Kyk ook:
Die vier Oos-Kaapse teoloë waarna hieronder verwys word is:
- Ben du Toit
- Ferdinand Deist
- Wentzel van Huyssteen
- Francois Swanepoel
*******
Moenie gesag van die hele Bybel op losse skroewe stel nie | Kerkbode
Sybrand Strauss
Kerkbode, 13 Julie 1983
EK het waardering vir die feit dat die vier Oos-Kaapse teoloë hul mening op skrif gestel het. Saam met hulle glo ek ook dat dit noodsaaklik is dat ons oor hierdie uiters belangrike tema ‘n “grondige, eerlike en verantwoorde” gesprek moet voer.
Stelling 1
Ek is bly dat u u opvatting oor die Skrifgesag met ‘n belydenis oor die “eenvoud” van die Bybelse boodskap begin. Dit bly waar dat God Hom duidelik deur sy heilige Woord aan ons bekendmaak. (Vgl NGB art.2).
1.1 U is reg as u sê: “Die Bybel is die Woord van God”. Dis die essensiële wat ons oor die Bybel kan sê. Ter wille van ons gesprek wil ek u egter vra waar en deur wie word die Bybel so “misbruik” “as ‘n soort van ensiklopedie, wetenskaplike handboek of geskiedenisboek”? Ek bedoel: Gee asseblief voorbeelde uit ons eie kerklike kring.
1.2 U sê voorts: “In die Bybel is mense aan die woord”. U bedoel tog daarmee dieselfde as wat ons NGB art. 3 (met verwysing na 2 Pet. 1:21) sê, nie waar nie? “… die heilige mense van God het dit (hierdie Woord van God) gespreek” en”… God het sy dienaars, die profete en apostels, beveel om sy geopenbaarde Woord op skrif te stel”. Daarom sal u seker ook saamstem dat ons met net soveel reg kan sê: “In die Bybel is God aan die woord.”
1.3 Omdat u later, in u laaste stelling, weer op die kwessie van ‘n “Skrifbewys” terugkom, sal ek dit daar bespreek.
Stelling 2
Ek stem saam met u. Dit gal inderdaad nuttig wees as ons almal ‘n keer nader sal ingaan op “die yea na die herkoms van ons inspirasieteoriea en dus na die wyse waarop ons Skrifbeskouinge ontstaan het.” Dan sal ons opmerk dat ‘n bepaalde inspirasieteorie of Skrifbeskouing juis geyk is met o.m. die doel om een of ander dwaling oor die Skrif af te wys.
2.1 U sê “’n Skrifbeskouing” is nooit “iets onaantasbaars” nie, selfs al is dit “gesanksioneer.” Bedoel u kerklik, konfessioneel gesanksioneer? Dan wil ek tog sê dat ons ‘n onderskeid moet maak tussen ‘n konfessionele en ‘n teologiese (wetenskaplik) “teorie” of “beskouing.” Lg. is inderdaad nie “onaantasbaar” nie, want dit is maar die partikuliere mening van een of ander individuele geleerde. Maar in die eersgenoemde geval moet ons darem daarmee rekening hou dat dit in die belydenis nie om ‘n partikuliere opinie gaan nie, maar om die “algemene en ongetwyfelde Christelike geloof” van die kerk van alle eeue; ‘n egte ekumeniese saak! En dit kan wel “onaantasbaar” genoem word, in die sin van onverhandelbaar tén minste as ons nog die leiding van die Heilige Gees erken en die geloof wil behou!
2.2 Ek stem saam dat ‘n mens nie by voorbaat die kerk teen “enige vorm van positiewe denke of teologiese vernuwing” moet immuniseer nie. Maar ek het wel begrip vir diegene wat die kerk teen sieklike vernuwing wil beskerm! Dit bly ons almal se plig om “te stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is’ (Judas :3), en om net te verkondig “wat in ooreenstemming is met die gesonde leer” (Titus 2:1). U sê dat ons ons belydenis aangaande die Bybel se gesag van “onkritiese vooroordele” moet “bevry”. Daarteen het ek nie beswaar nie. As ‘n mens êrens “histories-krities” te werk kan gaan, moet jy dit juis hier by die kerklike belydenis doen. Omdat ons predikante almal die legitimasie-eed van die Ned. Geref. Kerk onderteken het, moét ons ons met die Drie Formuliere van Eenheid intensief besig hou. Hoe kan ek die leer “naarstiglik” leer en “alle dwalinge wat daarteen stry” weerlê, as ek dit nie deur en deur ken nie? Met die Skrif as hoogste norm sal ek, i.v.m. die leer oor die Skrif, veral die NGB arts 2-7 behoorlik (d.w.s. ook krities) moet gaan bestudeer.
Ek sal indringend moet vra na die agtergrond, die bedoeling, die toepasbaarheid daarvan.
En dan, as ek oortuig geraak het van die Skriftuurlike waarheid van dié belydenis (ons belydenis!) kan ek dit as maatstaf hanteer om hedendaagse teologiese inspirasieteorieë en Skrifbeskouings te evalueer.
Ek meen dit is ’n leemte dat u nie (ook) hierdie weg gevolg het toe u u stellings geformuleer het nie. U sal tog konkreet vir ons moet uitspel waar u van ons belydenis verskil – indien wel – en waarom u dit doen.
Stelling 3
Soos dit daar staan het ek nie wesenlike besware daarteen nie. Uiteraard kan ‘n mens nie op ‘n “eenvoudige” en “direkte” (d.w.s. onkritiese en goedkoop) manier ‘n beroep op “ ‘n bepaalde belydenis” doen nie. Die reformeerde teologie het nog altyd gesê dat die Skrif horma normans “normerende norm” is, terwyl die belydenis slegs norma normata (“genormeerde norm”) is.
3.1 Ek vind hierdie punt van u nogal problematies. U praat van “ons gereformeerde konteks”, en beskou uself dus ook as “gereformeerd”, Dié uitdrukking het ek nog altyd so verstaan dat dit beteken dat ons die gereformeerde belydenis (bv. insake die Skrifgesag) onderskryf. Sodra ons ‘n ander opvatting oor Skrifgesag nahou, kan ons onsself nie meer “gereformeerd” noem nie. U maak nou hier die bewering dat almal (bedoel in ons gereformeerde kring?) vandag nie meer oor die Skrifgesag saamstem nie. En op grond daarvan is u van mening dat “die gesag van die belydenis herformuleer” moet word. Die herformulering van die belydenis en van die gesag daarvan is ‘n saak wat by ons Algemene Sinode tuishoort.
3.2 Ek is huiwerig om die kerklike belydenis sonder meer as “teologiese ontwerp” te tipeer. Elke belydenis weerspieel inderdaad, soos u sê, ook “die teologiese en nie-teologiese denke van sy tyd.” Dit is nie al wat ‘n belydenis weerspieel nie. ‘n Belydenis hou hom sekerlik ook besig met daardie Skriftuurlike waarhede wat vir alle tye en omstandighede geld, by, die ewige verkiesing van God, die versoening deur Christus, die regverdiging deur die geloof, e.s.m. Daarbenewens het die belydenis van die kerk tog ook te make met die afwysing van daardie dwalinge wat in elke tydvak van die kerkgeskiedenis weer hulle kop uitsteek, bv. die verkiesing op grond van vooruitgesiene geloof, die algemene versoening, die verdienstelikheid van goeie werke, e.s.m.
Daarom is u presiese bedoeling nie duidelik as u sê “vandag vanuit ‘n nuwe en hedendaagse perspektief gelees en waardeer” word nie. Wat my betref, is daar omtrent nie eén hedendaagse vraagstuk wat nie alreeds prinsipieel, direk of indirek, in die belydenis aangeraak word nie.
3.3 “Die blote herhaling van formules” uit ‘n belydenis kan nie die hedendaagse probleme rondom die Skrifgesag oplos nie. Maar ‘n Skriftuurlik verantwoorde aanhaling uit ons gereformeerde belydenis dui m.i. wel vir ons die rigting aan waarin ons na ‘n oplossing moet soek.
Stelling 4
U sê: “Die Bybel is in die eerste plek ‘n geloofsboek.” Is daar dan ‘n “in die tweede plek”. Indien u bedoel dat die Bybel primêr ‘n geloofsboek, en dus sekondêr ‘n geskiedenisboek of ‘n literêre werk is, stem ek saam. Indien u bedoel dat die Bybel primêr ‘n geloofsboek en dus sekondér ‘n openbaringsboek is, verskil ek. Ek verkies om te sê: “Die Bybel is in die eerste plek ‘n openbaringsboek”.
4.1 Ek vra of die Bybelskrywers se “getuienis van hulle geloofservaringe” die enigste wyse is waarop die openbaring van vandag tot ons kom. Die profete van die O.T. (Vgl bv. Hosea, Joel en Miga) was oortuig daarvan dat die boodskap wat hulle aan ons deurgegee het nie indirek hulle getuienis aangaande nie, maar direk “die woord van die HERE” was. Die opvatting dat die Bybel as “getuienis van (menslike) geloofservaringe” gesien moet word, is sedert die teologie van K. Barth vandag in wye kringe ‘n populêre begrip. (Die belangstellende leser word verwys na o.m. die helder artikel van prof. C. Trimp in Betwist Schriftgesag, 1970, bll. 7-35).
4.2 U sê dat die “waarhede” in die Bybel na ons kom as “geloofswaarhede”, en u stel dit teenoor “sg. ‘objektiewe’ feite en gegewens.” Meer inligting sou help. Die lesers besef waarsynlik nie almal dat daar ‘n groot stuk teologie agter hierdie kort stelling van u sit nie. (Die Geref, Kerke in Nederland het in 1980 ‘n studierapport oor die aard van die Skrifgesag (uitgegee onder die titel God met ons) aanvaar. Daarin word breedvoerig die filosofiese vraag na waarheid behandel en vir ‘n “relasionele” teenoor ‘n “objektiewe” sowel as ‘n “subjektiewe” waarheidsbegrip gekies. Twee van die opstellers van die stellings, prof Van Huyssteen en ds Du Toit, het verlede jaar ‘n boekie daaroor a gepubliseer: Geloof en Skrifgesag. Daarin vereenselwig hulle hul grotendeels met die inhoud van die Nederlandse rapport.) Almal van ons sal met u saamstem dat die Bybel nie “objektiewe” waarhede – in die sin van gegewens waarteenoor ons neutraal vryblywend kan staan – bevat nie. Deur die Bybel spreek God ons direk aan, sodat ons daarop moét reageer – of positief in geloof, of negatief in ongeloof. Die Bybel bevat wel “objektiewe” waarhede – in die sin van gegewens wat waar is en bly, afgesien van die feit of ons dit glo of nie. Dit is so omdat die Bybelse waarhede (of as u wil: waarheid) deur God aan ons geopenbaar is. Die filosofies belaste terme “objektief” en “subjektief’ kan laat vaar word solank ons maar vashou dat die Bybelse waarhede geopenbaarde waarheid is, en nie eers waarheid word wanneer ons dit glo nie.
Ek is versigtig vir u term “geloofswaarhede”. In Nederland is talle vooraanstaande teoloë juis besig om op hierdie punt die swakheid van die sg. “relasionele” waarheidsbegrip uit te wys. (Die boekie Geloof en Skrifgesag verwys op bll 12 en 33 na prof K. Runia en H. Ridderbos. Daar was ook talle ander wat hulle besware hierteen uitgespreek het, soos proff. W.H. Velema, J. Kamphuis, A. Troost, ea.). Luister fyn na die kritiek en dink na dat dit juis agv. hierdie “relasionele” waarheidsbegrip is dat die Geref. Kerke in Nederland iets soos homoseksualisme goedpraat.
