Ai, alweer evolusie op facebook/kerkbode
Onderstaande is afgetrek van
http://www.facebook.com/kerkbode/posts/379640248724013.
Dit is duidelik dat die NG-leierskap kliphard (alhoewel soms subtiel) probeer om ’n kompromie met evolusioniste aan te gaan.
Danie Mouton -> Kerkbode
Geloof en wetenskap:
Waarskynlik sal deelnemers op hierdie bladsy saamstem met Scot McKnight se assessering van die situasie in die VSA. Hy skryf oor ’n werkswinkel wat hy bygewoon het, waar twee narratiewe oor wetenskap en geloof aan die werk was:
“This workshop focused on learning from and equipping pastors who are wrestling with matters of science and faith in their congregations. On the final morning one pastor noted that he saw two powerful narratives at work today. There is a narrative in the secular world that views religion as a relic of a bygone age. There is a second narrative within our churches that views compromise on evolution, and even for some the age of the earth, to be the first step down the slippery slope to atheism, secularism, and all kinds of immorality.”
Volgens McKnight is die verkondiging van die volle evangelie ’n alternatief vir hierdie dilemma.
What Do We Have to Offer?
musingsonscience.wordpress.com
I had the opportunity last week to attend the BioLogos Theology of Celebration Workshop. This workshop focused on learning from and equipping pastors who are wrestling with matters of science and f…
Kommentare
Albert Cruywagen
Scot McKnight stel ’n uiters aktuele onderwerp aan die orde! Dit wat hy as een pool beskryf (jong-aarde-aanhangers, ens), is “alive and well” in die NGK. DIe ander pool se (stille) ondersteuners is aan die rand van die NGK, en sommige het reeds die kerk verlaat. Scot se voorstel klink vir my hoogs aan te bevele (trouens, ek doen dit reeds): The full gospel, reading the Bible from cover to cover – to recover the story of God’s work in this world.
Nelus Niemandt
Ek dink die sendeling Vincent Donovan help ook om ’n ander narratief aan te bied naas die twee teenoorstaande standpunte wat ook so sigbaar in die debat in SA is. Donovan se die wetenskaplike en godsdienstige standpunte is in ’n bitter geveg om die aandag van die mensdom te fokus. Die wetenskaplike fokus op die skepping van ’n nuwe wereld en die godsdienstige op sake soos verlossing en hoe ’n verlore wereld gered kan word. Donovan stel dat dit eintlik ironies is dat die sekulere wetenskaplikes so baie doen wat die kerk eintlik moes doen – naamlik om besig te wees met met die versorging van die aarde en om lewe self te probeer bewaar. Donovan se antwoord is dat die kerk weer intens betrokke moet raak by die voortgaande proses van die skepping, want die reddende God is ook die Skepper. Hy vra ook dat die Kerk die basiese wetenskaplike konsepte oor die oorsprong van alles aanvaar as deel van die waarheid wat mens in die menslike kultuur aantref. Die kerk behoort dit as ‘common language’ te aanvaar. So word die taal van die wetenskap deel van die algemene taal van die kerk en word gesprek, dialoog en evangelisasie bevorder. Hy herinner ons daaraan dat die wetenskaplike en Bybelse standpunte albei erken dat die skeppingsproses nog voortgaan in die nuwe herskepping.
Albert Cruywagen
Donovan se voorstel is net so navolgenswaardig. As wetenskap en godsdiens daardie common language kan skep, kan daar ook common ground ontwikkel wat wetenskap en godsdiens skep waar (gelowige en ongelowige) mense kan saamwerk aan die skepping. EK beweeg ook so effens in wetenskaplike kringe, en ek hoor telekns van die onvolhoubaarheid van die huidige bestel op aarde.
Hennie Mouton
Ek stem met McKnight saam dat die volle evangelie verkondig moet word. Maar die volle evangelie sluit die werklikheid van die sondeval in Genesis in. Kompromieë hierop is halwe waarhede wat baie vinnig in vals evangelies kan verander.
Nelus verwys hierbo na hierdie opmerking oor Donovan: “Hy vra ook dat die Kerk die basiese wetenskaplike konsepte oor die oorsprong van alles aanvaar as deel van die waarheid wat mens in die menslike kultuur aantref.” Die eenvoudige probleem is dat die Kerk dit nie kan aanvaar as dit met die Bybel en die waarheid bots nie. Alle lesers hier lei waarskynlik (korrek) af dat Nelus via Donovan met hierdie aanhaling eintlik die aanvaarding van net die een oorsprongwetenskaplike vertolking, naamlik evolusie, bepleit.
Daar bestaan na my en baie ander gelowiges se mening baie beter oorsprongwetenskaplike vertolkings, en wat klop met Bybelse gegewens. Dit is verskeie male al hier op facebook/kerkbode bespreek. Heelwat hiervan is op die volgende plekke gestoor:
https://www.glodiebybel.co.za/kruis-en-dwars-op-rsg-oor-evolusie/
https://www.glodiebybel.co.za/gesprekke-op-strokiesnetkerkbode-oor-die-bybel-ouderdomme-en-evolusie/
https://www.glodiebybel.co.za/plasing-op-strokiesnetkerkbode-oor-evolusie-en-die-bybel/
https://www.glodiebybel.co.za/gesprekke-op-strokiesnetkerkbode-oor-evolusie/
https://www.glodiebybel.co.za/gesprekke-op-strokiesnetkerkbode-oor-evolusie-2/
https://www.glodiebybel.co.za/gesprekke-op-strokiesnetkerkbode-oor-evolusie-3/
https://www.glodiebybel.co.za/gesprekke-op-strokiesnetkerkbode-oor-genesis-en-paulus/
Albert Cruywagen
Daar is talle gelowiges wat weer die ware wetenskaplike bevindings aanvaar bo die verkeerde interpretasie van die kreasioniste.
Jaco De Beer
Albert, wat beteken die woord gelowige vir jou.
Albert Cruywagen
Bybelgelowige!! Wat anders?
Hennie Mouton
Nou sal mens dink dat Albert daarom nie Moslems as gelowiges behoort te beskou nie, maar moenie sommer sulke logika van hom verwag nie — kyk ondertoe.
Albert Cruywagen
Hennie: Ek praat van Bybelgelowiges. Ek ken nie die ander godsdiensrigtings se verskillende standpunte oor kreasionisme en ewolusie nie. Dis mos 100% logies.
Jaco De Beer
’n Wille kans nou gevat en ge-google om te sien met wie ek praat…toe kry ek dit…News24…Prayer doesn’t work – dominee…believes Dominee Albert Cruywagen of the NG Church Riebeeck Park in Kemptonpark.
Hennie Mouton
Jaco, die koerant het dit glo verkeerd gestel — miskien verduidelik Albert hier vir jou wat hy eintlik gesê het. Ek kan nou vir Albert verduidelik dat as hy sê (soos hy gedoen het) dat “gelowige” vir hom “Bybelgelowige” beteken, Moslems dus vir hom nie gelowiges moet wees nie, want hulle glo wat in die Koran staan, nie wat in die Bybel staan nie, en hy behoort dit te weet. Maar dit sal nie help nie, want sy logika werk nie so nie. Met sy soort logika is dit ook sinneloos om wetenskaplike argumente met hom te bespreek — daar is sy beste (en omtrent enigste) argument die meerderheidsopinie.
Alwyn Van Schoor
Ja-nee logika is een ding; gesonde verstand iets heel anders ;-))
Albert Cruywagen
Jaco: Glo jy die Beeld of vir my? Ek reken jy is uiters vermetel en gemeen om die Beeld se opskrif te glo! Maar carry on, regardless.
Albert Cruywagen
Hennie: Waaroor praat jy? Jy klink effe onverstaanbaar. Jy weet mos teen die die tyd dat ek nie jou sg. “wetenskaplike” argumente aanvaar nie, omdat die hoofstroom universiteite dit nie aanvaar nie. Jy kan maar inval by die minderheid, ek nie. Dis my logika; asook die meerderheid en die hoofstroom universiteite. Maatr carry on, regardless.
Hennie Mouton
Presies Albert, ek het mos gesê jou beroep op die meerderheid is jou beste en omtrent enigste argument.
Jan Tik
Daar is geloof en daar is bygeloof. Sommige van ons is skuldig aan die eerste, almal is skuldig aan die tweede.
Henrietta Klaasing
Prof. Dr John Byl is ’n afgetrede professor verbonde aan die Trinity Western Universiteit in Kanada. Sy vakgebied is wiskundige wetenskappe maar hy stel ook belang in astronomie, kosmologie en die interaksie tussen wetenskap en godsdiens.
Hy doen gereeld plasings op sy blog oor skepping, evolusie en die wetenskap. Hy tree ook dikwels in debat met die mense van BioLogos. Hier is die nuutste plasing op sy blog:
http://bylogos.blogspot.com/2012/03/science-history-and-bible.html
bylogos: Science, History and the Bible
bylogos.blogspot.com
The purpose of this blog is to promote a Christian worldview, based on the Bible as God’s inerrant and fully authoritative Word, in accordance with the Reformed Confessions.
Henrietta Klaasing
Lees meer oor Prof Dr Byl hier:
http://creationwiki.org/John_Byl
John Byl – CreationWiki, the encyclopedia of creation science
creationwiki.org
Dr. John Byl is a creation scientist with specializations and interests in Galactic Astronomy, Theoretical Physics, Applied Math, Science & Technology, and Christian Worldview. He has a Ph.D. in Astronomy from the University of British Columbia, and is the former Professor of Mathematics and Chair o…
Albert Cruywagen
Hennie: Beide ek en jy is nie opgeleide paleontoloë nie. Dan kan ek mos nie anders as om na die meerderheid, maar gerekende wetenskaplikes te luister. Dis mos 100% logies!
Hennie Mouton
Jy is verkeerd Albert. Ek en jy kan lees wat hulle skryf, en hul argumente probeer verstaan, en teenargumente daarop lees, en dan ’n evaluering doen — is dit goeie argumente of nie. Omdat wetenskaplikes dikwels van mekaar verskil, kan mens hoegenaamd nie aanvaar dat iets waar is omdat ’n wetenskaplike dit kwytgeraak, of selfs gepubliseer het nie. Ek behoort so ’n wetenskaplike evaluering moontlik makliker as jy te kan doen want ek het wetenskaplike kwalifikasies, maar jy behoort met dalk bietjie meer moeite dit ook te kan doen.
Danie Mouton
Om na Nelus se bydrae terug te keer: Dit lyk my Vincent Donovan wil kerk en wetenskap van ’n verlammende twis red en wys op ’n gemeenskaplike missie: die versorging en bewaring van God se skepping. Dit is God se opdrag volgens Genesis. Onderlinge verskille laat ons ons roeping mis. Donovan erken God as Skepper, en begrond sy fokus op die menslike missie (bewaar, versorg, pas op) juis vanuit sy Bybelse Godsbeeld: die Skepper is ook die Herskepper. Dit is ’n uiters waardevolle bydrae.
Hennie, ek dink nie Donovan ontken die krisis in die skepping (sondeval) nie.
Hy herinner my aan die spreekwoord: Twee honde baklei oor ’n been, en die derde gaan daarmee heen. Ons kan so kibbel oor ons gunsteling twistemas, dat ons eintlike roeping vergete bly. Mag ons vorentoe gaan met die besef dat kerk en wetenskap aspekte van ’n gemeenskaplike roeping deur God deel.
Albert Cruywagen
Hennie: Vir oulaas – Ek doen presies dit wat jy hierbo aanbeveel.
Henk van Hoving
Prof Alex Antonites merk op “ Inderdaad is ons wetenskaplike en ander kennis nooit finaal waar nie. Ons aanvaar dat wat ons tans as seker beskou dalk later gewysig kan word of selfs omvergewerp kan word.
Newton sé dat lewelose materie kan geensins funksioneel wees nie, dit kan nie dinge laat beweeg of iets bewerkstellig nie. Dis iets dood. Materie kan nie inisiatief neem nie, kan ook niks aktief oordra nie. Daar moet iets geesteliks daaragter wees wat dit funksioneel kan maak. Anders kan niks verander nie. Vir die verklaring van veral komplekse verskynsels is die geestelike noodsaaklik.
John Locke onderskryf dieselfde siening baie sterk wanneer hy sé “As daar iets ewigs moet wees, laat ons sien van watter wese dit moet wees. Die wese wat alles kan voortbring moet noodwendig ’n kennende/denkende wese wees. Barre materie laat dit tog nie voortbring nie.
Dawkins maak die stelling dat ateisme die logiese van evolusie is.
Darwin met sy oersaptese leer biochemie lei tot biologie. In beginsel dus uit lewelose materie kom uiteindelik die geestelike en die denke.
