die vraag is: hoe ver kan ons hierdie liefde-is-liefde-beginsel neem?
In die artikel Twee dominees, een warm affair (6 Desember 2020) word berig dat Auke Compaan en Anél Pienaar, twee predikante van Skuilkransgemeente verlief geraak het op mekaar en owerspel gepleeg het. Toe die kerk hulle daaroor berispe, was die reaksie: “F*k die kerk”
Dit is eintlik te verstane. Liefde is (immers) liefde! Wie is die kerk om in die pad van ware liefde tussen twee mense te staan?
Gaan dink mooi oor hierdie een: As ons die liefde-is-liefde-beginsel kan toepas wanneer dit by homoseksualiteit kom, waarom nie ook by buite-egtelike verhoudings nie?
Ek wil asb weet wat se die Bybel van gemengde huwelike. My wit christen dogter het verlief geraak op n Indier wat ook n Christen is. Ek wil weet wat se die bybel en die kerk daaroor
Anette
Ek dink ek kan verstaan hoekom jy so voel. Miskien gaan dit nie soseer oor velkleur nie, maar verskille in kultuur. En dit is dinge wat nie geïgnoreer kan word nie, maar dit is, glo ek, oorkombaar.
Wat ons uit die Bybel leer is die volgende:
Dus, moenie jou vasstaar in ras nie. Indien daar wel wesenlike kultuurverskille is, is dit jou plig om dit aan jou dogter uit te wys, maar op die ou einde gaan julle verhouding net skipbreuk ly as jy nie haar besluit respekteer nie. As jy vir haar die gevare uitgewys het en sy maak steeds haar besluit, aanvaar dit so. As dit so uitwerk dat die twee trou en hy is ’n mooi kind van die Here, gaan julle nog baie lief word vir hom.