Evolusioniste stel Neanderdallers voor as oermense en voer dit aan as bewyse vir die evolusie van die mens.
Eerste fossiel
Die eerste Neanderdalfossiel is in 1856 gevind in Neanderdal, ’n vallei omtrent 16 km oos van Düsseldorf in Duitsland.
Alhoewel die beendere duidelik menslik was, het dit tog ook merkbaar van die gemiddelde mens s’n verskil.
Neanderdallers was gewone mense
Daar is heelwat redes waarom geglo kan word dat Neanderdallers bloot gewone mense was:
- Hulle skedelholte (daarom breingrootte) was selfs groter as die moderne mens.
- Hulle het die morfologie vir volle taalvermoë gehad (hulle sou kon praat).
- Hulle het gejag en het ook diere ter wille van hul pelse doodgemaak.
- Hulle het hulle kos gekook en met kruie gegeur vir smaak.
- Hulle het die bas van populierbome gebruik as pynstillers.
- Die beserings wat hulle oorleef het is aanduiding dat hulle eenvoudige mediese prosedures geken het.
- Hulle het wapens en gereedskap gebruik.
- Hulle het vuur gemaak.
- Hulle het waarskynlik klere gedra en naaldwerk gedoen.
- Hulle het grimering gedra.
- Hulle het musiekinstrumente gemaak.
- Hulle het hulle dooies begrawe.
Geen dier doen enige van bogenoemde nie.
Nikolai Valuev
Nikolai Valuev was ’n Russiese bokser met ’n baie robuuste voorkoms. Hy is 2.1 m lank en weeg 145 kg. Sy baie robuuste voorkoms herinner baie sterk aan die Neanderdallers se beenstruktuur. Let veral op sy prominente oogbanke. Hy is ’n voorbeeld van ’n gewone mens met kenmerke van “aapmense”.
Vir meer prentjies van hom, google “Nikolai Valuev boxer“.
Ron Perlman is nog iemand met ’n baie growwe beenstruktuur.
Iemand het eenkeer gesê:
If you were to dress Neanderthal man in a suit and tie, he would be as inconspicuous as you or me. You do walk past these people without a second glance.
Verdere bronne
- Neanderdaller (Wikipedia)
- Skepping & Evolusie – Onversoenbaar!, deur Hennie Mouton, paragraaf 9.6
- The sophisticated Neandertal (Creation)
- Neandertal Man—the changing picture (Creation)
- The caring Neandertal (Creation)
- Neandertal Man—the changing picture (Creation)
- Neandertal children’ fossils (Creation)
- The Painted Neandertal (Creation)
- Recovery of Neandertal mtDNA: an evaluation (Creation)
- Neandertal genome like ours (Creation)
- The FOXP2 gene supports Neandertals being fully human (Creation)
- Eye wiring clarified (Creation)
- Flights of fancy (Creation)
- Modern science catches up with Neandertal man (Creation)