Stelling 5
As u die begrip “geloofswaarhede” so onkrities aanvaar, kan ek begryp dat die interpretasie van die Bybel vir u ‘n komplekse “hermeneutiese probleem” geword het. Ek wil nie voorgee dat die interpretasie van die Bybel vir my geen probleem is nie. Ons moenie die saak, deur ons eie toedoen, nog ingewikkelder maak as wat dit in werklikheid is nie. Buitendien, ons het darem ook die belofte in die Woord dat die Heilige Gees ons sal verlig, sodat ons die Skrif wat deur Hom geïnspireer is sal kan verstaan. (Joh 16:13). Dis jammer dat u nêrens in u stellings na hierdie verligtende werk van die Heilige Gees verwys nie.
5.1 U praat van “die soeke na die waarheid van Gods Woord vir ons tyd.” Ek is bly dat u die laaste drie woordjies bygevoeg het, want streng gesproke is dit darem nie korrek om te beweer dat ons moet “soek” na die waarheid nie. God het dit dan juis in sy Woord aan ons bekendgemaak! As u bedoel dat ons moet soek na die toepassing van die geopenbaarde waarheid in ons situasie – ja dan, kan ek u gelyk gee. Wat u verder sê, nl. dat ons moet vra na “die eie aard van die Bybel”, is ‘n gesonde uitgangspunt.
5.2 Die stelling is reg, ten minste as u sal erken dat daar per slot van rekening nie meer as ‘n graadverskil tussen die “belewingwêreld” van die Bybelskrywer en ons “belewingswêreld” is nie. Natuurlik is daar, oppervlakkig beskou, aansienlike verskille tussen hulle en ons “belewingswêreld”. Hulle was net sulke mense soos ons: sondaars wat van genade alleen moes leef.
Stelling 6
Oor hierdie reformatoriese reël vir Skrifuitleg, en die implikasie wat dit volgens u inhou, is daar geen verskil van mening nie.
6.1 Dat die Bybel as menslike “taalverskynsel” gelees moet word volgens “die reëls van die taal- en literatuurwetenskap” is ‘n feit. Dr. Abraham Kuyper het reeds gesê dat die teologiese hermeneutiek wortel in die logiese gedagtereeks van die algemene hermeneutiek. (Vgl. sy Encyclopaedie 111, bl 107) Hoewel hy onmiddellik daaraan toegevoeg het dat die Skrifuitlegger ook rekening moet hou met die vraag wat God se bedoeling met ‘n bepaalde Skrifgedeelte is. U sal tog nie hiervan verskil nie.
6.2 Hier het u ook gelyk; kennis van die kultuur-historiese agtergrond van ‘n Skrifgedeelte help ons baie om dit beter te verstaan. Maar dit beteken nie dat sodanige (wetenskaplike) kennis as ‘n absolute voorwaarde vir die verstaan van die Bybelse boodskap beskou kan word nie. Nie net geleerde mense kan die Bybel verstaan nie! Soos ons gereformeerde vaders destyds standpunt ingeneem het teen die Rooms-Katolisisme waar die priester die Woord vir die “leke” moes uitlê, sal ons vandag moet wal gooi daarteen dat die wetenskaplike teoloog nie tot ‘n “middelaar” tussen die Woord en die gelowiges verhef word nie.
Stelling 7
“Fundamentalisme” is een van daardie ronde begrippe waarmee ‘n mens omtrent enige kant kan uitgaan. Oorspronklik ’n tipies Amerikaanse denkrigting. En vandag is nie meer alle “fundamentaliste” dit met mekaar eens nie! U bedoeling moet duidelik wees. ‘n “Willekeurige versameling” van die Bybelse boodskap, waarna u verwys, is inderdaad ‘n bedenklike manier van Skrifgebruik. Konkrete voorbeelde sal help.
Waarom hamer u so teen “onaantasbare” sekerhede? Moet ons nie liewer dankbaar wees as gelowiges vandag nog vashou aan die enigste sekerheid wat daar is, nl. die onfeilbare Woord van God nie? Wanneer hulle op ‘n onverantwoordelike wyse die volle boodskap van die Skrif honoreer. Dit is goed dat ons “onfeilbaarheid” onderskei van “foutloosheid”. Solank ons maar net nie die (werklik onwesenlike) vergissings van sommige Bybelskrywers op sommige puntjies wil gebruik om die gesag van die hele Bybel op losse skroewe te stel nie.
