‘n Paar opmerkings oor die agenda van AS2023

Hier volg ‘n paar opmerkings oor die agenda van die Algemene Sinode 2023:

Gesamentlike aanbidding

As deel van verslag van ATLAS, paragraaf “3.1 ALGEMENE TAAKSPAN LEER EN AKTUELE SAKE (ATLAS)” (bl 58) word die volgende op bladsy 75 geskryf:

5.7.3. Gesamentlike aanbidding?

‘n Verdere kwelvraag is of Christene dan saam met mense van ander godsdienste mag aanbid? In die Suid-Afrikaanse konteks word hierdie vraag konkreet veral in die omgang met Jode en Moslems. …

Christene kan dus meehelp om gesamentlike aanbiddingsgeleenthede ‘n besondere kwaliteit te gee. Dit is nie ‘n geleentheid waar godsdiensgroepe met mekaar kompeteer of armdruk nie, maar ‘n geleentheid waar Christene – saam met mense van ander geloofsgroepe – ons geloof bely, elkeen op ons eie unieke manier. Godself is die Een wat ons harte toets en deurgrond – ons s’n, maar ook die harte van mense van ander godsdienste. Dus word die oordeel aan God alleen oorgelaat.

Dit sou dus aanbeveel kon word dat Christene – veral dan ook as gemeentes op plaaslike vlak – nie sal huiwer om gesamentlike geleenthede te reël waarin kwellende kwessies van ons samelewing en die wêreld aan die orde gestel kan word nie. Dit sou op “neutrale” plekke kon plaasvind, maar dit sou ook ‘n besondere gebaar van gasvryheid teenoor mense van onder godsdienste kon wees om sulke byeenkomste in ons kerkgeboue te hou. By sulke geleenthede is wedersydse respek vir mekaar se tradisies en rituele van uiterste belang. Christene kan en moet by sulke geleenthede nie daarop aandring dat mense van ander godsdienste die Christelike tradisies moet volg nie. Eweneens sou Christene ook nie die eiesoortigheid van hul gebedstradisies en -rituele hoef op te gee nie. Sulke gesamentlike byeenkomste kan só ingerig word dat almal geleentheid gegun word om (ná mekaar, of parallel met mekaar) die kwessies wat bespreek is in gebed op te dra. Wanneer Christene dit ook opreg in teenwoordigheid van mense van ander godsdienste sou doen, kan dit ‘n besondere getuienis lewer.

Die volgende is lede van ATLAS:

1. SAMESTELLING VAN TAAKSPAN

Dolerende gemeentes

Bladsy 43

4.7 GEMEENTES WAT DOLEER

Die ATR het as volg aan die ASM advies gegee oor dolering:

“Dolering is vreemd aan die Suid Afrikaanse kerkgeskiedenis, spesifiek die NG Kerk. Dit is interessant dat die dolerende gemeentes in die NG Kerk juis ongelukkig is omdat die sinode die gesag om oor hierdie saak van selfdegeslagverhoudings by kerkrade gelaat het. Dolering is nie afskeiding, afstigting of skeurmakery nie. Dit is nie bedoel om ’n voorloper van kerkskeuring te wees nie. Hier is gemeentes wat treur oor besluite en ’n situasie in die kerk waaroor hulle diep beswaard is. Die kerkordelike mening van die ATR is dat dolerende gemeentes hulle locus standi binne kerkverband ringe of sinodes nie verander nie. Dit beteken dat dolerende gemeentes al hulle regte en voorregte in die kerkverband behou, maar ook dat hulle al hulle verantwoordelikhede behou en behoort na te kom. Hulle moet dus nie hanteer word soos afskeiers, skeurmakers of rebelle nie. Oor die voortgesette hantering van die dolerende gemeentes die volgende: ringe neem verantwoordelikheid vir die opsig oor gemeentes en hierdie aangeleentheid behoort pastoraal deur ringe hanteer te word.”

Die ASM het kennis geneem van die bostaande advies. Die hantering van hierdie gemeentes is ’n funksie van die onderskeie sinodes.

‘n Mens wonder wat is dolerende gemeentes se verantwoordelikheid?

Hantering van verskille

Bladsy 40

4. Die ATR bevestig weereens dat lidmate, ampsdraers en gemeentes wat beswaard voel oor bepaalde besluite van die Algemene Sinode gebruik behoort te maak van die kerklike middele wat die Kerkorde bied kerklike middele soos revisie, hantering van kerklike geskille, prosedurele besware, beskrywingspunte en gravamen.

Weereens is dit ‘n boodskap aan behoudendes dat hulle nie moet verwag om spesiale aandag te kry nie.

1 thought on “‘n Paar opmerkings oor die agenda van AS2023”

  1. Onlangs lees ek die volgende oor “Aanname Vooroordeel” (“assumption bias”) in die kuberruimte:

    AANNAME VOOROORDEEL beperk die moontlikheid van verandering vir beide die leier en volgelinge. Dit dien soos ‘n staalkluis en sluit in ‘n statiese geloofstelsel en sluit uit moontlike alternatiewe.

    Hoe groter mag leiers het, hoe meer kwesbaar is hulle vir vooroordeel van aannames omdat hul kollegas hulle waarskynlik nie sal uitdaag nie.

    Hier is drie vorme van aanname-vooroordeel:
    1. Kognitiewe dissonansie – Waar twee teenstrydige oortuigings bestaan en ten einde die interne spanning/konflik te verminder, word daar verander aan een van die oortuigings. Hoe sterker die konflik is, hoe groter is die rasionele denkprosesse wat aangewend word in dié proses.
    2. Ego-betrokkenheid – Wanneer ‘n persoon of groep of sfeer so intens in ’n denkposisie belê is (deels as gevolg van groeplidmaatskap en eie emosionele toewyding) dat dit onwaarskynlik is dat die huidige posisie heroorweeg of hersien sal word.
    3. Oorvertroue-effek – Wanneer subjektiewe vertroue in oordeel betroubaar groter is as objektiewe vertroue.

    Wanneer persone/groepe/sfere deur ‘n veranderingsproses beweeg, loop hul gewoonlik kop eerste vas in aanname-vooroordeel – hety as ‘n buitestander of as direkte deelnemer van so proses. Die dénke dink dalk goeie of nuwe of kreatiewe idees of insigte sal vinnig en maklik aanvaar en geïmplementeer word. En hulle moet, maar dit is nie gewoonlik hoe die draaiboek afspeel nie. Mense tree nie altyd op soos ons verwag of hoop hulle sal nie. Hulle maak aannames en hou daaraan vas – selfs in die lig van voortreflike logika.

    Om foutiewe aannames te ontwortel vereis nie net voortreflike logika nie, maar ook ‘n ondersoek na die vooroordeel of vooroordele wat tot die aanname gelei het. Wees bewus van die tipes aanname-vooroordeel : kognitiewe dissonansie, ego-betrokkenheid en die oorvertroue-effek. Gebruik hierdie kennis om belanghebbendes te help oorreed om die situasie in ‘n meer objektiewe lig te sien.”

    As mens so kyk na die 2023 Agenda, kan mens aflei dat dié AS gesprekke gelei word deur totaal gekaapte denkrigtings, met ‘n mengsel van aanname vooroordele.. Daar word aannames gemaak dat leraars en lede God en Christus goed ken, maar is dit so?

    Die krisis in die NG Ruimte is só akkuut, dat hul ‘n Visie van Christus moet vooropstel bó alle ander punte, en alle huidige punte van die tafel moet afgooi. Die Bybel gee so helder Beeld van God en Christus, en meesste van dié leraars het 6+ jare teologiese studies agter die rug. Maar kénnis alleen bring geen lig – gehoorsaamheid aan die kennis in die Bybel wél. Dít is ware GELOOF.: om die voorbeelde te volg van die geloofskarakters in die boek van Hebreërs deur GOD te gló in woord EN in daad.

    Is hulle volwasse genoeg – of “klein genoeg” – om só radikale verandering te maak in hul eie Agenda vir 2023?

    .’n ❤ wat die Here soek en wil 👁👁, is radikaal in woord en daad, en soos Dawid van ouds, God se woorde te glo en in Sy krag en mag onvoorwaardielik te loop, en ook te bely waar hy of sy teenoor God oortree het.

    “RUN FOREST RUN”! sou my raad wees wég van hierdie sosiale-marxistiese agenda, en gaan soek die Here baie ernstig op in die Binnekamer, soos Andrew Murray rééds in 1912 aan NG leraars te kenne gegee het. En maak die eie hart groot oop vir die Bybel wat kristalhelder praat reeds vir eeue.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui