In Galasiërs 2:11-14 het Paulus vir Petrus gekonfronteer daaroor dat Petrus het homself weerhou het om saam met nie-Joodse gelowiges te eet. Klaarblyklik het Petrus die teregwysing as van die Here aanvaar en berou gehad oor sy sonde. In die 1983-vertaling word daar na Petrus verwys as Sefas:
(11)Toe Sefas egter later na Antiogië toe gekom het, het ek my openlik teen hom verset omdat sy optrede duidelik verkeerd was. (12)Voordat daar van Jakobus se mense aangekom het, het Sefas gewoonweg saam met nie-Joodse gelowiges geëet. Maar toe dié mense daar aankom, het hy hom onttrek en hom eenkant begin hou, omdat hy bang was vir die voorstanders van die besnydenis. (13)Die ander Joodse gelowiges het ook saam met hom begin huigel, en selfs Barnabas het hom deur hulle huigelary laat meesleep. (14)Toe ek sien dat hulle van die reguit pad van die evangeliese waarheid afwyk, het ek daar voor almal vir Sefas gesê: “Jy is ’n Jood, en jy hou jou nie meer aan die Joodse gebruike nie. As jy self leef asof jy nie ’n Jood is nie, hoe kan jy dan mense wat nooit Jode was nie, wil dwing om te lewe asof hulle Jode is?”
Vir meer hieroor, kyk: