Kyk ook: |
In Mei 2019 het NG gemeente Charl Cilliers reeds aanduiding gegee dat hulle glad nie tevrede is met die rigting wat die NG Kerk inslaan nie (kyk Druk bou oor 2015-besluit, meen gemeente). Intussen het die Algemene Sinode ruimte geskep vir selfdegeslagverhoudings (SGVs) in die NG Kerk. Charl Cilliers het daarop gereageer deur te doleer. Hier volg hulle kerkraadsbesluit:
PREDIKANT: Dr. Bennie Marais TEL: 017 6400 217 SEL: 076 9134 861 bpmarais@wam.co.za |
SKRIBA: Anelda Maritz FAKS: 086 620 1487 SEL: 017 6400 239 kerkkantoor@ngcharlcilliers.co.za |
Posbus 3 CHARL CILLIERS 2301 |
Pastorie 319 Ackerman Street CHARL CILLIERS 2301 |
06 November 2019
Geagte voorsitter
Die Kerkraad van die NG Kerk Chari Cilliers het tydens ’n amptelike kerkraadsvergadering op 5
November 2019 die volgende besluit geneem.
- Die Kerkraad distansieer hulself van die Algemene Sinode se besluit rakende
selfdegeslagverhoudinge (SGV). - Die Kerkraad verklaar hiermee dat die gemeente in ’n toestand van rou verkeer en dat die
gemeente voortaan as die Dolerende gemeente van die NG Kerk Charl Cilliers bekend sal staan. - Die Kerkraad versoek die Hoëveld Sinode om ’n buitengewone Sinode Sitting te hou om die
besluit van die Algemene Sinode oor die selfdegeslagverhoudinge te bespreek.
Geteken
Voorsitter van Kerkraad: B Marais
Leierouderling: M de Jager
Leierdiaken: A Serfontein