Kyk ook:
- Die NG Kerk in 2022
- Vrystaat Sinode 2022 (Maart)
- Sinode Noord-Kaapland 2022 (Mei)
- Oostelike Sinode 2022 (Augustus)
- Wat is artikel 37 van die NG Kerk Kerkorde?
- Namibië op weg met die algemene sinode? (Ferdie Mulder, 16 Jan 2021)
Die belangrikste besluit wat tydens die Namibiese Sinode (17-19 Maart 2022) geneem is, is:
“Indien die pad van tug en dissipline nie binne die volgende ses maande uitloop op ‘n vaste voorneme om bepaalde besluite van die Algemene Sinode te herroep nie, sal die Namibiese Sinode haar band met die Algemene Sinode losmaak.”
Dus kan ’n mens verwag dat Namibië in September hierdie jaar ’n besluit sal neem.
Die drie hoofredes is die volgende:
- die teleurstelling in die Algemene Sinode 2019 se besluit oor selfdegeslagverhoudings;
- die onvoldoende kerklike opsig en tug van die Algemene Sinode ten opsigte van teologiese opleiding aan NG Kerk geakkrediteerde opleidingsinstellings;
- die gevolglike wantroue wat die verhouding met die Algemene Sinode kenmerk.
Dit het wye reaksie ontlok in die media. Hier volg ’n lys van artikels:
- Namibiese Sinode besluit oor Artikel 37 (19 Mrt 2022)
- Persverklaring: Namibiese Sinode oor Artikel 37 (19 Mrt 2022)
- Namibië se ultimatum aan die NG Kerk (21 Mrt 2022)
- Leef selibaat! (21 Mrt 2022, Johannes de Koning)
- Persverklaring: Kairos Netwerk reageer op besluite deur Sinode van Namibië (22 Mrt 2022)
- NG Kerk in Namibië wil wegbreek oor gays (22 Mrt 2022)
- Algemene Sinode verwelkom gesprek met NG Kerk Namibië (22 Mrt 2022)
- Oor Namibië se ‘ultimatum’ (23 Mrt 2022, Henrietta Klaasing)
- Ons sien uit na gesprek met die Sinode van Namibië – Nelis (23 Mrt 2022, Nelis antwoord Henrietta)
- Namibië roep Algemene Sinode ‘tot inkeer’ (23 Mrt 2022)
- Só kan NG Kerk by Pienk Piet leer (31 Mrt 2022, Leslie van Rooi)
Op 16 en 17 Mei 2022 besoek afgevaardiges van die Namibiese Sinode die ASM. Die ASM besluit om nie op die Namibiese Sinode se ultimatum ag te slaan nie. Hier volg die ASM se terugvoer oor die besluit:
- ASM reageer op Namibië se besoek (18 Mei 2022)
- Namibië-span vlieg na SA : Maratongesprek om eenheid te behou (Kerkbode, 21 Mei 2022)
Op 4 Oktober 2022 reik ds Johannes de Koning die volgende video uit:
Op aanbeveling van die Matteus 18 taakspan stel die moderamen van die Namibiese sinode die besluit oor artikel 37 uit tot na die Algemene Sinode in Oktober 2023:
- Moderamen van Namibiese Sinode stel Artikel 37 uit (22 Nov 2022)
- Namibië wil besware verder vat, Kairos maak planne (Kerkbode, 24 Nov 2022)
Ds Johannes de Koning reik die volgende persoonlike verklaring uit oor hierdie besluit:
- Ek kan nie anders nie (Johannes de Koning, 22 Nov 2022)
Ferdie Mulder:
- Lang gras (27 Nov 2022, 12:27)