Meningswisselings dan benadeel

 

*******

Meningswisselings dan benadeel | Netwerk24

Prof. Sakkie Spangenberg, Pierre van Ryneveld

13 Augustus 2024

My eerste koerantbrief het in 1984 in Beeld verskyn. Die skrywer Dot Serfontein het in ’n brief die Afrikaanse Bybelvertaling van 1983 gekritiseer. Volgens haar was die vertaling middelmatig.

Ek was ’n jong lektor in Bybelkunde aan die RAU. Hoewel ek nie by die vertaling betrokke was nie, het ek genoeg geweet om ’n ander siening te kon formuleer. Só kruis ek en sy swaarde in die koerant twee briewe elk. Op grond daarvan word ek genooi om ’n lesing oor die vertaling te lewer.

Later skuif ek na Unisa. In 2000 nooi Neels Jackson, destydse kerksakeverslaggewer, my om deel te word van Beeld se paneel van godsdiensskrywers. Dit nadat ek met die millenniumwending ’n artikel oor die toekoms van godsdiens in Rapport geskryf het.

Ek skryf toe vyf jaar lank artikels vir Beeld oor die Bybel en die Christelike godsdiens. Heelwat lesers vind aanklank by wat ek skryf. Toe ’n groep van ons in 2002 praat en skryf oor ’n moontlike “nuwe hervorming”, ontlok dit positiewe en negatiewe reaksie.

Sonder gedrukte koerante sal meningswisselings na my mening nooit dieselfde karakter dra nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui