Natuurlike seleksie (Engels=natural selection) is die proses waar dinge verander deur tyd as gevolg van die beginsel van “oorlewing van die sterkste”. Dit is ’n proses wat nie noodwendig baie jare hoef te neem nie. In teendeel, natuurlike seleksie kan in die kwessie van een geslag veranderinge aanbring. Natuurlike seleksie kan egter geen nuwe genetiese inligting produseer nie.
Hier is ’n paar voorbeelde van natuurlike seleksie:
Darwin se vinke
Darwin het gevind dat vinke op die Galápagos-eilande verskillende grootte snawels het. Natuurlike seleksie is verantwoordelik daarvoor: In tye van droogte, is die sade harder. Dus, slegs die vinke met groter bekke kry die sade oopgepik en die vinke met kleiner bekke gaan dood voor hulle kan voortplant. Die resultaat is meer vinke met groter snawels. Kyk Darwin’s finches.
Swaeltjies
Daar is gevind dat swaeltjies wat langs snelweë bly ’n korter vlerkspan het as die gemiddelde swaeltjies. Dit is omdat swaeltjies met langer vlerke nie so rats is nie en doodgery word. Dus oorleef die swaeltjies met die korter vlerke. Kyk Traffic clips wings.
Tale
Tale ondergaan ook natuurlike seleksie. Professor Luigi Cavalli-Sforza het bevind dat die ongeveer 6000 tale in die wêreld ontwikkel het uit ongeveer 17 grondtale deur die proses van natuurlike seleksie (kyk Waar kom die tale van die wêreld vandaan?). In die moderne Engelse taal het natuurlike seleksie wesenlike verskille teweeg gebring tussen byvoorbeeld Skotte, Britte, Amerikaners, Texas, ens.
Evolusie
Die twee pilare van evolusie is mutasies en natuurlike seleksie. Vir meer hieroor, kyk Hoe evolusie werk en hoekom dit nie werk nie.