Kyk ook:
Louis (LC) Jonker is ’n professor in Ou Testament aan die Universiteit Stellenbosch.
Hier volg ’n opsomming van sy teologiese sieninge:
- Hy wil ruimte maak daarvoor dat Moslems ook gered kan word
- Hy is progay
- Hy glo nie dat Noag noodwendig ’n historiese figuur was nie of dat die sondvloed ’n wêreldwye vloed was nie (kyk 10 vrae aan Louis Jonker (Mei 2018))
- Oor Jesus se liggaamlike opstanding is daar nie 100% sekerheid nie.
Genesis 1-11
Die Huisgenoot van 12 Oktober 1995 dra ’n artikel waarin die menings van verskeie teoloë verskyn. Louis Jonker huldig die mening daarin dat die hele Skrifgedeelte van Genesis 1-11 mitiese stof is. (NG Kerk: Reformeer of…Disintegreer?, 2005, bl 57)
Jesus se opstanding
Oor Jesus se liggaamlike opstanding loop Jonker op eiers.
In Het Jesus wérklik opgestaan? (19 Apr 2014) wil dit voorkom of Jonker wel in Jesus se liggaamlike opstanding glo, maar vir een of ander rede is dit vir hom nodig om ook by te sê:
“Ek glo nie in Jesus Christus omdat sy lewe, sterwe en opstanding op die een of ander manier feitelik aan my bewys kan word nie, maar omdat die Heilige Gees my daarvan oortuig dat Jesus Christus die lewende Here is.”
In Frits Gaum se boek Twintig gesprekke oor … die opstanding van Jesus uit die dood (Ex Amino-Boeke: Kaapstad, 2004), 24, kom die volgende voor:
Frits Gaum: Is die vraag of Jesus uit die dood opgestaan het, vir jou geloof ’n allerbelangrikste saak … of lê dit vir jou op die periferie?
Louis Jonker: Dis van sentrale belang … Maar dan moet van die begin bygevoeg word dat dit nie om historiese belang gaan nie, maar om geestelike en teologiese belang.
Op bladsy 26 word die volgende gesê:
Frits Gaum: Jy praat van die lewende Here, die lewende Christus, Louis. Maar sê nou Jesus het nie uit die dood opgestaan nie?
Louis Jonker: As wat jy nou vra, sou beteken dat Jesus dalk nie fisies uit die dood opgestaan het nie, sou dit steeds geen probleem vir my geloof skep nie.
Hieroor was daar ’n dwaalondersoek ingestel, maar hy is vrygespreek.
(Kyk NAMIBIË OP WEG MET DIE ALGEMENE SINODE?, Youtube, 10:17, Ferdie Mulder, 16 Jan 2021)
Neem verder in ag dat Louis vriende was met Ferdinand Deist, wat baie aanklank gevind het met Rudolf Bultmann se siening oor Jesus se opstanding. Bultmann het nie in Jesus se liggaamlike opstanding geglo nie, maar in ’n metaforiese opstanding.
Pienk Piet standbeeld
Deur Louis se toedoen is die standbeeld van prof Johannes du Plessis (“Pienk Piet” vir die studente) teruggebring na die tuin van die Stellenbosse Teologiese Fakulteit en neem nou ’n prominente plek daar in (kyk “10 vrae aan Louis Jonker” hieronder). Op 19 Junie 2006 word dit geskuif van die agtertuin van die Sasol Kunsmuseum na die voortuin van die Kweekskool. Prof Du Plessis bevraagteken onder meer Moses se outeurskap van die eerste vyf boeke van die Ou Testament en Jesus se kennis van laasgenoemde testament, wat hom in omstredenheid dompel. Hy begin ’n blad, Het Zoeklicht, waarin hy kyk na die basis van geloof. Tydgenote het Du Plessis daarvan beskuldig dat hy ’n modernis was en verskeie dwaalleringe aangehang het. Dus is hierdie die tipe mense waarmee Louis homself vereenselwig.
Hy is ’n medewerker aan die boek Kan ons nie maar saambly nie? (kyk Riglyne vir saamblygesprek)
Kyk ook
- ‘Kreatiewe spanning’ tussen akademiese teologie en kerklike teologie is noodsaaklik, sê dosente by Maties (Louis Jonker verdedig Peter Nagel, 15 Feb 2023)
- Herinterpretasie niks nuuts nie (18 Aug 2022)
- Van Aarde (in persoon) vir ‘meesterstuk’ bekroon (3 Jun 2022)
- Prof by Maties maak kapsie teen konferensie (17 Feb 2022)
- Kerklike owerspel (5 Des 2021, Ferdie Mulder)
- Louis Jonker aangewys as Uitgelese Professor (Jan 2021)
- Die Bybel in fokus: Hoe om gelowig én denkend te lees (boek, 2020)
- Herinneringe en Verlange (‘n boek wat Louis geskryf het. Daarin praat hy van sy vriendskap met Ferdinand Deist)
- RSG: Kan Moslems en Christene saam bid? (5 Mei 2019)
- Kerksaak: ‘Ook bínne kerk is vele standpunte’ (13 Mrt 2019)
- 10 vrae aan Louis Jonker (Mei 2018)
- US Woordfees 2017: Wat moet ons met ons kerk doen? (9 Mrt 2017)
- 65 maak beswaar teen bevriesing van gay besluit (Nov 2015)
- Baie kort oorsig van SGV-konferensie te Stellenbosch 12 November 2015 (Nov 2015)
- Eendag-konferensie oor selfdegeslagverhoudings, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch 12 November 2015
- Het Jesus wérklik opgestaan? (20 Apr 2014)
- Oor geloof en die wetenskap (2012)
- Louis Jonker: Is Jesus Christus die enigste pad na God toe? (Mrt 2012)
- Om immer te glo … (3 Mrt 2012)
- Gay-dominees: 3 stemme (Jan 2012)
- Moet NGK nie anders oor gay-saak praat? (Des 2011)
- Die ontkenning van Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood – ’n Teologiese agtergrond (25 Aug 2007)
- NG teologie by UP kan tot ’n einde kom (2 Okt 2005)
- ‘Dwaalleer’-brief gekap (5 Jul 2005)
- NG teoloë kap ‘dwaalleer’-brief (25 Jun 2005)