Kyk ook: |
Evolusie staan op twee pilare:
- Natuurlike seleksie (oorlewing van die sterkstes)
- Vermeerdering van genetiese inligting deur mutasies
Natuurlike seleksie is baie goed bewys en waarneembaar. Voordelige mutasies wat genetiese inligting vermeerder is egter ’n reuse probleem vir evolusioniste. Dit is nog nooit waargeneem nie.
Om te bepaal of voordelige mutasies vanself kan gebeur is eksperimente met vrugtevlieë gedoen. Vrugtevlieë is gekies omdat hulle so vinnig aanteel. Om mutasietempos te versnel is hulle ook radioaktief bestraal.
In totaal is ongeveer 900 opeenvolgende geslagte vrugtevlieë geteel, wat gelykstaande is aan 25 000 jaar van menslike voortplanting. Selfs met ’n gerigte kunsmatige seleksie, is die resultaat niks meer as misvormde vrugtevlieë nie. Van die honderde spesiaal gekonstrueerde “mutante” wat uit hierdie werk voortgebring word, is almal slegs variasies. Die meeste of almal is ongewens in die natuur, en almal is nog vrugtevlieë.
Mutasies het twee pare vlerke voortgebring in plaas van die normale een paar (links) en ’n been waar ’n antenna moes wees.
Hierdie eksperiment het dus liederlik daarin gefaal om evolusie te bewys.
Die volgende is ’n vertaalde uittreksel uit die artikel Mutations and Evolution, deur dr Jerry Bergman.
Mutasies in vrugtevlieë
Vertaal uit Mutations and Evolution, deur dr Jerry Bergman:
Uitgebreide eksperimente is uitgevoer oor die gevolge van mutasies, veral met die vrugtevlieg bekend as Drosophila. Hierdie klein insek se gunsteling habitat is vrot piesangs en ander vrugte en is ’n ideale onderwerp vir hierdie navorsing. Dit is ’n effektiewe voortplanter wat nie lank leef nie en het groot chromosome wat maklik ondersoek kan word. Boonop verg dit baie min ruimte, kos of versorging om ’n paar duisend vrugtevlieë te teel vir navorsing. Die meeste ander moontlike navorsingsdiere is baie duurder om te voed en aan te hou. ’n Vroulike Drosophila produseer soveel as 600 kleintjies binne so min as 24 dae, en gevolglik sal 90 Drosofila-generasies binne net drie jaar gebore word en sterf. Dit is gelykstaande aan meer menslike geslagte as wat sedert die geboorte van Christus geleef het!
Thomas Hunt Morgan het in 1909 vir die eerste keer Drosophila aan die Universiteit van Columbia begin studeer. In 1910 het hy twee rooi-oog vlieë geteel uit ’n lang lyn met rooi-oog voorouers en het met ’n witoog nageslag vorendag gekom – gerapporteer as die eerste laboratoriumvoorbeeld van ’n nie-dodelike nadelige mutasie – hoewel sommige die gevolgtrekking gemaak het dat die witoog-eienskap wat hy gevind het altyd deel van die vlieg se genepoel was. As navorsers diere gedurig met mekaar paar, kom hulle dikwels met ’n verskeidenheid “nuwe” eienskappe voor vanweë die werking van die vele stelsels wat ontwerp is om verskeidenheid te produseer, soos genetiese oorkruising, wat in elke dier gebou is.
In 1926 ontdek Muller dat, wanneer vrugtevlieë aan hoë bestraling (soos X-strale of gammastrale van radioaktiewe materiale) blootgestel word, die mutasietempo in hul nageslag met soveel as 150 keer verhoog kan word.[1] ’n Konserwatiewe beraming is dat Muller die vlak van mutasies ongeveer twintigvoudig verhoog het bo die normale koers, ’n ontdekking waarvoor hy die Nobelprys vir geneeskunde en fisiologie in 1946 ontvang het. Sy werk op hierdie gebied oortuig hom dat die oorgrote meerderheid [van mutasies] nadelig is en dat streng blootstelling aan bestraling streng beheer moes word.[2] Morgan het in totaal ongeveer 900 opeenvolgende geslagte vrugtevlieë geteel, wat gelykstaande is aan 25 000 jaar van menslike voortplanting. Selfs met ’n gerigte kunsmatige seleksie, eindig hy met niks meer as misvormde vrugtevlieë nie. Wallace en Simmons verduidelik dat van die honderde spesiaal gekonstrueerde “mutante” voorrade wat nou as gevolg van hierdie werk bestaan, almal slegs variasies is, die meeste of almal sou ongewens in die natuur wees, en almal is nog vrugtevlieë:
Aan die Universiteit van Edinburgh is sommige vlieë (Drosophila melanogaster, die asynvlieg) van Kaduna, Afrika, in die vroeë 1940’s in so ’n hok ingevoer. Gedurende die laat 1960’s, ongeveer vyf en twintig jaar nadat die vliegpopulasie begin het, kon ’n mens nog steeds Kaduna-vlieë kry van die genetikus in Edinburgh. Na die beste van ons wete bestaan die bevolking nog – nou amper vyftig jaar oud. Die vlieë in ’n bevolkingshok leef tussen twintig en dertig dae. In so ’n hok wat by 25 °C gehou word, word ’n vrugvlieggenerasie geskat as twee weke, miskien ’n bietjie langer. Dus het meer as 1200 generasies vlieë in die Kaduna-bevolkingshok gewoon (soveel geslagte mense, vir wie ’n generasie vyf en twintig jaar is, sou ongeveer 30 000 jaar wees)[3]
Voetnotas
[1] Muller, J. H., 1962. Studies in Genetics, Indiana University Press, Bloomington, Indiana.
[2] Asimov, I., 1964. Biographical Encyclopedia of Science and Technology, Doubleday, Garden City, New York, p. 525
[3] Wallace, B. and Simmons, G. M., 1987. Biology for Living, The Johns Hopkins University Press, Baltimore, p. 209.