Bartolomeus, ook genoem Natanael, was een van Jesus se 12 dissipels.
Hy was van Kana in Galilea (Joh 21:2).
Natanael was een van die eerstes wat geglo het dat Jesus die seun van God was (Joh 1:49)
Natanael en Fillipus was waarskynlik vriende:
- Hulle word saam genoem in Matteus 10:3, Markus 3:18 en Lukas 6:14.
- Nadat Jesus vir Fillipus geroep het (Joh 1:43) het Filippus dit aan Natanael vertel (Joh 1:45)
In Matteus, Markus, Lukas en Handelinge word daar slegs na Bartolomeus verwys as deel van ‘n lys van ander dissipels:
- Matteus 10:3 Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Tomas en Matteus die tollenaar; Jakobus seun van Alfeus, en Taddeus;
- Markus 3:18 Andreas, Filippus, Bartolomeus, Matteus, Tomas, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die Kananeër,
- Lukas 6:14 Hulle was Simon, wat Hy ook Petrus genoem het, en sy broer Andreas, Jakobus en Johannes, Filippus en Bartolomeus,
- Handelinge 1:13 In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Dit was Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas seun van Jakobus.
Johannes verwys na Bartolomeus as Natanael en vertel iets van sy roeping:
(45)Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: “Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef.” (46)Maar Natanael sê vir hom: “Kan daar uit Nasaret iets goeds kom?” “Kom kyk,” het Filippus hom geantwoord. (47)Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: “Hier is ‘n ware Israeliet, ‘n man in wie daar geen bedrog is nie.” (48)Natanael vra Hom toe: “Waarvandaan ken U my?” “Voordat Filippus jou geroep het,” antwoord Jesus hom, “toe jy nog onder die vyeboom was, het Ek jou al gesien.” (49)Toe roep Natanael uit: “Rabbi, U is die Seun van God; U is die Koning van Israel!” (50)Daarop sê Jesus vir hom: “Glo jy omdat Ek vir jou gesê het dat Ek jou onder die vyeboom gesien het? Jy sal nog groter dinge as dit sien.” (51)Verder sê Jesus vir hom: “Dit verseker Ek julle: Julle sal die hemel oop sien en julle sal die engele van God sien op- en afklim na die Seun van die mens toe.”
(Vers 51 verwys waarskynlik Jakob se leer in Genesis 28)
Toe Jesus na Sy opstanding aan sy dissipels verskyn het by die See van Tiberias was Natanael ook daar (Joh 21:2).
Na Jesus se opstanding
Alhoewel daar nie veel bekend is oor Natanael buite die evangelies nie, dui kerkgeskiedenis daarop dat Natanael verby Judea gereis het om dele van Persië en Indië te bedien, miskien so ver as Armenië, wie se kerk hom tot vandag toe as hul heilige en stigter erken.
Sterf
Daar bestaan geen betroubare rekord van hoe Natanael gesterf het nie. Sommige tradisies vertel van Natanael wat lewendig in Armenië afgeslag is. Ander dui daarop dat hy in ‘n sak vasgebind en in die see gegooi word. ‘n Ander stel voor dat Natanael deur kruisiging gesterf het. Hoe hy werklik gesterf het, is onbekend. Dit is egter redelik seker dat Natanael vir sy geloof gemartel is soos die res van die apostels, met die uitsondering van Johannes.
Bronne
- Who was Nathanael in the Bible? (GotQuestions)
- Why did Nathaniel ask, “Can anything good come out of Nazareth” (John 1:46)? (GotQuestions)
- What Do We Know about Nathanael – the Disciple without Deceit? (Joel Ryan)