Kyk ook:
Onderstaande brief deur Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, het gevolg op 3 plasings op facebook/kerkbode soos hier te lese by Dwaling of verdagmaking in die NG Kerk. Kyk ook Kerkbode voorblad-artikel hieroor wat ’n goeie agtergrond gee hierop. In kort het Wynand Louw vir Nelus Niemandt gevra wat sy geloofsoortuiging is (kyk Ope brief aan prof Nelus Niemandt, gepos op Facebook 12/02/2012 en Korrespondensie met prof Nelus Niemandt).
Nelus het baie geskryf hieronder, maar het nie regtig die vrae aan hom geantwoord nie (kyk Daniel Louw en Jan Louw se kommentare).
‘n Paar kommentare wat die moeite werd is, is in geel gemerk.
Besluit maar self of daar enige leuens oor Nelus versprei is.
Kerkbode het die skreiende ding gedoen om enige behoorlik uitgebreide antwoorde op die NG-moderator, prof. Nelus Niemandt se beskuldigings van hul facebook/kerkbode-webwerf te verwyder. Sommige van die verwyderde kommentare is in grys gemerk en kan ook hieronder gesien word by HM1, DL1, en HM2.
Die oorspronklike van onderstaande is op Facebook/Kerbode. Kyk ook die artikel op Kerkbode se webblad, Moderator ontmasker ‘aanstootlike leuens’.
Hierdie debat is in September 2012 deur Kerkbode self van die facebook/kerkbode-blad verwyder (kyk Moderamen se skynbare onderdrukkende beheer van facebook/kerkbode). Kyk ook Lys van Debatte.
***********
Prof Nelus Niemandt se reaksie op Facebook en in Kerkbode
Kerkbode
Moderator ontmasker “aanstootlike leuens”
deur Kerkbode op Sondag, 11 Maart 2012 om 11:38am
Daar is die afgelope tyd gesprekke op die sosiale media waar deelnemers hulself beskryf as kritiese dwaalleeruitwysers en in die proses hulle eie verstaan van sake verhef tot die waarheid, en dan aanhou om die valse stellings wat hulle maak te gebruik om ander persone, besluite van die sinodes van die NG Kerk (NGK) en die leierskap van die kerk verdag te maak. Van die deelnemers het oorbekende stemme op die NGK se eie mediablaaie geword weens die feit dat hulle haas enige tema gebruik om hulle eie agenda te bevorder. Die moderator van die NG Kerk se vorige Algemene Sinode, prof Nelus Niemandt, reageer soos volg aan Jean Oosthuizen daarop:
Ek gaan van die stellings bespreek en ook poog om in die gees van eerlike dialoog, die ander kant van die saak te stel.
Die storielyn
Ek gee eers ’n kort opsomming van die storielyn. Die deelnemers verskil heftig van die Algemene Sinode van die NG Kerk veral onlangse besluite van die Algemene sinode. Dit wil voorkom asof hulle die verskille en hulle probleem toeskryf aan die leiers in die Algemene Sinode. Baie van die besware is teen my as persoon weens my belangstelling in en navorsing oor die sogenaamde Ontluikende kerke (Emerging churches). Daar word ’n baie spesifieke beeld van die ‘Emerging churches ‘ geskep wat min of meer daarop neerkom dat dit ’n liberale teologie verteenwoordig en eintlik nie ware Christelike kerke is nie. Skrywers in die ‘Emerging’-beweging is ‘erger as Moslem imams’ en die kerke word tot ewige verdoemenis geoordeel omdat hulle na bewering teen Christus is en die verlossingswerk van Christus ontken. Omdat ek skrywers van die ‘Emerging church’aanhaal in boeke en hulle blykbaar nie kritiseer nie, ondersteun ek volgens hierdie persone al die menings van daardie skrywers en dus ook die beeld wat van die kerke geskep word. Dit beteken by verstek dat die leierskap in die NG Kerk dit ook doen en dat die NG Kerk in ’n krisis verkeer. Daarom verloor die NG kerk lidmate, want die leer is nie suiwer nie. Die suggestie is dat die NG Kerk in hierdie gedaante nie meer barmshartigheidswerk doen nie en ook nie getrou is aan die gereformeerde leer nie. Kortom, omtrent alle probleme in die kerk kan teruggevoer word na die gebrek aan regsinnigheid – volgens die definisie van die beswaardes.
Die uitdaging
Dit is interessant om te sien hoe dr Wynand Louw en ander saampraters te werk gegaan het om ’n beeld van my geloofslewe te skep en dan die wanbeeld (wat hulle opgestel het) giftig aan te val.
Ek is van ’n lang vraelys voorsien waar ek een vir een op die vrae moes antwoord om dan sodoende uitdrukking aan my regsinningheid en leersuiwerheid te gee. Die vrae was opgestel op ’n wyse dat dit sekere sake en kwessie beklemtoon. Dit gaan nie om die kerk se belydenisskrifte nie, maar hulle interpretasie daarvan.
Ek antwoord graag hoekom ek nie op Louw se vrae antwoord nie:
Dit is duidelik dat hy en andere nie in ware gesprek belangstel en van my goeie trou oortuig wil word nie. Hulle is besig met ’n ideologiese stryd teen die huidige beleid en besluite van die Algemene Sinode van die NG Kerk en stel bloot die vrae om bewyse te soek om hulle punt te staaf.
Hulle stel self die reëls vir die gesprek op en bepaal die agenda, en is nie huiwerig om aan te dui dat hulle net belangstel in hulle eie gesprek nie.
Die vraelys wek die indruk van ’n moderne inkwisissie – en hulle soek na geleentheid om my “uit te vang” en dan uit te lewer.
Dit is duidelik dat hulle nie eintlik besorgd is oor my geloof en geloofswelsyn nie. Dit gaan om hulle eie ideologie. Dit blyk uit Louw se opmerking op die Diversiteitsforum van die NG Kerk se webblad waar hy oor my skryf: ‘Dit maak hom uiters verdag. Indien hy nie die belydenisskrifte onderskryf nie en aanbly as werknemer van die kerk sou hy dus oneerlik in diens wees. Dit is bedrog.’
Ek is nie geneë om hulle liefdelose houding teenoor my en ander wat van hulle verskil, te versterk deur aan ’n gesprek op hulle trant deel te neem nie.
Dit is duidelik dat ek nie op Louw se vrae antwoord nie omdat ek verskil van sy styl, sy bedoeling wantrou en ervaar dat hy nie in oop gesprek belangstel nie. My weiering het niks te doene met my geloofsoortuigings nie, en dit grens aan laster en is ’n blantante leuen wat Louw verkondig dat ek dit doen omdat ek nie meer die NG Kerk se belydenisskrifte onderskryf nie. Ek onderskryf die belydenisskrifte, staan by my legitimasie-verklaring en bely my geloof gereeld.
In Sondag 43 van die Heidelbergse Kategismus word die 9de gebod behandel. Die vraag is: Wat eis die negende gebod? Die antwoord: Ek mag teen niemand valse getuienis aflê, niemand se woorde verdraai, nie ’n kwaadsteker of lasteraar wees nie, niemand onverhoord en ligtelik help veroordeel nie. Alle vorme van lieg en bedrieg moet ek as die duiwel se eie werke vermy as ek nie die sware toorn van God oor my wil bring nie. In regsake en in alle ander handelinge moet ek die waarheid liefhê, en opreg wees in wat ek sê en bely. My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë verdedig en bevorder.
My indruk is dat hulle gesprekke en eise deur die Kategismus ontbloot word. Daar word vals getuienis oor mense afgelê. Dit is duidelik ’n kwaadstekery. Mense word onverhoord veroordeel. Woorde word verdraai. My en ander se goeie naam en eer word aangetas. Die kerk word verdeel. Gelowiges word tot ewige verdoemenis veroordeel.
Die lyn van die argumente
Die lyn van die argumente kan verduidleik word as ’n strooipop wat Louw en ander opstel en dan vurig afskiet.
Hulle het eerste ’n baie selektiewe keuse gemaak van skrywers wat ek al aangehaal het in publikasies. Ek meld dat ek die afgelope 5 jaar waarskynlik meer as 300 skrywers aangehaal het. Tog kies hulle doelbewys om te fokus op aanhalings van Rob Bell, Len Sweet en Brian McLaren. Dan haal hulle weer eens selektief dele van die persone se oortuigings aan – gewoonlik uit konteks ook – en stel dan dat dit my persoonlike standpunt is. So het Wynand Louw onlangs sy eie verstaan van Brian McLaren se seining van die toepaslikheid van Jesus Christus se versoeningswerk volledig op my rekening geplaas. Hy was in beide gevalle verkeerd – oor McLaren en oor my. Dit was, om die minste te sê, vals getuienis en kwaadstekery. Dit is egter kenmerkend van die lyn van die argumente – hulle haal die feit dat ek na so ’n skrywer verwys het aan, koppel dit aan ’n ander stelling van so ’n skrywer en gee dan voor dat ek volledig alle standpunte van die ander persoon ondersteun. Dan word in die gevolgtrekking gesuggereer dat ek nie meer die NG Kerk se belydenis ondersteun nie.
My probleem met die werkswyse wat deur baie van die deelnemers gebruik word, is dat dit niks minder as openbare leuens is wat die goeie naam van mense nie verdedig of bevorder nie, maar deur die modder sleep. Nog erger, hulle veroorloof hulle om te doen wat net die lewende God kan doen, en dit is om ander tot die hel te verdoem, soos Louw weer onlangs met Len Sweet gedoen het.
Nelus Niemandt se geloof en oortuigings
Van die leuens en halwe waarhede wat oor my verkondig word, is byvoorbeeld dat ek vaag is oor wat ek glo. Hoewel ek herhaalde kere doen wat ons van lidmate verwag, naamlik om te getuig van die feit dat ek gereeld my geloof bely, ook in die erdiens in die gemeente waaraan ek behoort, weier hulle eenvoudig om dit te aanvaar. Onlangs weer eis Louw dat ek my geloof bely. Hoewel ek hom reeds vroeër geantwoord het dat ek dit gereeld in die gemeente doen en steeds staan by my legitimasie-verklaring, sê Louw “maar die voor die hand liggende antwoord is dalk hy dalk bang is omdat hy weet dat hy nie meer die belydenisskrifte ondersteun nie.” Hulle eis dat ek my geloof bely op die wyse wat hulle voorskryf, naamlik dat ek hulle valse voorstelling van sekere skrywers sal ondersteun.
Om my geloof te bely, beteken vir hulle dus dat ek presies saam met hulle definisie van regsinnigheid stem. Dit is hoekom ek konstant weier om Wynand Louw se liefdelose vrae te antwoord. Ek weier ook om toe te gee aan sy inkwisissie-agtige vervolgingstyl omdat ek daardeur ’n voorbeeld wil stel dat hulle verstaan van geloof nie die enigste is en hulle toets van geloof beslis nie korrek is nie. Ek het al herhaalde kere gestel dat ek my hou by my legitimasie-eed, maar hulle eis dan dat ek die belydenisskrifte verstaan soos hulle dit verstaan en op ’n lys vrae antwoord wat hulle interpretasie steun. G’n wonder ander gespreksgenote, soos Barend Nel, vang Wynand Louw uit nie. Barend Nel skryf : “Lyk nie of jy gesprek voer nie, lyk eerder na ’n interrogation” En jy bevestig dit met “Ongelukkig is jy reg, ek voer nie daardie tipe gesprek nie.” Die soort gesprek wat ek met jou sou kon voer beskou jy as infantilisme (en vir ons kinders se onthalwe noem jy dat dit kinderagtig beteken). Ek is nie bereid om met jou ’n gesprek te voer op jou voorwaardes en volgens jou reëls, onderworpe aan jou interpretasies nie.”
Die tweede leuen is die manier waarop hulle omgaan met die gewilde fokuspunte van hulle kruisvaart, soos bv. Rob Bell en Len Sweet. Ek het die moeite gedoen om, sover moontlik, al die boeke van hierdie persone te lees en het baie van hulle persoonlik leer ken. Ek het baie akademici en ander kenners van missionêre bewegings geraadpleeg om die skrywers se teologie en plek in die teologie te probeer verstaan. Ek stel ondubbelsinnig dat die beeld wat die afgelope tyd geskep is, nie die waarheid is nie. Om ’n enkele voorbeeld te noem – Wynand Louw se hantering van Bell en ander lede van Emerging kerke in terme van die Islam is so kwaadwillig dat dit my asem wegslaan. Sy uiteindelike gevolkgtrekking dat die NG Kerk dan netsowel imams kan beroep as predikante, is gelaai met diep emosie en bereken om godsdienstige verskille te gebruik om sy swak arumente te staaf. Dit is aanstootlik. Ek dink dit is presies die soort verdraaiing van die waarheid waarteen die kategismus waarsku.
Ek het al gewonder of ek gereeld aanhalings van die persone wat so verdag gemaak word moet plaas. Die beste is dat lesers en deelnemers maar die boeke gaan lees, iets wat Louw en ander duidelik nie gedoen het nie. Indien hulle wel die boeke gelees het, is ek verbaas dat hulle dan nie die volle waarheid vertel nie. Kom ek volstaan met ’n enkele aanhaling uit een van Len Sweet se nuwe boeke Nudge : ‘In short, the gospel is the good news that Jesus is the Way – in a world that has lost its way and where there seems to be no way; Jesus is the Truth – in a culture of lies where deceit is king; and Jesus is the life – in a world full of evangelist of death’. Tewens, daar is verskeie akademici wat, na navorsing oor die Emerging church, die mening toegedaan is dat die oorwig mense in die beweging nie ’n relatiewe waarheidsbegrip voorstaan nie en die gesag van die Bybel aanvaar. Ek was al in etlike eredienste in sulke kerke, en kan getuig dat die Skrif geglo, met erns hanteer en uitgelê word.
Die derde leuen wat hulle herhaal is dat ek swyg oor geloofsake. Ek skryf gereeld in die Kerkbode en ook in Beeld. Daar kan my standpunte duidelik gehoor word. Rapport en ander koerante vra gereeld na my mening en rapporteer daaroor. Ek reageer van tyd tot tyd op sosiale media soos Facebook en Twitter en spreek my duidelik uit oor sake wat die gereformeerde identiteit van die NG Kerk raak. Die NG Kerk se moderatuur reik gereeld verklarings oor aktuele sake uit – wat ek uiteraard volledig ondersteun. Die Algemene Sinode is duidelik oor die NG Kerk se verstaan van gereformeerde geloof. Die belydsdokument oor Gereformeerde Identiteit verduidelik dit in helder terme. Ek onderskyf dit van harte. As Louw en andere dus wil weet hoe ek dink en wat ek onder gereformeerde geloof verstaan, kan hulle maar net na die NG Kerk se standpunte hieroor kyk – en weet dat dit is waar ek ook staan!
Ek kan later meer uit die dokument aanhaal, maar dit is beskikbaar by http://www.rimpels.co.za/dokumente/Rimpel%20Artikel%2019.pdf Kom ek volstaan vandag met en betuig my hartlike instemming met die dokument, en gebruik as voorbeeld die eerste stelling in die besluite oor gereformeerde identiteit: ‘Vir die gelowige gaan dit in die eerste plek oor ’n gerigtheid op God. Die eerste woord wanneer ons oor die NG Kerk se identiteit praat, kan nie “gereformeerd” wees nie. Ons is nie in die eerste plek “gereformeerdes” nie. In die eerste plek is ons ”Christene”, mense wat aan God behoort. Die strewe is nie allereers om “Gereformeerd” te wees nie, maar om Christelik te wees. Daarom praat Calvyn in sy Institusie nie van die Gereformeerde geloof nie, maar van die Christelike geloof. Calvyn sou in elk geval nie die begrip gereformeerd kon gebruik het nie. Die latynse frase coram Deo (voor God) beskryf in ’n neutedop dit waaroor dit vir gereformeerdes gaan. Die lewe van ’n Christen is ’n lewe voor God. ’n Lewe gerig op God.
Ek is tuis in die bekende 4 ‘solas’ van die gereformeerde tradisie:
- Teenoor die tradisie soos vasgelê in leeruitsprake en kerklike beheer oor die uitleg van die evangelie, en teenoor natuurlike kennis van God, staan sola scriptura (net die Skrif).
- Teenoor bemiddeling deur die priesteramp, staan solus Christus (net Christus).
- Teenoor enige natuurlike grond waarop God ons sou red, staan sola gratia (genade alleen).
- Teenoor enige vorm van goeie werke om jou vir God aanvaarbaar te maak, staan sola fide (geloof alleen).
Ek vereenselwig my ook heelhartig met die Algemene Sinode se volgende stelling: ‘Hulle (die 4 solas) moet derhalwe telkens kontekstueel hersien word. Dit gee uitdrukking aan die leuse van die Reformasie dat ons altyd weer volgens die Skrifte moet reformeer (semper reformanda). ’n Verstokte Gereformeerde kerk is ’n kontradiksie in terme.
’n Saak wat gereeld aan die orde kom, is die wyse waarop belydenisskrifte verstaan word. Hier haal ek weer met vrymoedig aan uit die NG Kerk se verstaan van Gereformeerde ideniteit:
‘Die NG Kerk besef dat die belydenisskrifte historiese dokumente is wat op meer as een manier die merktekens van die tyd waarin hulle ontstaan het, vertoon. Dié feit kan vir sommige in die kerk ’n struikelblok wees om hulle in die huidige omstandighede heelhartig te onderskryf. Tog is die erkenning van die historiese aard van die belydenisskrifte nie iets wat die gesag daarvan ondermyn nie. Trouens, ons aanvaar dan dat dieselfde verstaanreël vir die Bybel geld. Hoe dan nou anders met die Belydenisskrifte. Juis omdat die kontekstuele verstaan van die Bybel so belangrik is, is die Gereformeerde tradisie die enigste een waarin belydenisskrifte voorkom. Dis kerklike dokumente wat die kernwaarheid van die evangelie op gegewe momente uitspreek om die Bybel so te beaam en versterk. Die Drie Formuliere van Eenheid kom uit die Nederlandse Gereformeerde wêreld en in Suid-Afrika is die Belydenis van Belhar in 1986 as vierde belydenisskrif van die destydse NGSK (nou die VGKSA) aanvaar. Daar is talle voorbeelde in ons geskiedenis van nuwe geloofsverklarings en belydenisse om dwalinge te bestry en die evangelie vars te laat klink in veranderde omstandighede.’
Ten slotte: vir my is die eerste hoeksteen waarop geestelike groei bou, die feit dat God ons onvoorwaardelik liefhet. As dit nie ons vertrekpunt is nie, stort alles in duie. Ons kan net ons diepste menswees uitleef, ten goede transformeer en die lewe in die volheid daarvan ervaar en vier as ons aansluit by die Drie-enige God se verlossende werk in hierdie wêreld. Christenskap is die ervaring van en lewe uit God se onvoorwaardelike liefde.
Dit is ook nie nodig om die persone wat my ken te oortuig van die opregtigheid en of regsinnigheid van my geloof nie. Ek twyfel of die persone wat daarop uit is om onmin te saai in elk geval hoegenaamd oortuigbaar is en selfs belangstel in wat ek glo.
Die Emerging Church
Die Emerging Church word in soveel woorde as iets van die duiwel beskryf, erger as ander godsdienste en ’n liberale dwaling wat nie werd is om Christene genoem te word nie.
Ek reageer na aanleiding van my eie navorsing oor hierdie kerke, ander teoloë en veral missioloë se evaluering, besoeke aan die gemeentes en onderhoude met skrywers en leiers in hierdie kerke in Suid-Afrika, die VSA, die Verenigde Koninkryk en Nederland. Dit is nie my taak om vir die kerke in die bres te tree nie. Ek doen dit om, in die woorde van die Kategismus, hulle eer te beskerm. Tewens, ek is diep dankbaar dat die meeste gesprekke in Afrikaans is en nie deur die betrokkenes gelees word nie – ek skaam my dat NG lidmate hulle aan sulke taal skuldig maak.
Gebruike in die Emerging Churches
Ek dink die kerke kan die beste verstaan word in die lig van hulle gewoontes en gebruike (wat die etos of karakter van die kerke uitmaak). In navorsing wat pas aan Princeton in die VSA gedoen is, en waar in gemeentes ondersoek gedoen is en lidmate self gevra is wat hulle ervaring is, word die volgende genoem:
- Die een uitstaande kenmerk en gebruik, is die gereelde viering van die Nagmaal. In baie van die kerke word dit weekliks gevier.
- Informele eredienste met ’n sterk klem op kreatiwiteit en kunste. Die preek staan steeds sentraal in die eredienste, maar word sterk aangevul deur ander liturgiese elemente en ’n hoë vlak van deelname deur lidmate.
- Sterk klem op die gemeenskap van gelowiges en deelname deur alle gelowiges aan die gemeentelewe. Dit gaan saam met ’n sterk fokus op die amp van gelowiges.
- Die kerke sluit sterk by tegnologiese ontwikkelings aan en gebruik nuwe tegnologieë.
- ’n Hoë premie op gasvryheid teenoor vreemdelinge.
- ’n Sterk fokus op spiritualiteit. Baie van die skrywers het ook boeke oor spiritualiteit geskryf en hulle sluit veral aan by die ou kerkvaders. Om net enkele voorbeelde te noem: Brian McLaren in Naked Spirituality: A Life with God in 12 Simple Words, Tony Jones in The sacred way, Leonard Sweet met sy bekende retraits, wat hy ‘advances’noem, Ron Martoia in The Bible as Improv.
Wie is hulle?
Die beweging is nie ’n kerverband nie, eerder ’n beweging. Daar is nie ’n vaste belydenisskrif of teologie wat vir alle gemeentes geld nie, wat tot gevolg het dat daar soms baie onsekerheid is oor hulle standpunte – ’n kwessie wat liederlik uitgebuit word wanneer Louw en andere hulle eie beeld skep van wat die gemeenskaplike oortuigings dan kwansuis sou wees. Daar is baie onderlinge verskille – so verskil Leonard Sweet baie van Brian McLaren, en Sweet het homself duidelik van die beweging gedistansieer. (Lees ook sy eie antwoord http://www.leonardsweet.com/response.php)
In die VSA is daar ’n verskeidenheid van kerke wat huleself as ‘emerging’ beskou, en nog ander wat sommer bygereken word, terwyl party selfs eksplisiet stel dat hulle nie deel van die beweging is nie. Die meeste van hierdie kerke se leiers kom uit ’n sterk ‘Evangelical’ agtergrond.
In Die VK is dit veral die sg. ‘Fresh Expressions of Church’ van die Anglikaanse en United Church. Hulle stel hulle waardes as die volgende: (1) Fokus op die Drie-enige God (2) Fokus op Christus se menswording (inkarnasie) en die kerk wat die Evangelie dan in elke konteks toepaslik moet maak (3) die kerk transformeer sigself en die gemeenskap waarbinne die kerk leef deur die krag van die Evangelie en die Gees (4) die kerk moet dissipels maak (5) klem op verhoudings .
Daar is ’n hele aantal kerke in Nederland wat die Christelike geloof in ’n postmoderne konteks verwoord en wat as deel van hierdie beweging beskou sou kon word, of trekke daarvan het. Van hierdie kerke is kerkplantings van baie konserwatiewe gereformeerde kerke.
Emerging kerke word verder oor die hele wêreld aangetref.
Wat is hulle invloed in SA en op die NG Kerk?
Ek is nie seker hoe wyd outeurs in hierdie beweging in SA gelees word nie.
Ek is van mening dat hulle invloed op die NG Kerk in veral die volgende sigbaar is:
- Hulle is, soos baie ander gemeentes in SA, oortuig dat die kerk as ’n missionale beweging verstaan word.
- In jeugwerk, veral deur die kreatiewe videos van Rob Bell (Nooma) (Rob Bell word nie deur almal as deel van die ‘Emerging Church’ beskou nie en het self geen formele bande nie). Ek het sekerlik die meeste van hierdie videos gesien en oordeel baie positief daaroor. Dit bring belangrike geloofsake op ’n verstaanbare manier jongmense tuis.
- In die gebruik van sosiale media in diens van die Evangelie.
- In die oplewing in die waardering vir kreatiwiteit en kunste in eredienste.
- In die poging van party NG Gemeentes om die Evangelie te laat tuiskom (inkarneer) in ’n postmoderne wêreld.
- Hulle dien ook as ondersteuning vir die groeiende fokus op die belang van die Koninkryk van God. Ek dink egter ook iemand soos bv. Johan Heyns het al lankal hierdie fokus gelê en die gerieflike aansluiting by die Koninkryksteologie lê waarskynlik in die Gereformeerde DNA van die NG Kerk.
- In hulle fokus op spiritualiteit en die waardering vir die kerklike tradisie en veral die vroeë Christelike kerk.
Wat waardeer ek van die Emerging Church?
Persoonlik waardeer ek die volgende van die ‘Emerging Church’, soos ook in my boek ‘Nuwe drome vir nuwe werklikhede’ beskryf:
- Hulle sterk identifikasie met die lewe van Jesus Christus en sterk fokus op die Koninkryk van God.
- Die feit dat hulle nie geneë is met die skeiding tussen geestelike en fisiese aspekte van geloof nie en die gewone alledaagse lewe wil transformeer.
- Die klem op onderlinge kerklike gemeenskap.
- Die openheid en gasvryheid teenoor vreemdelinge.
- Die feit dat hulle goed wil doen aan almal sonder om iets terug te verwag. Dit laat my dink aan Miroslav Volf wat gesê het ‘it is not about doing good, it is about living goodness’.
- Hulle vermoë om gewone lidmate betrokke te kry en die klem op die amp van die gelowige.
- Die klem op kreatiwiteit.
- Hulle verstaan van kerklike leierskap.
- Hulle gebruik van antieke geloofswaarhede op ’n byderwetse manier.
Sedert daardie boek verskyn het, het ek ook die kerke nog beter leer ken, en ek voeg die volgende by as aspekte wat ek waardeer:
- Die klem op ’n diep geestelike lewe en geloofsgewoontes soos lectio Divina en kontemplatiewe gebed.
- Hulle evangeliese passie om die goeie nuus aan postmoderne mense te bring.
- Op ’n persoonlike vlak – ek het omtrent al die bekende leiers in die kerke al persoonlik ontmoet, saam met hulle gebid en seminare bygewoon en aan huis gekuier – en ek waardeer hulle diep geloof en egte Christelike liefde. Scot McKnight beskryf dit as volg: ‘A fundamental conviction of the EM is the gospel should be lived out—proclaimed and performed—by a local community in a way that fits the local context.’ Ek getuig dat dit ook my ervaring is.
- Hulle klem op die missionale aard van die kerk. Dit beteken vir hulle dat die Evangelie uitgeleef word. Soos van hulle dit stel – ‘The gospel is performed as well as proclaimed.’ Ek dink dit is waarskynlik die beste manier om hulle te verstaan – as ’n postmoderne uitdrukking van missionale kerk.
- Hulle diep verdraagsaamheid – ook teenoor diegene wat onregverdig halwe waarhede oor hulle versprei.
Waaroor verskil ek?
Soos met byna elke skrywer, stem mens selde saam met alles wat iemand sê. Daar is ’n magdom boeke van skrywers wat deel van hierdie beweging is, en elkeen regverdig sekerlik kritiese gesprek en teologiese onderskeiding. Ek is oortuig dat die meeste NG predikante wat hierdie boeke lees, dit ook op ’n onderskeidende wyse lees en met aspekte saamstem en van ander aspekte verskil.
Ek verskil byvoorbeeld van die negatiewe siening van denominasies van Tony Jones.
Ek verskil van meeste van hulle se siening van die doop (dit is meestal ’n geval dat hulle nie die kinderdoop voorstaan nie, behalwe in die geval van ‘Fresh Expressions’).
Ek verskil van Rob Bell (as hy dan hier gereken moet word) se sagte siening van God se oordeel en geregtigheid.
Ek verskil van die gebrek aan of lae waarde aan ’n verbondsteologie by bv. McLaren. In ’n hele aantal van sy boeke neig sy teologie ook na ’n ‘social gospel’, en hoewel sy ‘Generous Ortodoxy’ waardering vir ander tradisies uitspreek, kan die evangeliese kant van die Christendom meer tereg kom. Dalk het dit te doene met die feit dat hulle baie besig is met die 4 Evangelies, maar nie baie sterk nadink oor bv. Paulus en Paulus se rol in die vroeë Christelike kerk nie.
Daar is baie skrywers wat hulle besig hou met die vraag wie gered word en wie nie, wie ‘in’ en wie’ uit’ is. Ek dink die Emerging beweging kan baie meer klem lê op die unieke verhaal van Jesus Christus en om die storie van God se verbondstrou te vertel en mense in te nooi in God se storie deur ’n keuse te maak om Christus te volg.
Ek dink die meeste Emerging Churches is nog te middelklas na bo-middelklas en toon ’n gebrek aan diversiteit.
’n Beweging aan die rand van die kerk, maar dalk sterker in die toekoms
’n Nederlandse boek oor missiologie maak die opmerking dat die Emerging Church ’n marginale beweging in die kantlyne van die verhaal van die kerk is, maar dat dit dalk net eendag die boek van Christendom kan wees. Dalk groei en reformeer hulle in daardie rigting.
(Lees gerus ook Scot McKnight se nugtere evaluasie van die beweging by
http://postmodernbible.blogs.com/
postmodernbible/files/0602FutureorFad.pdf)
Kommentare
Stefan Coetzer
’n Deeglike, weloorwoë antwoord wat respek waardig is. Hierdie sinsnede staan uit: “Dit is duidelik dat hulle nie eintlik besorgd is oor my geloof en geloofswelsyn nie. Dit gaan om hulle eie ideologie.”
Kolskoot. Ek as buitestaander ervaar dit presies net so. Die brandende vraag is of Wynand en sy ketterkoor soveel aandag verdien.
Lourens Oosthuizen
Gelees. Dankie. 🙂
Ralph Barnard
‘n Duidelike uiteensetting wat getuig van integriteit en diep teologiese vaardigheid.
Johan Van Den Heever
Nelus – Amen.
Hanno Langenhoven
Dankie Prof, geniet om dit te lees
Wynand Louw
Prof Niemandt, baie dankie vir die lang brief.
Ek waardeer dit! Dit is duidelik redelik volledig en gedetaileerd.
Ek gaan dit bestudeer en so gou moontlik respons lewer (Dit mag ’n dag of drie neem).
Groete
Wynand Louw
Kerkbode
Wynand Louw jou vrae is behoorlik beantwoord. Die kwaadwillige manier waarop jy en ’n paar ander telkens poog om die forum te kaap om kwaadwillige gerugte te versprei moet nou end kry. Jy hoef dus nie hier daarop te reageer nie.
Marius Greeff
Ek is al so moeg om na hierdie aanvalle te luister, in koerante, oor die radio, in vergaderings, terwyl die betrokkenes nooit daar is om hulle te verdedig nie. Jammer dat dit (te) dikwels ’n styl in die kerk is, wat die kerk juis meer skade doen as help. Dankie Nelus.
Albert Cruywagen
Mooi so, Nelus. Baie dankie vir die absolute duidelikmaking.
Renier Lourens
Dankie Prof. Dit is inderdaad so dat meeste predikante wyd lees en wel krities, vanuit die agtergrond van goeie opleiding in die gereformeerde leer, soos tans verskaf word aan die teologiese fakulteite van die NGK.
Stefaan de Jager
Renier, dalk moet jy net weer dink of jy nie die “in die gereformeerde leer” in jou sin hierbo moet uitlaat nie.
Albert Cruywagen
Hiermee roep alle regdenkendes op om saam te staan om hierdie absolute liefdelose, verwerplike, leuenagtige verdagmakery met mag teen te staan. Die fakulteit is besig met egte gereformeerde opleiding – en die NGK en NHK is heeltemaal tevrede daarmee.
Wynand Du Plessis
Alhoewel ek wonder hoekom mense soos Wynand Louw-hulle, wat net hulle eie selfopgelegte belangrikheid voorhou en najaag, so ’n duidelike en weldeurdagte antwoord verdien, is ek dankbaar vir Prof. Nelus se skrywe, en het ek totale rus en sekerheid in die NGK se leierskorps en toekoms. Baie dankie Prof!
Hennie Mouton (hierdie hele kommentaar is deur Kerkbode verwyder)
NN = Nelus Niemandt
Kerkbode se laaste reaksie wys net hoe onbillik en bevooroordeeld hulle is. Verbeel jou, hulle wil Wynand nie eers toelaat om te antwoord nie! Watter swak beeld van die NG Kerk se “regstelsel” is dit nie?
My voorlopige reaksie op Nelus se skrywe is in [blokhakies] hieronder.
NN skryf: Die suggestie is dat die NG Kerk in hierdie gedaante nie meer barmshartigheidswerk doen nie.
[Waar het die skuldiges volgens Nelus dit gesê of gesuggereer?]
NN skryf: … hulle soek na geleentheid om my “uit te vang” en dan uit te lewer.
[Die reaksies op Nelus se verwysing hieronder na Leonard Sweet se verklaring wys dat hierdie stelling van hom onwaar is.]
NN skryf: Ek antwoord graag hoekom ek nie op Louw se vrae antwoord nie.
[Maar Adri-Louise van Renen het by herhaling gesê dat Nelus al Wynand se vrae gaan beantwoord!]
NN skryf: … ’n blantante leuen wat Louw verkondig dat ek dit doen omdat ek nie meer die NG Kerk se belydenisskrifte onderskryf nie.
[Nelus laat hier die belangrike woord “dalk” in Wynand se skrywe uit – kyk ondertoe in Nelus se eie skrywe waar hy vir Wynand aanhaal.]
NN skryf: Daar word vals getuienis oor mense afgelê. Dit is duidelik ’n kwaadstekery. Mense word onverhoord veroordeel. Woorde word verdraai. My en ander se goeie naam en eer word aangetas.
[Die vraag is hoeveel valse getuienis lê Nelus hier af oor Wynand Louw en die “hulle” waarna hy verwys. Is sy verklaring van “kwaadstekery” nie juis onverhoorde veroordeling nie? Is Nelus se weglating van die woord “dalk” hierbo genoem nie ’n voorbeeld van verdraaiing van Wynand se woorde nie?]
NN skryf: Dit is egter kenmerkend van die lyn van die argumente – hulle haal die feit dat ek na so ’n skrywer verwys het aan, koppel dit aan ’n ander stelling van so ’n skrywer en gee dan voor dat ek volledig alle standpunte van die ander persoon ondersteun.
[Tenminste is hierdie ’n verdraaiing van die waarheid ten opsigte van sommige van die “hulle” waarna Nelus waarskynlik verwys. So byvoorbeeld is die volgende aan Nelus by herhaling gevra op facebook tydens die laaste sinodesitting, maar hy het nooit daarop geantwoord nie, al het hy aan die spesifieke draad deelgeneem. Let op die reuse verskil tussen Nelus se verwysing na “volledig alle standpunte … ondersteun” en “distansieer … op hierdie kritieke saak ”:
En dit sluit geweldig nou aan by Nelus se groot aanhang van die sogenaamde ontluikende kerk-beweging. Kan Nelus nog verklaar dat Christus die enigste weg tot saligheid is en dat die Christelike geloof die enigste ware geloof is? En as hy kan, waaroor ons baie bly sal wees, hoekom distansieer hy hom nie van die talle bekende ontluikendes wat hy graag na verwys, op hierdie kritieke saak nie? Dr. Fanie Cronjé het op die diversiteitsforum geskryf: “Die vroeër/heersende wyse van Christen wees meen dat net Christene die ewige lewe beërwe. Die opkomende/ontluikende wyse van Christen wees meen die christelike geloof kan nie daarop aanspraak maak dit die enigste ware geloof is nie.” Waar staan Nelus en die Algemene Sinode betreffende hierdie saak?]
NN skryf: Nog erger, hulle veroorloof hulle om te doen wat net die lewende God kan doen, en dit is om ander tot die hel te verdoem, soos Louw weer onlangs met Len Sweet gedoen het.
[Sweet het al baie verwarrende uitsprake gemaak. Wynand se laaste skrywes oor Sweet, na aanleiding van kommentaar wat Nelus op facebook/kerkbode geplaas het, was die volgende:
“Ek het my blog pos waarin ek Sweet aanhaal ge-edit om die artikel te verreken: http://hierstaanek.com/”
Nog ’n reaksie van een van die “hulle” waarna Nelus waarskynlik verwys, op sy genoemde kommentaar was onderstaande. Let daarop dat die laaste sin hieronder juis ’n poging tot oplossing van hierdie spesifieke probleem was, maar Nelus het eenvoudig nie daarop gereageer nie:
“Dankie Nelus, vir jou verwysing na
http://www.leonardsweet.com/response.php.
Wat jy hierbo aangehaal het uit sy stuk, beantwoord heelwat vrae oor hom en ‘New Age’.
Hier is nog ’n paar belangrike stukke uit sy skrywe:
‘By quoting and referencing people outside the faith, I am doing nothing more than Peter, Paul and Jesus himself did. Paul circumcised Timothy and made a vow in the temple. Some Christians could have easily interpreted these actions as proof that Paul was a legalist. But he was simply being “a Jew to the Jew,” speaking their language to get their hearing, yet not compromising the gospel at the same time.’
‘yet not compromising the gospel at the same time’ is uiters belangrik, en is ongelukkig dit wat baie NG-teoloë (predikante ingesluit) duidelik nie regkry nie. Enigeen wat hierop glip, begin ’n vreemde evangelie verkondig. Leonard Sweet wys byvoorbeeld uit hoe so ’n vreemde evangelie by die ontluikendes (“emergents”) gevind word. Kyk hoe distansieer hy hom van hulle:
‘It is doubly ironic that I am under attack for being Emergent or a leader in the “emerging church” movement when I am known in emerging church circles as one of its severest critics. In fact, four years ago Relevant Magazine hosted and published a conversation between Brian McLaren, Tony Jones and myself where my “Include Me Out” critiques of the “emerging church” were aired and discussed, RELEVANT Issue #21 (July/August 2006) In panel discussions I have looked Brian McLaren in the eyes and lamented “The Unbearable Wrongness of Brian.” The gospel is not simply about “principles of justice” but the person of Jesus, the very Son of God, born of the virgin Mary, who came to die for our sins, descended into hell, rose again on the third day, and is now seated with the Father while he lives his resurrection life in and through us by the power of the Spirit. I elaborate this more in the book I co-wrote with Frank Viola, The Jesus Manifesto (2010). If wanting to be a “Jesus manifest” is what it means to be “mystical,” then I plead guilty. For I do believe in the present tense of Jesus: I do believe that “Christ is Alive!” I do believe that “We Serve a Risen Savior.” I do believe that “He’s in the world today.”
I can still call Brian McLaren (and others) my friends while critiquing their theology. The “emerging church” is a young movement grown old very quickly because . ..
* It is prone to cause political ruckus when it should be rocking the world for Christ;
* It is missing a hunger and longing for the salvation of others, a passion for others to fall in love with Jesus and the sense that there are things at stake here that have both earthly and eternal consequences . . .
* It appears more and more to be a new evangelical form of the old 70s liberation theology;
* It makes the mistake of separating the Person of Jesus from His teachings;
* It deconstructs everything, including the historic creeds of the church and the divine inspiration of the entire biblical canon;
* It revels in spreading doubt more than faith.’
Nelus, as jy en ander teoloë/predikante wat in die verlede baie ontluikende geluide gemaak het, julle kan vereenselwig met hierdie uitsprake van Leonard Sweet, sal dit baie van ons vrae beantwoord. En ek glo dit sal tot God se eer en tot die NG Kerk se seën wees.”]
NN skryf:
Waaroor verskil ek?
Soos met byna elke skrywer, stem mens selde saam met alles wat iemand sê. Daar is ’n magdom boeke van skrywers wat deel van hierdie beweging is, en elkeen regverdig sekerlik kritiese gesprek en teologiese onderskeiding. Ek is oortuig dat die meeste NG predikante wat hierdie boeke lees, dit ook op ’n onderskeidende wyse lees en met aspekte saamstem en van ander aspekte verskil.
…
[Die tragedie van hierdie antwoord van Nelus oor waaroor hy verskil van die ontluikende kerkbeweging is dat hy nou eers daarmee uitkom. In hierdie antwoord van hom is daar beslis baie sake waaroor Wynand en ander met hom sinvol sou kon gesels het, dink ek, maar sy stilswye tot op hierdie stadium het alles ongelukkig laat eskaleer tot op die punt waar dit nou is. Skrywes kan verkeerd verstaan word, maar dan is dit tog billik om deur middel van vrae daaroor sekerheid te kry. Nelus se baie laat reaksie nou eers, en dan eers in die openbaar nadat Wynand baie dinge eers persoonlik met hom probeer uitklaar het, is baie jammer.]
Kerkbode
Hennie Mouton dieselfde antwoord aan Wynand Louw hierbo geld vir jou ook. Kerkbode is meer as bereid om billike oop gesprek toe te laat. Kerkbode is egter nie bereid dat die ruimte wat hy daarstel deur enige faksie misbruik word om hulle persoonlike vendettas te voer nie. Daarvoor kan julle gebruik maak van julle eie forums. Dit geld vir almal wat hier deelneem hetsy aan watter kant van die spektrum hy of sy is.
Bennie Cilliers
Dankie vir ’n pragtige uiteensetting..
Hennie Mouton
Kerkbode het my ordentlike antwoorde op Nelus se beskuldigings hier verwyder. Hulle gaan dus Wynand Louw se beplande antwoorde waarskynlik ook verwyder. Die speelveld is inderdaad uiters ongebalanseerd. Die NG Kerk skiet haarself hiermee al meer in die voet.
Ben du Toit
Dankie, Nelus Niemandt, vir jou uitvoerige artikel wat talle kritieke sake aanspreek (ook ons verstaan van die belydenisskrifte) en veral die aanhaling van Sondag 43 oor valse getuienis. Wynand Louw se valse leuengees sit sigself voort in vandag se Rapport waar hy (weereens – ai tog!) my boek (God? Geloof in ’n Postmoderne Tyd) beet het met die een wanvoorstelling na nie ander. Die toppunt vandag is dat ek geen probleem sou hê met ’n bloot simboliese siening van die opstanding nie, terwyl ek aan geen ander deel van die geloofartikels in hierdie boek meer tyd wy om juis die historisiteit daarvan te verdedig nie.
Barend Nel
Ek sal hierdie stuk uitknip en bêre om later weer te lees. Dankie Nelus vir die moeite wat jy gedoen het, om nie net jouself te verdedig nie, maar sommer vir ons ’n mooi samevatting te gee van waaroor die sogenaamde “ontluikende kerk” wat deesdae in elke tweede gesprek opduik, gaan.
Albert Cruywagen
Hennie en kie: Jy en jou gelykdenkendes het die speelveld omgeploeg met ’n bull dozer. Julle tirades is nou onwelkom. Die speelveld is nou eers weer gelyk. Groete.
Henrietta Klaasing
Die speelveld is inderdaad uiters ongelyk soos jy sê Hennie, nie net hier nie, maar op ander plekke ook waar lidmate van die NG Kerk soos ek en jy, VERONDERSTEL is om spraakvryheid te hê. Vreemd dat mense van ander denominasies of selfs géén denominasie, meer ruimte het as die kerk se eie lidmate.
Ben du Toit
Hoeveel sakke vere wat Wynand Louw oor die afgelope maande oor ons (en per implikasie die NG Kerk) in die openbaar uitgeskud het – en wat duidelik deur ’n klompie ander vurig geglo en ondersteun word, wil hy nou nog uitskud? Hy en sy meedoeners misbruik so die NG Kerk se sosiale media – blatant en skaamteloos. ’n Verdere gesprek hier met hom het geen sin nie. Hy is al ver oor die grens van laster. My aanbod tot gesprek met hom het hy bloot verwerp deur (net soos my jou) eers die eise te stel vir so ’n gesprek. Mens verstom jou tot sprakeloosheid oor sulke skaamtelose arrogansie. Indien hy hier verder gaan reageer: Ek reageer nie weer in die openbaar op hom nie. Punt.
Albert Cruywagen
Henrietta: Jy is een van diegene wie se bedenklike aanvalle onwelkom is. Julle oortree die grense van spraakvryheid. Gebruik liewer julle eie forums.
Michelle Coetsee
Neé VRooyen Ek het begrip ,waardering en respek vir prof Niemandt se repliek!In hierdie lewe sal daar altyd kritiek wees.Dit sal egter goed wees as Koninkrykkinders anders lewe m.a.w liefdevol en onbevange opsoek na God se wil.Sy heilige aard moet ook gerespekteer word.
Henrietta Klaasing
Albert jy sê: “Henrietta: Jy is een van diegene wie se bedenklike aanvalle onwelkom is. Julle oortree die grense van spraakvryheid.”
Ek sou graag wou weet waar ek ’n “bedenklike aanval” teen enig iemand persoonlik gemik het, en ook waar ek die grense van spraakvryheid oortree het.
Oor jou “Gebruik liewer julle eie forums.” – – as aktiewe, meelewende NG-lidmaat is hierdie nie ook “my” forum nie?
Ben du Toit
Baie goed geformuleer, Jean Oosthuizen, ek steun jou hierin ook wat die ander sosiale media van die NG Kerk aan betref.
Pierre Grigor
Dis dikwels in tye van aanvegting en verdagmakery dat leierskap getoets en werklik gevestig word. Dis vir my as eertydse NG predikant lekker om te sien dat die Moderator nie terugdeins vir enige aanslag nie en veral die deeglike wyse waarop dit gedoen is toon diepe integriteit. Dit was lekker om te lees Nelus.
Albert Cruywagen
Ek luister Sondag-oggende op RSG na Johan van Rensburg se vreeslike ordentlike aanval op die emerging kerk. Dalk kan die NGK daarop reageer.
Ben du Toit
Albert, ek het die moderatuur al hierop attend gemaak. Dalk gebeur daar tydens die ASM se sitting hierdie week iets in hierdie verband.
Philip du Toit
Albert. Ek hou ook baie van Prof. van Rensburg se benadering en deel grotendeels sy standpunte. Ek sou graag wou sien dat die gesprek oor hierdie belangrike sake moet voortgaan.
Albert Cruywagen
Johan van Rensburg se idees is erg eensydig en moet beantwoord word. Hy is gelukkig aan die minderheid se kant.
Petrus Steyn
Dankie Prof Niemandt. Nou verstaan ek as “gewone” lidmaat ook hoe die leuen gebruik word om agterdog te skep deur mense wat hulself voorhou as teoloë, maar blykbaar net daarop uit is om hul eie saak te bevorder. Ek waardeer u eerlikheid en opregtheid in hierdie saak. Ek sou net graag wou by wees wanneer u met hierdie verdagmakers in ’n persoonlike gesprek tree… (maar ek dink nie hulle sal hulself so blootstel nie)
Gerhard Pietersen
Brilliant Nelus, brilliant. Hoop nie die brief het 6 weke van jou tyd opgeneem nie! Goed geformuleer.
Marius Britz
Dankie Nelus
Henk Gous
Nelus, Doen so voort! Verdagmakery is moeilik om te beveg, maar hierdie is briljant. Dit verdien wyer dekking, dalk as artikel in KB self.
Gerhard Bothma
Dit blyk dat my vroeere pos verwyder is, mr dis oukei. Dis goed dat Nelus reageer het. En dis n goeie, treffende reaksie. Dankie, Jean. Hopelik kan ons hierdie vlak van aanvalle en verdagmakery wortel en tak uitgeroei kry
Gerhard Bothma
Henrietta, jy skryf “Ek sou graag wou weet waar ek ’n “bedenklike aanval” teen enig iemand persoonlik gemik het, en ook waar ek die grense van spraakvryheid oortree het.” Moet ek uit jou plasings op die destydse Diversiteitsforum en die Gesprekforum vir Menswaardigheid gaan aanhaal?
Schalk Bornman
Sekere Pretoria teoloeë is liberale teoloeë – dis ’n feit. Die ‘Emerging churches’ konsep is ’n herlewing can die ‘social theology’ wat gewild was in die VSA vroeg in die vorige eeu. Dit het groot verdeeltheid gebring wat nooit herstel kon word nie. Dit lê klem op die hier-en-nou ten koste van ’n toekoms verwagting. Niemand moet weer dink.
Daniel Louw (verwyder deur Kerkbode)
Prof Nelus. Ek is totaal oorbluf… Ek soek na woorde om my emosie te beskryf. Wat is so moeilik om ’n paar vrae te beantwoord? Hoe lank het u aan hierdie dokument gewerk? Hoekom het u nie net Wynand se eenvoudige vrae in 10 minute geantwoord nie?
(Kyk
http://hierstaanek.com/2012/02/12/ope-brief-aan-prof-nelus-niemandt-gepos-op-facebook-12022012/
en
http://hierstaanek.com/2012/01/04/korrespondensie-met-prof-nelus-niemandt/ )
Hoekom is vrae vra gelyk aan leuens versprei? As u nie Wynand se eenvoudige vrae wil antwoord nie, neem u ons kwalik dat ons ons eie gevolgtrekkings begin maak? Hierdie dokument van u sê glad nie wat u geloofsoortuigings is nie. U sê ’n paar dinge onder “Waaroor verskil ek?”, maar dit bly steeds baie vaag.
– U sê: “Ek verskil van Rob Bell (as hy dan hier gereken moet word) se sagte siening van God se oordeel en geregtigheid.”
Maar wat glo ú oor God se oordeel? Hoe hard of hoe sag is dit?
– U sê: “Daar is baie skrywers wat hulle besig hou met die vraag wie gered word en wie nie, wie ‘in’ en wie’ uit’ is. Ek dink die Emerging beweging kan baie meer klem lê op die unieke verhaal van Jesus Christus en om die storie van God se verbondstrou te vertel en mense in te nooi in God se storie deur ’n keuse te maak om Christus te volg.”
Hoe kritiek is hierdie kwessie vir u? ’n Boekklub probeer ook lede innooi? Wat glo ú gebeur met mense wat nie ’n keuse vir Jesus maak nie?
– U sê dat ontluikendes sterk identifiseer met die lewe van Jesus Christus. Richard Branson ook, maar hy is ’n ateïs. Kyk http://www.youtube.com/watch?v=xe–92E3_fA. Naas sy ma is Jesus sy gunsteling persoon. En daar is nog baie ander. Ek dink Abel Pienaar is nog ’n voorbeeld, maar hy glo nie naastenby die NG Kerk se belydenisskrifte nie.
– U sê: “Vir die gelowige gaan dit in die eerste plek oor ’n gerigtheid op God.”
Moslems en Hindoes is ook gelowiges en sal saamstem met hierdie stelling.
– U sê “Hoewel ek herhaalde kere doen wat ons van lidmate verwag, naamlik om te getuig van die feit dat ek gereeld my geloof bely, ook in die erdiens in die gemeente waaraan ek behoort, weier hulle eenvoudig om dit te aanvaar.”
Julian Müller sê dit ook maar hy glo dit nie. Kyk Wie is Julian Müller?
Gerhard Bothma
Henrietta, jy skryf “Ek sou graag wou weet waar ek ’n “bedenklike aanval” teen enig iemand persoonlik gemik het, en ook waar ek die grense van spraakvryheid oortree het.” Moet ek uit jou plasings op die destydse Diversiteitsforum en die Gesprekforum vir Menswaardigheid gaan aanhaal?
Barend Nel
Jy raak vervelig… probeer eerder om jouself stukkend te kerf ( 1 Konings 18:27-28)
Kerkbode
Daniel Louw jy is soos enigiemand welkom om hier te verskil van standpunte. As jy egter hierdie forum ook wil gebruik of misbruik deur skakels hier te probeer plaas na jou persoonlike forum waar dieselfde halwe waarhede, verdraaiings leuens en verdagmakery voortgesit word, dan is jy op die verkeerde plek. Sulke gesprekke moet asseblief daar gevoer word.
Albert Cruywagen
Hennie: Jy verstaan nie hoe werk spraakvryheid nie.
Nelus Niemandt
Vir ’n uitstekende akademiese bespreking en insig oor navorsing oor die Emerging kerke, lees gerus Tony Jones se boek The Church is Flat. Dit gee baie agtergrond en ook insig oor die sg. ‘verhoudingsekklesiologie’ van hulle.
Nelus Niemandt
Vir die wat belangstel: Jurgen Moltmann se teologie speel nogal sterk rol in EC. ’n Stelling van Moltmann wat nogal hulle verstaan van hede en toekoms opsom is die volgende: “…the church ;ives at once remembering the past (crucifixtion) and proclaiming the future (ressurection).”
Marius de Jager
Man dit laat sommer my hare regop staan as ek sien my Moddermaker het nog wat nodig is om ’n bloedneus te piets! Wel gedaan Prof en dankie!
Nelus Niemandt
Nog ’n verdere verduiliking aan verdere perspektief te gee op die Emerging kerke se verstaan van die kerk – vir hulle is die kerk is ’n geloofsgemeenskap wat saam met Christus deelneem aan die uitspeel van God se toekoms. Die kerk is ’n verhoudingsgemeenskap en die kerk se identiteit word deur die diep verhouding met Christus bepaal en deur deelname aan Christus se sending. Daarom is die kerk nie allereers ’n gemeenskap in aanbidding nie, maar ’n gestuurde gemeenskap – en aanbidding is ’n aspek van die kerk se missionale aard.
Christo de Klerk
Oor RSG en Johann van Rensburg en die ontluikende kerke: ek het verskeie e-posse aan Flip Loots gestuur en hom op die eensydige aard van die gesprekke gewys, gesê ek stel nie belang in ’n debat met prof van Rensburg nie maar dat goeie joernalistiek vereis dat hy die anderkant van die saak ook stel. Hy is dit aan sy luisteraars verskuldig. Die versoeke het tot dusver op dowe ore geval.
Hennie Mouton
Gerhard Bothma, ek daag jou uit om te wys waar Henrietta Klaasing op jou Gespreksforum oor menswaardigheid bedenklike aanvalle op mense gedoen het.
Jy kan alles oor die betrokke gespreksforum hier gaan lees:
NGK Gespreksforum oor menswaardigheid
Hier was haar laaste plasing daar:
Henrietta Klaasing 2012-03-04
“Ons toon ons respek teenoor God in die manier waarop ons met mekaar en ander mense omgaan” – Gerhard, hierdie woorde van jou NADAT jy Jan Louw se stuk verwyder het SONDER ENIGE verduideliking is die toppunt van ironie – ek glo nie ek hoef te verduidelik nie, want dis duidelik dat ander mense dit ook insien.
Hoe dit moontlik is dat jy nie die toepaslikheid van Jan se stuk by die onderwerp kon sien nie, sal net jy weet. Jou antwoord dat sy plasing verwyder is “omdat dit niks nuuts tot die gesprek bydra nie” plaas jou verder in die verleentheid. Uit die aard van my werk kom ek gereeld in aanraking met mense wat, metafories gesproke, in ’n toestand van “slawerny” in een of ander situasie verkeer, bo en behalwe dit wat Liza so netjies uitgewys het.
NGK Gespreksforum oor menswaardigheid
www.glodiebybel.co.za
Vir elke hart wat twyfel in die gesag van God se Woord, vind sekerheid oor jou geloof. Glo die Bybel, elke woord!
Nelus Niemandt
Jammer vir vingerfoute op my klein sleutelbord!!
Daléne Joubert Flynn
Prof Nelus ek lees met agting en groot waardering u antwoord op die verdagmakers. Dan lees mens egter van die kommentaar hierop en besef mens dat u u asem mors. Hulle lees selektief en is nie bereid om te hoor of te luister nie. Dit laat mens moedeloos en uiters gefrustreerd!!!
Gerhard Pietersen
Daar is ’n verskil tussen die emerging church as ’n internasionale verskynsel wat nie noodwendig as beweging oorsaak gevolg van mekaar ontstaan het nie, en daar is die emergent village, wat meer spesifiek by Brian McLaren en Tony Jones stilstaan.
Ek dink mens moet fokus op die begrip emerging, wat ’n begrip in proses van beweging aandui. dws proponente hiervan lewer kritiek teen die bestaande institusionele kerke begin al die verandering te leef in nuwe geloofsgemeenskappe wat hul graag wil sien. die uitlewing van hierdie skuif vind in verskillende kontekste verskillend plaas, en vandaar die gedagte dat emerging eintlik nog veel meer ’n gesprek is wat oor kontinente heen gevoer word tussen die “ekperimenteeerders en eksperimente.” Dit beliggaam dus in die eerste plek ’n manier van leef in die wereld en nie noodwendig ’n manier van glo oor dinge in die wereld nie.
Scott MckKnight fokus op drie post moderne strome bv. binne die emerging beweging, ’n beweging wat vir post modernes wil bedien, wat saam met post modernes bedien en wat as post modernes wil bedien. net om bv. die kompleksiteit van die gesprek uit te lig.
Behalwe vir David Bosch se Paradigm Shifts, is Stephan Bevans en Roger Schroeder se “Constants in Contexts”, myns insiens ’n beter manier om die teologie en konteks van post moderne missiologiese bewegings te verstaan en te beoordeel.
Johann Enslin
dankie nelus–so in die kol soos altyd–moet oor hierdie en ander sake net nie moedeloos word nie–jou antwoord is n uitstekende stuk werk of is dit nou werkstuk
Theodorus Potgieter
Great!
Cobus Van Wyngaard
OK, ek moet sê ek het minder het minder tyd of lus vir die gesprek wat hiertoe aanleiding gegee het, maar vir die van ons aan die anderkant (wat van die ‘binnekant’ van die emerging gesprek af praat), dink ek is die punte van kritiek wat Nelus lys baie interessant. Wanneer Hennie en Wynand en almal se asem nou eendag op is, dan dink ek sal ons ’n interessante gesprek kan hê om van daai lys af te begin gesels. Maar right, laat almal nou maar eers klaar baklei, dan sal ek eendag wil reageer daarop.
Gerhard Bothma
Ek sien op n ander draad Wynand sê Nelus het maar op een van sy 8 vrae geantwoord en dan gaan hy weer aan en aan en aan. Sterkte, Nelus. Ek ken sy drils al teen die tyd. And so begins a journey …
Nelus,
Jy het nou moete gedoen om jou standpunt oor die ontluikende kerk te gee, maar daar is ongelukkig meer kwessies, wat op hierdie stadium nog soos ’n albatros om jou nek hang en uitklaring vra. Jy ondersteun bv die dwaalleer wat die Algemene Sinode oor die duiwel goedgekeur het. Die Sinode laat nou “ruimte vir lidmate wat dit verkies om nie aan die duiwel as ’n werklike wese te glo nie”. So het Kobus Gerber die besluit verwoord in die Kerkbode van 4 Nov 2011. Jy sluit in dieselfde Kerkbode daarby aan as jy sê dat jy “baie huiwerig (is) om aan die duiwel ’n identiteit te gee wat op ’n soort goddelike mag neerkom”. As Jesus die duiwel “die owerste van hierdie wêreld” noem, het die duiwel mos ’n identiteit en ’n soort goddelike mag of hoe? Jy weet tog ook dat die Sinode se besluit in stryd is met ons belydenisskrifte. Hoe versoen ’n leraar in die NG Kerk sulke besluite met sy legitimasie eed? Is Wynand nie reg as hy sê dat dit nie meer vir hom goed genoeg is dat ’n leraar hom beroep op sy legitimasie nie.
Kerkbode
Daar is ’n volledige uitgebreide verslag oor die Bose beskilbaar wat voor die NG Kerk se Algemene Sinode gedien het. Daardie verslag wat die besluit oor die duiwel insluit is oorweldigend deur die sinode so aanvaar. Wynand Louw se pogings om al die dominees wat ten gunste van die verslag gestem het van dwaalleer aan te kla het op niks uitgeloop nie.
@Gerhard; Dankie dat jy ons attend maak van Wynand Louw se volgehoue misbruik van die forum en voortgesette verdagsaaiery . Dit sal aandag geniet.
Jan Louw
Jammer Kerkbode, die vraag is nie aan jou gestel nie, maar Nelus. Moenie dink die moeilikheid sal sommer so weggaan, deur op die wyse die vrae wat in baie lidmate se harte leef sommer so van die tafel af te vee nie.
Frik Bosman
Baie dankie Nelus vir die lang tyd wat jy noodwendig moes bestee het om sake in perspektief te stel. Jy het jou uitmuntend van jou taak gekwyt. Ek vereenselwig my volkome daarmee. Doen so voort! Moet nie toelaat dat ongegronde aanvalle teen jou, jou aandag aftrek van die taak waarmee jy besig is nie.
Bouwe Van Der Eems
In ’n radioprogram het Jean Oosthuizen die bewering gemaak dat daar nie so iets soos absolute waarheid bestaan nie. As die absolute waarheid bestaan nie, dan kan daar ook nie ’n absolute leuen bestaan nie. Dan is dit ook nie problematies om die reels van logika te oortree en van strooipoppe gebruik te maak nie. Prof. Nelius Niemand mag dalk voel dat Wynand Louw leuens vertel het en strooipoppe gebruik, maar dit is maar net sy persoonlike gevoel, en niemand hoef daaroor opgewonde te raak nie. In die konteks kan ek glad nie verstaan waaroor al die bohaai is nie.
Jan Louw
Dankie Bouwe. Jy beskryf die situasie waarmee ons te doene het baie raak. In ’n situasie waar waarheid relatief is, is ons maar net filosofiese vriende. Die kerk is dit juis nie. Ons is ’n broederskap wat bestaan rondom die waarheid in Christus. Ek ervaar dat ons broederskap op hierdie stadium aan flarde is. Die enigste manier waarop dit reg gestel kan word is dat ons kerk se leierskap hand in eie boesem sal steek en sal erken dat hulle dwaalleringe, volgens die belydenis waaroor ons ooreengekom het, kondoneer. Iemand sal bereid moet wees om die minste te wees, anders het ons ’n onoplosbare oorlog in die familie. Wat myself betref is dit nie vir my moontlik om vrede te maak met dwaalleringe in die kerk waarin ek grootgeword het nie.
Renier Lourens
Jan Louw, daar is kerkordelike voorskrifte oor hoe om jou klagtes te lug…
Johan van der Merwe
Broederskap, nogal!
Cobus Van Wyngaard
Jan, kan jy nou vir ’n oomblik imagine watse konsternasie sit sal afgee as Nelus jou jou sin gee en sê dat hy NIE met die Algemene Sinode saamstem nie? Ek sou dink dat die Algemene Sinode ’n moderator instem wat so min of meer die sentiment van die Algemene Sinode verteenwoordig, en as daai moderator dan nou sou omdraai en skielik teen die Algemene Sinode wat hom moderator gemaak het draai, dan kan dit net tot ’n vreeslike deurmekaarspul aanleiding gee. En ek bedoel, so what as die moderator van die NG Kerk met die besluite van die NG Kerk saamstem? Ek kan nie heeltemal sien dat hy daarvoor kwalik geneem kan word nie? Ek persoonlik sal uiters teleurgesteld wees in die moderator as die moderator begin om te verdedig hoekom hy met die Algemene Sinode saamstem. Ek dink dit neem die gesprek na ’n vlak toe waar ons nie wil wees nie.
Barend Nel
Wynand Louw, Daniel Louw, Jan Louw… lanklaas ’n familie gesien wat so eendragtig beswaard is ;-))
[Jan en Daniel is pa en seun. Wynand is nie naby familie nie.]
Philip du Toit
Ek dink die enigste manier waarop wedersydse begrip en groter herbesinning kan ontstaan, is as gesprekke oor die sake ter tafel voortgaan, maar op ’n ander manier. Dit kan tog nie eindig in ’n magstryd waar een belangegroep triomfeer oor ’n ander groep, waar die een die ander stil maak, die een die ander op sy/haar plek sit en “wys wie is baas,” “wys wie is in die meerderheid,” en so meer nie. Ek dink ook nie die oplossing is dat een groep hulleself net moet “regruk” op die ander groep se terme nie. Dit gaan gewoon nie gebeur nie. Ons moet ook gesels oor die pad vorentoe. Ons kan nie verskille net van die tafel vee nie. Hoe gaan mens vorentoe?
Thabu Pienaar
Baie dankie vir hierdie. Hierdie breedvoerige antwoord, en veral die kort inligting oor die emerging churches het my net weer laat besef…..dis maklik om vinnig ’n oordeel te fel, dikwels nadat ’n mens eintlik hopeloos te min inligting oorweeg het…om dan net later embarresed te besef dat daar dalk iets te leer is by hulle. My beste “leer-ervaring” was toe ons in my M Th bloot gestel is aan “vreemde” teologie. Dit help net soveel beter om nader aan die (ontwykende) waarheid te kom…. Sulke wye lees gee soms beter waardering vir jou Gereformeerde tradisie.
Jan Louw
Gee asb raad Phillip!
Philip du Toit
Jan, ek het ’n paar idees, maar dit is tog nie in my hande nie, of hoe? Ek sal graag wil hoor wat sê die mense… (Weet nie hoekom almal nou so skieklik so stil geraak het nie?)
Barend Nel
Jan is raad-op en die res van ons is sprakeloos…
Fanus Hansen
Kerkbode, ek is nogal daarvoor dat die wat van Nelus verskil kans kry om (weer) hul standpunte te stel, gee ons kans om ’n geheelprentjie te kry van wat presies hulle probleem is. Soos wat ons die heel tyd bereid is om die ekstra myl saam met baie ander te stap, is ek bereid om die met die beswaardes hier ook te stap. Is Kerkbode en Jean Oosthuizen dieselfde mens, styl is/klink dieselfde? Nelus, baie baie mooi gestel.
Stefaan de Jager
Thbu, jy skryf: “My beste “leer-ervaring” was toe ons in my M Th bloot gestel is aan “vreemde” teologie. Dit help net soveel beter om nader aan die (ontwykende) waarheid te kom…. Sulke wye lees gee soms beter waardering vir jou Gereformeerde tradisie.” Wat maak jy nou as die dosent wat hierdie vreemde teologie aan jou voorhou nie meer krities daarna kyk en ook nie meer waardering vir die Gereformeerde tradisie het nie. Dan maak die vrot lemoen al die ander vrot. Verder is daar seker waarheid wat mens soms in `n sekere sin ontwyk, omdat die waarheid te groot is om in sy volheid te snap. Mits die fundamentele waarhede van die Skrif soos Jesus wat sê dat Hy die Waarheid is, nie as `n ontwykende waarheid deur dosente voorgestel word nie.
Daniel Louw
Philip, jy is baie optimisties!!
Jy sê: “Ek dink ook nie die oplossing is dat een groep hulleself net moet “regruk” op die ander groep se terme nie. Dit gaan gewoon nie gebeur nie.”
Dit gaan nie oor die mening van ’n spesifieke groep nie of wenners en verloorders nie, maar oor die gesag van die Bybel – die Bybel moet die wenner wees. Daar kan nie middelgrond wees nie… OK, ek is bereid om toe te gee tov evolusie (selfs al is dit eintlik die kern van die probleem – https://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/52-hoe-evolusie-mense-se-geloof-beinvloed.html), maar dit is dit. As jy oor dinge soos redding (hemel en hel), homoseksualiteit, Jesus se Godheid, maagdelike geboorte en wonderwerke, die Bose, die krag van gebed, ens vat, dan vat jy aan die kern van die evangelie en dan sien ek nie versoening nie.
En ek dink jy is reg: Dit gaan gewoon nie gebeur nie. Daarop wil ek sê dat ’n kerk nie ten alle koste ’n skeuring moet vermy nie. Ons kan mos nie die waarheid prysgee nie. So duur is vrede nie (Matt 10:34).
Philip du Toit
Dankie Daniel. Ek hoor wat jy sê. Die gesag van die Bybel, en hoe mense dit verstaan, is beslis een van die grootste brandpunte. Ek sal graag ook wou weet hoe diegene met ’n ander standpunt hieroor die pad vorentoe sien.
Hennie Mouton
Hier is die probleem in ’n neutedop soos ek dit sien.
Ek dink hierdie hele laaste saak tussen die ernstig strydende partye hier kan soos volg opgesom word.
Ek sal my bes doen om dit objektief te stel.
Twee groepe is hier ter sprake:
- Nelus Niemandt en sy sogenaamde saampraters (meer liberaal).
- Wynand Louw en sy sogenaamde saampraters (meer konserwatief).
Groep 2 glo groep 1 se oortuigings is teenstrydig met die Bybel en die belydenisskrifte.
Daarom glo groep 2 dat groep 1 aangespreek en aangekla behoort te word tensy hulle kan aantoon dat hulle verkeerd verstaan word.
Groep 1 glo hul oortuigings is in lyn met die Bybel en die belydenisskrifte.
Daarom glo groep 1 dat groep 2 besig is met onverdedigbare verdagmakery.
Groep 1 glo groep 2 se oortuigings is teenstrydig met die Bybel en die belydenisskrifte soos dit tans verstaan behoort te word.
Daarom glo groep 1 dat groep 2 aangespreek en aangekla behoort te word.
Groep 2 glo hul oortuigings is in lyn met die Bybel en die belydenisskrifte.
Daarom glo groep 2 dat groep 1 besig is met onverdedigbare ontwyking van hul redelike vrae en besig is met ongeldige verdagmakery.
Let daarop dat enigeen van die twee groepe reg kan wees afhangende van wat die waarheid is.
Let ook daarop dat die waarheid nie noodwendig heeltemal een van die twee groepe se standpunt mag wees nie, maar dat dit waarskynlik nader aan een van die twee groepe s’n is.
’n Objektiewe beoordelaar is dus nodig, maar dit is baie moeilik te krye.
Die meerderheidsopinie van die NG Kerkleiding is nie die antwoord nie want hulle is deel van die een groep waaroor dit gaan.
Ek kan dus nie op menslike vlak aan ’n beter voorstel dink as dat beide groepe hul standpunte so goed as moontlik stel, en replieke lewer op mekaar se standpunte nie.
’n Spesiale facebook-blad mag die beste ruimte vir so iets wees, maar Kerkbode kan dit nie beheer nie want hul partydigheid is reeds hopeloos te duidelik.
Sekere reëls sal ook vir die plasings daargestel moet word – byvoorbeeld ’n bepaalde gedragskode.
Die deelnemers aan elke kant moet bepaal word – slegs hulle sal die plasings doen, maar hulle kan natuurlik mede-werkers in die agtergrond hê na hartelus.
Ek glo Philip du Toit sal ’n goeie webmeester van so ’n blad kan wees.
Hy het goeie teologiese agtergrond en het homself as ’n goeie begryper van die sake wat tipies hier bespreek word, bewys.
Selfs Jean Oosthuizen het ’n redelike mate van respek vir hom al verskil hulle opinies radikaal.
Kerkbode
Fanus Hansen, Wynand Louw en kie het hierdie ruimte nou al meer as genoeg misbruik. Hulle het ruimskoots geleentheid gehad om hulle saak te stel, verdeeltheid en verdag te saai en onwaarhede en leuens die wêreld in te stuur. Die vrae is nou beantwoord en dit sal geen doel dien om ’n sirkelargument te voer nie. Dit sal ons nêrens bring nie.
Bennie Coetzer
Sjoe, ek is ’n gewone Christen en lees soms van die boeke waarvoor Nelus aangekla word. Ek het pas die boonste 70 kommentare in geheel gelees en ek moet se, ek wonder wat Christus van die petalje dink? Gewis deurdrenk van nie-Christelike ondertone!
Coert Welman
Plasing gewysig deur outeur
Iets wat heel interessant is, is die dawerende stilte vanuit Gerhard Bothma en wegkruipertjiekoning Albert Kruiwa se hoekie nadat hulle bluf geroep is om uit te wys waar Henrietta Klaasing mense op bedenklike manier aangeval het.
Die stilte is voorwaar dawerend…
Of mens saamstem met Wynand Louw se aanklagte of nie, hy staaf darem sy aanklagte. Die bewyslas is immers op die aanklaer.
Dit is seker te veel gevra vir die bogenoemde broeders wat skokkend genoeg ook kansels beset van tyd tot tyd om die Christelike ding te doen en om verskoning te vra vir hulle vals getuienis teen Henrietta Klaasing, siende dat hulle met geen stawende bewyse vir hulle vals aanklagte na vore kan kom nie.
Hennie Mouton (hierdie kommentaar is ook deur Kerkbode verwyder)
Weereens bevestig Kerkbode hul absolute partydigheid, onbillike praktyke, onlogiese uitlatings en skynbare vrees dat hierdie probleem in regverdigheid aangespreek en opgelos word.
Dit blyk duidelik uit die volgende:
- Die vrae is nie beantwoord nie soos duidelik wys uit Nelus Niemandt se eie woorde wat Kerkbode self geplaas het: “Ek antwoord graag hoekom ek nie op Louw se vrae antwoord nie”. Kerkbode verkondig dus ’n leuen deur te beweer dat al die vrae beantwoord is. Hulle doen dit by herhaling want hulle is alreeds daarop gewys.
- Hul verwydering van die taamlik uitgebreide repliek op Nelus se aanvallende verklaring wat ek hier as kommentaar geplaas het, en hul waarskuwing dat hulle ook Wynand Louw s’n sal verwyder, is ’n skreiende skande. My kommentaar wat verwyder is, kan gelees word op https://www.glodiebybel.co.za/index.php/geloofskwessies-m/55-ng-kerk-kat/573-moderator-ontmasker-aanstootlike-leuens.html — die deel daar wat in grys ingekleur is.
- Hul afskiet van die voorstel uit verskeie oorde om ’n gespreksruimte te skep (met ’n onpartydige maar kundige fasiliteerder) bevestig weereens hul swak houding.
Kerkbode se optrede is nie eers goeie sekulêre joernalistiek nie, want nog te sê van Christelike joernalistiek.
Gerhard Bothma
Coert, ek leef meer off line as op facebook. Henrietta en almal wat op die diversiteitsforum aktief was sal presies weet waarvan ek praat. Sy moet maar net eerlik wees met haarself
Coert Welman
Gerhard, dis geen verskoning om nie pa te staan vir jou vals getuienis nie. Jy het aanlyn en in die openbaar vir Henrietta beskuldig. Nou kruip jy weg agter ’n baie flou verskoning dat jy meer aflyn as aanlyn leef. Dis twak.
Jy raak lekker omgekrap en skoon huilerig as mens vir prof Niemandt aanvat, maar dan eien jy vir jou die reg toe om dit self te doen. Dubbel standaarde.
Ek sê nou vir jou baie duidelik, nie-metafories en ondubbelsinnig dat jy bewyse op die tafel moet plaas. Die bewyslas is op jou. Solank as wat jy nie bewyse lewer nie (ek weet hoekom jy nie doen nie: daar is nie) staan die aanklag van vals getuienis.
Ek haan jou laaste sin op jou van toepassing maak: jy moet maar net eerlik wees met jouself.
Sies!
David Scribante
Die vraag, volgens my beskei mening, by die meeste lidmate van die Kerk van Chistus (hiermee bedoel ek alle denominasies wat onomwonde Christus as verlosser en hoof van die Kerk sien en belei), is “hoekom?/why?”. “Hoekom?/Why?” mis ons die Liefde van Christus?!!!? Die menigte vraag wat aan my gestel word deur lidmate van die NGK en ander denominasies, sowel as erkende “lidmate” van ander gelowe, “Waar is die Liefde waarop geroem word?”. Handelinge praat tog van verskillende leiers van die vroeë kerk wat verskil het, maar dit in “Liefde” gedoen het. Die beeld wat verkry word van die Vroeëkerk uit die Nuwe Testament is dat daar reeds sogenaamde verskillende “denominasies” of dan anders gestel “spiritualiteite” bestaan het. Hul is egteralmal gemaan tot “Liefde” vir mekaar en respek vir hul verskille binne die verstaan van die Evangelie.
Hennie Mouton
Ek sien my kommentaar is verwyder (wat alles nog verder bevestig wat ek geskryf het), so hier is dit weer:
Weereens bevestig Kerkbode hul absolute partydigheid, onbillike praktyke, onlogiese uitlatings en skynbare vrees dat hierdie probleem in regverdigheid aangespreek en opgelos word.
Dit blyk duidelik uit die volgende:
- Die vrae is nie beantwoord nie soos duidelik wys uit Nelus Niemandt se eie woorde wat Kerkbode self geplaas het: “Ek antwoord graag hoekom ek nie op Louw se vrae antwoord nie”. Kerkbode verkondig dus ’n leuen deur te beweer dat al die vrae beantwoord is. Hulle doen dit by herhaling want hulle is alreeds daarop gewys.
- Hul verwydering van die taamlik uitgebreide repliek op Nelus se aanvallende verklaring wat ek hier as kommentaar geplaas het, en hul waarskuwing dat hulle ook Wynand Louw s’n sal verwyder, is ’n skreiende skande. My kommentaar wat verwyder is, kan gelees word op https://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/573-moderator-ontmasker-aanstootlike-leuens.html — die deel daar wat in grys ingekleur is.
- Hul afskiet van die voorstel uit verskeie oorde om ’n gespreksruimte te skep (met ’n onpartydige maar kundige fasiliteerder) bevestig weereens hul swak houding.
Kerkbode se optrede is nie eers goeie sekulêre joernalistiek nie, wat nog te sê van Christelike joernalistiek.
Thabu Pienaar
Stefaan de Jager: Jy vra: “Wat maak jy nou as die dosent wat hierdie vreemde teologie aan jou voorhou nie meer krities daarna kyk en ook nie meer waardering vir die Gereformeerde tradisie het nie. ” Stefaan, JY DINK. Die doesent druk mos niks in jou keel af nie. Dis tyd, glo ek, dat elkeen van ons die Bybel opnuut moet neem EN LEES; los die dagboekies, los die ds se interpretasie en LEES JOU BYBEL. Ons kan mos self dink en dinge uit redeneer.
Thabu Pienaar
Nelus, (Die Kerkbode / Jean), dit sal regtig gaaf wees as julle die RSG reeks met Johan van Rensburg, of dan sy boek vir ons in perspektief kan plaas want dit het sinvol geklink…..maar so ook Nelus se uitstekende verduideliking hier. Ek is versigtig vir die Amerikaners se kritiek op die emerging churches…..(maar kan dit asb ’n sinvolle gesprek wees wynand?)
Hennie Mouton
Thabu, ek ondersteun jou voorstel — om die waarheid te sê ek het dit self voorgestel in my voorlopige repliek op Nelus se beskuldigings wat Kerkbode toe hier verwyder het.
Nelda Els
Ek luister meestal en dit is eensydig.
Johan Conradie
RSG is meestal eensydig in hul godsdiens-aanbieding – van Saterdagoggende se program met die pleisters reg deur tot die eredienste op Sondae. RSG was deel van die ondersoek waarin 54 radio-preke ontleed is en aanleiding gegee het daartoe dat Johan Cilliers al in 1996 ’n boek die lig laat sien het met die veelseggende titel: “Die uitwissing van God op die kansel”. Ek ervaar nie dat veel sedertdien verander het nie.
Al hierdie gesprekke en meningsverskil gaan oor net een saak: Skrifbeskouing. Daaroor was prof. “Pienk Piet” in groot moeilikheid en is op die ou end gelyk gegee. Daar is nog steeds diegene wat dink die gesag van die Skrif is van hul “beskerming” afhanklik. Verskille oor die interpretasie van die Skrif (van fundamentalisties tot “liberaal”) sal ons altyd met ons hê. Die een groep sal altyd die ander wil verkeerd bewys. My ervaring is dat die meer fundamentalistiese groep baie meer arrogant, beterweterig en brutaal is as die ander ouens wat meer bereid is tot gesprek. Watter “kant” jy jou bevind het met jou persoonlikheid, begripsvermoë, spiritualiteit, emosionele intelligensie, prioriteite en nog baie ander sake te doen, want nie een van ons lees die Skrif sonder ’n bril nie.
Ai tog en die (arme) duiwel. As hy (sy?) nie genoeg aandag kry nie, is dit óók verkeerd. Ek het nog nooit bely dat ek in die duiwel glo nie en sal dit ook nooit doen nie. Nêrens in ons belydenis is ’n leerstuk oor die duiwel wat onderteken moet word nie. Om Nelius of die NG Kerk se kredietwaardigheid te beoordeel op grond daarvan dat die bestaan van die duiwel beredeneer word, is die toppunt van belaglikheid. Kom ons gebruik liewer ons tyd en energie om die liefde van Christus te oordink en te leef.
Diegene wat so verlang na die “NG Kerk waarin ek grootgeword het” waar nie so baie dwaalleer was nie – kan ek jul herinner aan apartheid? Het julle toe ook so ’n groot lawaai gemaak omdat die kerk op ’n dwaalspoor was?
Die “broederskap” in die kerk tussen predikante is beter as ooit (veral ook met die susters wat nou deel is daarvan). Ek kan daaroor nie uitgepraat raak nie. Ek ervaar dit in ons gemeente én tussen predikante, maar dis natuurlik nie die BROEDERSKAP waaraan sommige, of dalk meeste (?) predikante gewoond was in die NG Kerk van die verlede nie… Praat van dwaalleer in die kerk!
Philip du Toit
Johan. Wat my betref hel die aanbiedings wat raakpunte met geloofsake eensydig oor na die ander kant toe, buite die tydsgleuf wat jy noem, wat sorg vir ’n redelike balans oor die algemeen. Ek sou sê die sterker evangeliese inslag van Saterdae-oggende en Sondae-oggende is juis nodig, ook omdat ek glo daar onder baie luisteraars ook juis ’n behoefte is hieraan. Ek is nie seker waarom jy intelligensie, emosionele intelligensie en begripsvermoë deel maak van jou lys nie. Impliseer jy hiermee dat behoudende gelowiges so glo omdat hulle dalk onintelligent is? Indien wel, dit is ’n onnodige “stekie” wat jy hier wil inkry, en nie bevorderlik vir gesprek hieroor nie. Dit lyk dus vir my na ’n versteekte ad hominem? Help my asb. reg as ek verkeerd is.
Voorts, waarom is “fundamentalisties” sonder aanhalingstekens en “liberaal” met aanhalingstekens? Impliseer jy dat die kategorisering van “fundamentalisties” geregverdig is, maar “liberaal” nie? Sou jy nie sê dit sou ter wille van gesprek veiliger wees om te praat van iets soos meer behoudendes en meer minder behoudendes nie, of ’n ander sagter formulering wat nie so sterk kategoriseer nie?
Hennie Mouton
Hierdie selfde skrywe van Nelus is op Kerkbode-aanlyn ook geplaas. Prof. Johan van Rensburg, skrywer van die boek “Jesus is die Een”, het die volgende kommentaar daar gelewer: “Ek verklaar my bereid om met prof. Nelus Niemandt in ’n ope[n]bare teologiese oop gesprek betrokke te raak.”
Johan Conradie
Philip, as dit jou sal laat beter voel kan ons praat van “meer” en “minder” behoudend, wat maak dit tog saak? Ek beskou myself as baie behoudend, maar in gesprekke met fundamentaliste is ek al meermale uitgekryt as “liberaal”. Ek wil nie kategoriseer nie, maar WORD gekategoriseer deur fundamentaliste as ’n NKA en alle ander etikette. My ervaring is dat die etikette omhang telkens kom van die fundamentalistiese kant. Die fariseërs was in Jesus se tyd ook goed daarmee, Jesus het nooit daaraan meegedoen nie. Hy is self allerhande etikette omgehang omdat Hy nie wou inpas by die fariseërs en skrifgeleerdes se siening oor hoe Hy nou eintlik moes wees en optree nie. Ek wil my dus eintlik graag skaar by Jesus saam met ander wat met Hom erns maak sonder om my te etikette(e)r omdat ek dalk nie in alle opsigte presies soos hulle oor Jesus dink nie.
Dit is so dat al die aspekte – en ek kon nog baie ander noem – ’n rol speel in hoe ons die Skrif lees. Dit is alles deel van ons “bril” en daarom sal daar NOOIT in hierdie lewe eensgesindheid en eenstemmigheid wees oor ENIGIETS nie, ook nie oor Skrifbeskouing, die siening oor God, Jesus, maagdelike geboorte, homoseksualiteit en al die ander sg. geloofskwessies nie. Punt. Ons sal NOOIT tot ’n vergelyk kom nie, want ons lees dieselfde Bybel vanuit verskillende standpunte, oortuigings, sienings, ervarings en baie ander. Vat maar net die groot rol wat jou verhouding met jou pa speel in jou siening van God, veral as Vader. Hieroor is al baie navorsing gedoen. Dit is ’n bewese feit, so ons hoef nie daaroor te verskil nie.
Philip du Toit
Johan, ek stem grotendeels saam met jou 2’e paragraaf. Ek dink ook nie dat mens gou en maklik tot ’n vergelyk sal kom nie, hoogstens beter begrip en wedersydse respek, wat na my mening die belangrikste is vir sulke soort gesprekke.
Johan van der Merwe
Ook van my kant dankie aan Nelus Niemandt vir ’n weldeurdagte uiteensetting en noodsaaklike verweer. Ek het groot waardering vir die duidelike en sterk beswaar wat hy maak teen die verdagmakery van homself en ander plaaslike kerkleiers, die algemene sinode van die NGK en ook verteenwoordigers van die ontluikende kerk-beweging.
Dit is inderdaad baie jammer dat ons so maklik en so dikwels in debatte nie by die onderhawige sake bly nie, maar mekaar op ’n persoonlike vlak bykom. Van enige soort volwassenheid getuig dit nie eintlik nie, laat staan nog geestelike volwassenheid. Maar om iemand – en dan nog iemand wat ’n leiersposisie in die kerk beklee – openlik of by wyse van innuendo die etiket van ’n dwaalleraar om te hang, is ’n besonder ernstige saak. In kleiner kring het ek by meer as een geleentheid beleef wat dit aan ’n mens doen as net een mede-gelowige jou agteraf of openlik van bv. leerdwaling beskuldig. Jy doen jou uiterste bes om God se boodskap te begryp en te deel, dalk nuwe leiding m b t gemeentepraktyk te gee – en hier kom iemand [of ’n paar persone] en etiketteer jou as ’n wolf in skaapsklere, ’n verkragter van Gods Woord, ’n vyand van die ware kerk, of iets in dier voege. Sulke woorde, sulke beskuldigings vlieg nie maar net skadeloos verby jou kop nie. Hulle tref jou op jou mees sensitiewe punt: jou belewing van jou roeping deur God self.
Ons moet mekaar in liefde waar nodig kan reghelp, maar dit kan net geskied waar die gemeenskap van die gelowiges beleef word as ’n huis van warmte en aanvaarding, nie as ’n bokskryt of selfs erger nie.
En dis mos nie net die een wat van dwaling en verwatering van die Evangelie beskuldig word wat in so baie gevalle onverdiend verwond word nie, maar ook die kerk, die liggaam van Christus.
Tereg is hierbo deur meer as een persoon genoem dat uiteenlopende benaderings tot die lees en verstaan van die Bybel ten grondslag lê van so baie kerklike debatte. Oor die loop van baie jare het ’n paar verslae van algemeen sinodale kommissies vir Leer en Aktuele Sake spesifiek oor die Skrifverstaan, Skrifbeskouing, ens. die lig gesien. Die kommissieverslag, “GESAG VAN DIE SKRIF”, wat deur die 2002 Algemene Sinode van die NGK “as riglyn vir ons beskouing oor die gesag van die Skrif en vir ons lees en verstaan van die Skrif” aanvaar is, is besonder belangrik en verhelderend – o a omdat dit in groter mate as tevore aandag gevra het vir die menslike “kant” van die Bybel: “Hierdie menslike karakter van die Skrif is ’n waarheid wat ons nie tandeknersend moet toegee nie, maar waaroor ons ons moet verheug.” En daardie menslike karakter van die Skrif, so argumenteer die verslag, sluit o a in dat menslike foute / onakkuraathede van meer as een soort in die Bybel voorkom. Die verslag gee ook o a aandag aan twee groepe in die kerk wat alte dikwels [ook op Kerkbode se FB-muur?] alte dikwels knorrend teenoor mekaar staan:
“5.11.1 In hierdie verslag word ’n poging aangewend om na twee kante afwysend standpunt in te neem, naamlik enersyds teenoor die moderne liberalistiese, en andersyds die moderne fundamentalistiese omgang met die Skrif. In eersgenoemde geval word die Bybelse geskiedenis as teologies onbelangrik beskou. Die belangrikheid van Israel vir ons het volgens hierdie standpunt niks te make met hulle geskiedenis nie, maar met hulle godsdiens. In radikaal-kritiese kringe word die religion of Jesus belangriker beskou as die religion about Jesus. Selfs al het Jesus nooit bestaan nie, dan het ons nog altyd die tydlose godsdienstige waarhede van byvoorbeeld die Bergpredikasie. Daarteenoor maak die fundamentalisme die teologiese betekenis van die Skrif geheel en al afhanklik van die natuurwetenskaplike en historiese korrektheid van die Bybel.”
“5.11.2 In werklikheid staan hierdie twee skynbaar teenoorgestelde standpunte heel digby mekaar en bevestig weer eens die waarheid dat familietwiste die ergste is … ”
Ek wonder maar net: sal dit nie help as Kerkbode hier op sy FB-blad [miskien in die kantlyn onder “Kerkbode Notes”] ’n permanente skakel het na bv. amptelike verslae soos die een wat ek hierbo noem nie? Ek verbeel my tog dat dit kan help rigting gee aan gesprekvoering en perdalks kan keer dat erge familietwiste nog erger word.
André Bartlett
Miskien ’n onderwerp vir ’n dagkonferensie by Excelsus?
Hennie Mouton
Johan [van der Merwe], besef jy dat Nelus heelwat billike vrae en versoeke aan hom net eenvoudig nooit geantwoord het nie, wat tenminste die moontlikheid kon gebied het om hierdie krisis te besleg? Eintlik dink ek nie jy besef dit of wil dit besef nie, anders sou jy nie met so ’n totaal subjektiewe lofprysing en eensydige verdediging vir Nelus mee vorendag gekom het nie. André, jy besef ook sekerlik dat jou dagkonferensie niks gaan beteken as almal daar teenwoordig net die een kant verteenwoordig nie, of as die vrae van die ander kant af eenvoudig geïgnoreer gaan word soos omtrent heeltyd nog hier gebeur. Anders gestel — hoekom sal die vrae daar sinvol beantwoord word as dit hier ontwyk word?