Kyk ook:
Die volgende is ’n kort opsomming van die algemene sinodes van die NG Kerk:
Jaar | Moderator verkies | Kommentaar |
---|---|---|
1986 | Johan Heyns (4 jaar) | |
1990 | Pieter Potgieter (4 jaar) | |
1994 | Freek Swanepoel (4 jaar) | |
1998 | Pieter Potgieter (4 jaar) | |
2002 | Coenie Burger (5 jaar) | |
2004 | ||
2007 | Piet Strauss (4 jaar) | |
2011 | Nelus Niemandt (4 jaar) | |
2013 | Verklein | |
2015 | Nelis Janse van Rensburg (8 jaar) | Verklein |
2016 | Verklein. Vervroeg. | |
2019 | Verklein | |
2023 | Jan Lubbe |
Die algemene sinode word saamgestel uit afgevaardigdes van al tien streeksinodes. Hierdie afgevaardigdes bestaan uit beide predikante en lidmate.
Streeksinodes bestaan uit al die predikante van die streek plus ’n afgevaardigde kerkraadslid. Dus, die hoeveelheid mense by streeksinodes is die totale hoeveelheid predikante in ’n streek maal twee.
Die normale aantal mense by ’n algemene sinode is 400 mense. ’n Verkleinde sinode bestaan uit 200 mense.
Belangrikste besluite geneem
1986, 2002, 2004, 2007, 2011, 2013, 2015, 2016, 2019, 2023
Vir al die agendas en notules, kyk kerkargief.co.za.
Indien jy op die jaartal kliek, wys dit jou ’n lys van artikels wat oor daardie jaar se sinode gehandel het.
1986
- Kerk en Samelewing
- 1986 NGK homoseksuele standpunt (erken die sondige aard van homoseksualiteit)
2002
- 2002 NGK besluit oor skrifgesag (Die Bybel is eerder mensewoorde oor God as wat dit God se Woord is.)
- 2002 NGK homoseksuele besluit
2004
2007
2011
- 2011 NGK besluit oor die duiwel (maak ruimte)
- 2011 NGK saamwoonbesluit (maak ruimte)
2013
- 2013 NGK besluit oor die duiwel (geringe verandering aan bewoording)
- 2013 NGK homoseksuele besluit (verdere studie)
- Oor geloof en die wetenskap (ondersteun die dokument as gespreksdokument)
2015
- 2015 NGK homoseksuele besluit (maak ruimte vir SGVs)
- Geloof en die wetenskap 2015 (ondersteun die dokument as gespreksdokument)
2016 (BAS)
Hierdie is ’n buitengewone algemene sinode. Die geskeduleerde sinode sou eers in 2017 plaasgevind het, maar dit is vervroeg weens die debakel rondom die 2015 homoseksuele besluit waarop ’n moratorium geplaas is.
- 2016 NGK homoseksuele besluit (draai 2015-besluit om)
2019
- 2019 NGK homoseksuele besluit (maak ruimte vir SGVs)
- 2019 NGK besluit: Aborsie
- 2019 NGK besluit: Gendergeregtigheid
- Drie Scenario’s vir die NG Kerk in 2030
Waardevolle inligting. Dankie Daniel