Stelling 8
Met inagneming van my gedagtes oor “sekerheid” kan die stelling aanvaar word.
8.1 Wat u oor die Bybelse geskiedskrywing sê, is waar. Dit stem ooreen met H. Bavinck toe by gesê het dat die ganse geskeidbeskrywing in die Skrif ” ‘n eie rigting volg en ‘n eie doel beoog”. (Gereformeerde Dogmatief 1, bl 419. GC Berkouwer praat in hierdie verband van die “tendensieuse” geskieskrywing in die Bybel. Vgl sy De Heilige Schrift 11, bl 196). Die Bybelskrywers het nie wetenskaplik pekontroleerde historiografie beoefen nie, maar sekerlik oor nie die waarheid verdraai of leuens vertel nie. God se dade in die geskiedenis, en die mense se reaksie daarop is betroubaar aan ons verkondig.
8.2 Verskillende literatuurvorme in die Bybel word erken.
Stelling 9
Ek verkies “betroubaarheid” ipv “foutloosheid” wat u gebruik. Dan stem ek saam dat die gesag van die Bybel nie met “historiese foutloosheid” verwar moet word nie. Maar die “historiese betroubaarheid” van die Bybel is darem iets wat ek glo ons nie sonder meer oorboord kan gooi nie. Daarom sal ons elke teks in sy verband met die hele Skrif – na die beproefde gereformeerde beginsel van “analogia fidei” – op sy eie meriete moet beoordeel.
9.1 Ek stem saam. Die Bybel se geskiedenis is nie naakte feite nie, maar pelowige profeties geinterpreteerde geskiedenis. Dit bly geskiedenis! Trouens, dit is ‘n vraag of daar êrens in die wêreld – ook buite die Bybel – ooit volkome “objektiewe” geskiedenis gevind kan word.
9.2 U duidelike stelling, my vreugde anders beland ons in ‘n totale subjektiwisme.
9.3 Dit is korrek.
9.4 Die Bybelskrywers het nie soseer hul getuienis “as gesagvol ervaar” nie, maar wel die openbaring wat God aan hulle gegee het.
Stelling 10
Die Bybel het nie op dieselfde wyse “historiese gesag” as wat dit “heilsgesag” het nie. U het seker hiermee dieselfde op die oog as prof. Johan Heyns wanneer hy onderskei tussen die “sentrum” en die “periferie” in die Bybel – beide deur God geïnspireer! (Vgl. sy Brug tussen God en mens, 1973, bl 95) Toegepas op die gesag van die Bybel stel Heyns dan ook voor dat ons, i.p.v. die 17e-eeuse onderskeiding tussen “normatiewe” en “historiese” gesag, liewer van “skopiese” en “periferiese” gesag moet praat (ibid. bl. 131). Alles in die Bybel is belangrik, maar alles is nie ewe belangrik nie!
10.1 As ‘n algemene uitgangspunt aanvaar ek die steling.
10.2 Die toepassing van u uitgangspunt in 10.1 roep natuurlik allerlei vrae op. Wat Gen. 1- 11 betref, is daar (wetenskaplik verantwoorde) standpunte oor hierdie Skrifgedeelte. Ek vra u op grond waarvan verkies u op hierdie punt die resultate van die historiese kritiek bo dié van die gereformeerde eksegese? Maak u bloot ‘n wetenskaplike keuse? Of word u keuse (ook) bepaal deur die Skrifbeskouing wat agter die nuwe eksegese van Gen. 1-11 lê?
Indien u die eerste moontlikheid bevestigend beantwoord, wil ek u daaraan herinner dat een van u in ‘n ander verband beklemtoon het dat teologiese uitsprake altyd “hipoteties” is, d.w.s ‘argumentatief” en “voorlopig”. (Prof V. Huyssteen in Geloof en Skrifesag, bl. 48, 56). U mag dus geen “onaantasbaarheid” (vir u teologiese mening oor Gen. 1-11 opeis nie, en u mag ook nie diegene wat van u verskil by voorbaat van onwestenskaplikheid beskuldig nie. Indien u egter sou toegee dat dit ‘n ander Skrifbeskouing (as die gereformeerde) is wat u tot u keuse gebring het, moet u vir ons sistematies uiteensit hoe u oor die NGB arts. 2-7 dink. In art. 5 bely ons immers dat ons “sonder twyfel alles glo” wat in die kanonieke boeke vervat is. U moet tog besef dat die standpunte wat u hier in 10.2 inneem vir die kerk van wesenlike belang is.
Indien dit waar sou wees dat dit onseker is of Adam en Eva “werklik die eerste mense” was, is dit nie meer langer maar net ‘n paar artikels van die belydenis oor die Skrif wat in die gedrang kom nie. Dan sal ons ook ander werklik fundamentele leerstukke van die kerk in heroorweging moet neem. Met verwysing, NGB arts 14 en 15; HK So. 3 en 7; D.L. 1.1(V. v.d.D. 8), 34. 1-4. In al hierdie gedeeltes bely ons saam met die kerk van alle eeue op grond van o.m. Gen. 1-3 dat God die eerste mense (Adam en Eva) na sy beeld geskape het, dat hulle in sonde geval het, en dat daarom ook hulle hele nageslag sondaars is. Moet ons die hoekstene van die Christelike geloof nou prysgee?
10.3 Die beginsel wat u hier neerlé is aanvaarbaar: die gesag van ‘n Skrifgedeelte is nie afhanklik van die vraag of die verhale wat daarin vertel word, werklik altyd presies so gebeur het nie. Of die boeke Ester, Jona en Daniël nie bedoel om werklik geskiedenis mee te deel nie, is natuurlik ‘n vraag waarop ‘n mens altyd weer (wetenskaplik) kan ingaan.
10.4 Ek is baie bly dat u dit met stellige oortuiging handhaaf dat die kruisiging, en opstanding van Jesus Christus werklik gebeur het. Tog sou ek, anders as u, dié oortuiging nie primér op die ervaring van die eerste Christene wou fundeer nie, maar op die gebeure self, as openbaring van God.
Stelling 11
Ek glo dat almal van ons “’n tipe etiese fundamentalisme” en “naiewe biblisisme” – soos dit o.m. in sektariese kringe aangetref word – wil vermy. Die vraag is net weer eens wat u presies daaronder verstaan,
11.1 As u sê dat ons nie “probleemloos en konteksloos op geisolearde Bybeltekse mag terugval nie, kan dit sekerlik onderskryf word, Ek glo egter dat ons tog daaraan moet vashou dat die Bybel, hoewel nie slegs nie, ten minste ook ‘’n aantal tydlose beginsels” op etiese gebied bevat. So kan ek bv. nie insien dat daar ooit ‘n tyd kan wees dat dle gebod in Efes. 5:25 (“Mans, julle moet julle vrouens liefhé”) of in Efes. 6:2 (“Eer jou vader en moeder”) nie meer sou geld nie.
11.2 U het gelyk dat ons nie noodwendig “alle Bybelse voorskrifte op etiese gebied klakkeloos moet navolg nie”, ten minste as u met “klakkeloos” bedoel” “letterlik in dieselfde vorm”. Talle voorbeelde kan opgenoem word.
11.3 Ek stem met u saam. Maar dit impliseer seker dat “Bybeltekste binne konteks”, wel as ‘“geldige argumente” aangewend kan word. Of hoe?
Stelling 12
Met hierdie stelling gee ek u gelyk.
12.1 Met u bedoeling kan ek saamstem. Die uitdrukking “ondergeskik” is nie ‘n gelukkige keuse nie. Ons moet versigtig wees om nie aan die O.T. sonder meer ‘n ondergeskikte posisie t.o.v. die N.T. toe te ken nie. Sal dit nie beter wees om hier van openbaringshistoriese voortgang van die O.T. na die N.T. te praat nie? Vgl. bv. Jesus se belangrike ultspraak in Mat. 5:17: “Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of profete ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te lat kry”.
12.2 Dit is waar dat al die Bybelse norme, in hulle “‘historiese bepaaldheid”, nie outomaties vir ons as hedendaagse Christene geld nie. Maar die Bybelse norme as sodanig bly tog altyd geldig? Volgens prof. Heyns (Teologiese Etiek bls. 180 vv) is daar in die Skrif naas “gepositiveerde” en “kontigente” norme ook “geopenbaarde”, d.w.s, universeelgeldige norme. Dat die Bybelskrywers, soos u sê, heelwat etiese norme oorgeneem het uit die omringende wêreld van hul tyd”, maak dié norme nie by voorbaat minder geldig nie. In terme van die “organiese” inspirasie kan ons aanvaar dat God die “oorname” beskik het, en daarmee ook hulle normatiewe betekenis vir ons gesanksioneer het.
12.3 As algemene riglyn ‘n aanvaarbare stelling. Maar dan moet ons darem konsensus daaroor hé dat hiermee nie geimpliseer word dat ‘n Bybelse gebod net in éen bepaalde geloofsituasie “heilsaam funksioneer”, en daarmee oor en uit nie. Mits korrek geinterpreteer, behou elke Bybelse gebod (as deur God geopenbaar) steeds relevansie vir elke situasie, al is dit soms net op ‘n indirekte wyse. Om ‘n ekstreme voorbeeld te gebruik: selfs die verbod om vet te eet (Lev. 7:23) sê vandag nog iets vir die gelowige oor sy verhouding tot God, al hoef hy hierdie gebod nie meer letterlik na te kom nie. ‘n Aanneemlike verklaring van hierdie teks is C. Vonk in: De voorzeide leer 1 B, 1963, bl 269 v.)
Stelling 13
U stelling is volkome korrek.
13.1 Met hierdie formulering wil u nie ontken dat daar wel so iets soos “tydlose beginsels” is nie, maar dat u net wil beklemtoon dat “Bybelse norme in hul konkrete formulerings (vgl. 13.2) nie met altyd geldige, konstante beginsels vereenselwig mag word nie. Indien ek u bedoeling korrek interpreteer kan ek u stelling onderskryf.
13.2 Dit is inderdaad van die grootste belang wat Bybelse gebooie altyd “in die lig van die totaalbedoeling van die hele Bybel” geinterpreteer moet word.
13.3 Hierdie stelling onderskryf ek graag. Daar bestaan natuurlik die gevaar dat ons “die groot liefdesgebod” as ‘n soort filter kan hanteer om te bepaal watter Bybelse gebooie deurgelaat moet word en watter nie. Soos party mense bv. ontken dat die sg. wreakpsalms vandag nog vir ons as Christene enige betekenis kan hé. Maar ek aanvaar dat u dit nie so bedoel nie.
Stelling 14
Die onderskeiding tussen ‘n “Skrifbewys” en ‘n “Skrifberoep” is m.i. ‘n terminologiese kwessie. U omskrywing van die twee begrippe (in 14.1 en 14.2) vind ek aanvaarbaar. Is ek korrek in my afleiding dat u u dus nie met prof. Ferdinand Deist se omskrywing van hierdie begrippe vereenselwig nie (Vgl. sy Sê God so? 1982, bl 52-56 – veral waar hy sê dat ‘n “Skrifbewys” ten onregte die Bybel “vooraan” stel, terwyl ‘n “Skrifberoep” volgens hom tereg die Bybel “agteraan” ter sprake bring). U konkrete voorbeelde van swak “Skrifbewyse” en goeie “Skrifberoepe” kan verder deurpraat word. Intussen behou ek my mening dat daar ook so iets soos ‘n goele “Skrifbewys” kan wees.
My “goeie trou en lojaliteit” moet u aanvaar, soos ek graag ook u s’n wil aanvaar. My bedenklike vra egter antwoorde. Mag dit so gebeur dat ons opnuut weer saam die waarde (en waarheid) van ons gereformeerde belydenis sal besef!