Martin Luther

Kyk ook:

*********

“Tensy ek deur die Skrif en duidelike argumente oortuig word, sal ek nie die gesag van pouse en konsilies aanvaar nie, want hulle het mekaar weerspreek. My gewete is verbind aan die Woord van God. Ek kan en sal niks terugtrek nie, want om teen my gewete te gaan is nie reg of veilig nie. Hier staan ek, ek kan nie anders nie. God help my. Amen.”
~ Martin Luther

Martin Luther (10 November 1483 in Eisleben – 18 Februarie 1546 in Eisleben, graafskap Mansfeld) was ’n Duitse monnik en Rooms-Katolieke priester wat in die 16de eeu die grondlegger was van die Protestantse Hervorming in die Christendom. Hy was sterk gekant teen die idee dat kwytskelding van God se straf vir sonde met geld gekoop kan word. Hy het geleer dat redding nie met goeie dade verdien kan word nie, maar slegs deur God se genade plaasvind vanweë ’n geloof in Jesus Christus, asook dat die Bybel die enigste bron van goddelike kennis is.

Hy skryf 95 stellings wat as ’n geloofsverklaring dien en op 31 Oktober 1517 spyker hy dit aan die kerkdeur van Wittenberg in Duitsland vas. Later skeur hy van die Rooms-Katolieke kerk. Die lede van die nuwe kerk word protestante genoem wat daarna verwys dat hulle geprotesteer het.

Luther (Ferdie Mulder, 29 Okt 2022)

Kyk ook

Aanhalings

“You cannot keep birds from flying over your head but you can keep them from building a nest in your hair”

Jy kan nie keer dat voëls oor jou kop vlieg nie, maar jy kan keer dat hulle nes maak op jou kop.

*******

I greatly fear that the universities are but wide-open gates leading to hell. (Address to the German Nobility, 1522)

95 stellings

Hier volg ’n paar uittreksels uit sy 95 stellings.

1. Wanneer ons heer en meester Jesus Christus sê: “Bekeer julle, dewyle die koninkryk naby gekom het,” bedoel Hy dat die ganse lewe van die getroue mens een van boetedoening moet wees.

2. Hierdie stelling kan nie gestand gedoen word deur die sakrament van boetedoening – dit wil sê – deur bieg en genoegdoening, soos dit deur die priesteramp bedien word nie.

27. Hulle preek verdigsel wat voorhou dat ’n siel uit die vagevuur spring sodra geld in die koffer klingel.

28. Sekerlik word gierigheid en bedrieglikheid aangewakker wanneer geld in die koffer klingel; maar wanneer die kerk tussenbeide tree, is die uitkoms in Gods hande alleen.

32. Diegene wat veronderstel dat hulle by wyse van hul aflaatbriewe van saligheid verseker is, sal saam met hulle leraars verdoem wees.

36. Elke Christen wat daadwerklik tot inkeer kom, ontvang vryskelding van straf en volkome vergifnis van die skuld waarmee hy belaai is, selfs sonder aflaatbriewe.

37. Elke ware Christen, lewend of dood, is deelagtig aan al die gawes van Christus en die Kerk, want dit word deur God toegestaan, selfs sonder aflaatbriewe.

45. Christene behoort geleer te word dat wie ook al ’n behoeftige persoon sien, en instede om hom te help, sy geld aan ’n aflaatbrief spandeer, nie ’n aflaat van die pous verkry nie, maar die smaad van God.

51. Christene behoort geleer te word dat die pous uit sy eie vermoë aan die armes behoort te skenk, dieselde vermoë waaruit sekere predikers van aflate hul onderhoud delg, selfs al sou die pous die Sint Pieterskerk moes verkoop om dit reg te kry.

52. Dis tevergeefs en nutteloos om verlossing deur aflate te verdien, selfs as die kommissaris, of inderdaad die pous self, sy eie siel as pand daarvoor sou gee.

71. Laat hom verban en vervloek wees wat die apostoliese karakter van die aflate ontken.

73. Die pous bulder terreg teen diegene wat op iedere wyse strewe om die verkoop van aflate te ondermyn.

81. Hierdie skaamtelose prediking van aflate, maak dit selfs vir geleerdes moeilik om die pous se eer te verdedig teen naamskending of om die skerpsinnige vrae van leke te beantwoord.

82. Byvoorbeeld: “Hoekom staan die pous nie vrylating uit die vagevuur ter wille van die heilige liefde toe nie? Laat hy nie immers tallose siele vry ter wille van die bedorwe geld wat tot die bou van ’n katedraal bygedra word nie? …”

90. Om hierdie baie regverdige argumente van die leek met geweld te onderdruk, eerder as om hulle van voldoende antwoorde te verskaf, sou neerkom op die blootstelling van die kerk en die pous aan bespotting deur hul vyande, en sal Christene bedroef.

94. Ons moet Christene vermaan om Christus, hulle Hoof, te volg deur bestrawwing, dood en hel.

95. Laat die mense dan vertrou om die hemel in te gaan deur baie verdrukkinge, eerder as enige valse sekuriteit en vrede.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui