Kyk ook:
Mount St Helens is ’n vulkaniese berg in Amerika (koördinate: 46.2,-122.2) wat van 1980 tot 1982 ’n paar uitbarstings gehad het. Hierdie gebeure het gewys dat ravyne in ’n kwessie van ’n dag kan vorm en dat sedimentêre lae baie vinnig neergelê kan word. Dit het reuse paradigmaverskuiwings onder geoloë tot gevolg gehad.
Die volgende drie hoof insidente het plaasgevind:
- 18 Mei 1980: Die hoof uitbarsting het plaasgevind. Ongeveer 2.9 km3 se materiaal is weggeskiet.
- 12 Junie 1980: Ongeveer 130 m van strata (sedimentêre lae) is neergelê.
- 19 Maart 1982: ’n Moddervloed het skielike erosie veroorsaak wat ’n mini ravyn gevorm het en die sedimentêre lae ontbloot het.
Die volgende foto wys die verskillende lae wat gevorm het tydens die drie insidente. Let op die sedimentêre lae wat gevorm het op 12 Junie 1980. Tydens die laaste insident kan gesien word dat daar aanvanklik eers ’n laag modder neergelê is en toe het geweldige erosie baie materiaal ontbloot om te wys wat tydens elke insident neergelê is.
Die volgende foto wys ’n gedeelte van die Mount St Helens ravyn wat uitgekalwe is tydens die Maart 1982 insident.
Kyk ook Prentjies op Google.
Die volgende foto wys hoe ’n soliede stuk rots in een dag ge-erodeer het tydens die Maart 1982 insident. Indien die insident nie waargeneem is nie, sou mense kon sê dat hierdie die resultaat was van duisende of selfs miljoene jare se stadige erosie.
Dr Steve Austin (skeppingsleerder) getuig dat hy as skeppingsleer nog altyd geglo het dat lae in kort tydperke neergelê kon word, maar hy het nooit gedink dat dit in een enkele insident kon gebeur nie.