Antonites sé ‘Wanneer kennis deeglik getoets is, en dit word nie deur harde bewyse weerlé nie, sé ons daardie kennis is bevestig. Inderdaad is dit nie absoluut waar nie. en kan deur nuwe evidensie gewysig word. Natuurlik kan enige wetenskaplike met ’n nuwe hipotese na vore kom wat teen die evolusie teorie staan.
Wat moet ons hieruit verstaan, Die een sé materie kan niks voortbring nie, die ander sé uit lewenlose kom uiteindelik die geestelike en die denke. Ons het reeds die denke, waar is die geestelike? Rym geestelike met ateisme? Indien evolusie ’n gegewe is waarom meen wetenskaplikes dat nuwe hipotese moontlik nog na vore kan kom?
Blinde leiers, julle skep die muggie uit julle beker uit, maar sluk die kameel in
Albert Cruywagen
*Gaaap*
Stephan Marcus
Hello Hennie. Ek wil jou nie onnodig mishandel nie, maar ek het jou boek gedownload en het dus ’n goeie geskrewe rekord van wat jy propageer.
Jy sê aan Albert dat jy wetenskaplike opleiding het en dus wetenskap buite jou veld makliker as hy sal verstaan. Jou strekking is dat mens nie ’n deskundige hoef te wees om die stellings gemaak deur deskundiges in ’n veld te beoordeel nie. Gedeeltelik stem ek met jou saam. Jy moet egter toegee dat daar parate kennis is wat mens oor moet beskik as jy ’n geldige opinie wil lug en dat jy die vaardighede van analise en kritiese denke van die wetenskaplike moet toepas as jy wetenskaplike status aan jou stellings wil gee.
Hier is my probleem, baie kreasioniste, jy inkluis, gebruik argumente terwyl ’n kritiese, wetenskaplike analise daarvan dit ongeldig bewys.
In jou boek onder die onderwerp “Die ouderdom van die aarde” begin jy ’n bespreking van die hoeveelheid natrium in die oseane aan die hand van ’n artikel van Austin en Humphreys.
Die idee is dat as mens die hoeveelheid natrium tans in die see deel met die verskil tussen toevoeging en verlies jy die maksimum ouderdom van die oseaan en dus die aarde kan bepaal.
As mens krities na die argument kyk is daar ’n onmiddellike probleem, niemand glo die aarde en die oseane is ewe oud nie. Kreasioniste beweer dat huidige verdeling tussen see en droë grond na die Vloed ontstaan het terwyl geoloë aanvaar dat oseane honderde miljoene jare geneem het om te vorm en heeltyd verander n.a.v. kontinentale drywing en of ons in ’n ystydperk is of nie.
Vir die berekening om geldig te wees, moet mens veronderstel dat die huidige tempo’s van toevoeging en verlies nog altyd gegeld het. Enige boer sal vir jou kan sê dat reënval en dus die hoeveelheid natrium wat in die oseane invloei, nog nooit konstant was nie. Hoe kan mens die tempo van die afgelope twintig, honderd of duisend jaar twee en sestig miljoen jaar in die verlede in ekstrapoleer? In die lig daarvan dat kreasioniste beweer dat die snelheid van lig en die tempo van kernverval nie in die verlede konstant was nie is dit kwaai teenstrydig om hierdie veronderstelling te maak.
Laastens (die post raak nou bietjie lank): as twee en sestig miljoen jaar korrek is, is vier en ’n half miljard verkeerd, maar ses duisend ook. Hoe bevorder die gebruik daarvan dan jou saak? Jy kan sekerlik argumenteer dat die prosesse in die berekeninge oorweeg nie verantwoordelik is vir die sout inhoud van die oseaan nie, dat die meeste sout in die oseane beland het tydens die Vloed, maar maak dit nie die hele argument onsinnig nie?
Daar is baie voorbeelde van kreasioniste wat argumente gebruik wat nie kritiese oorweging oorleef nie. Die feit is dat omdat julle ’n ideologie propageer, omdat julle nie soek na kennis nie, maar ten beste ’n debat probeer wen en meestal eintlik maar net onkundige mense met propaganda probeer opsweep, julle wetenskaplike skeptisisme en kritiese analise oorboord moet gooi.
Henrietta Klaasing
Ek wonder hoe ernstig mense wat nie in die historisiteit van Genesis 1 tot 11 glo nie, God se opdrag oor die versorging en bewaring van die aarde opneem. Kan mens kies wat jy wil, wat om te glo en wat nie, in hierdie hoofstukke?
Jan Buter
Baie goed en logies gestel Henriette.
Hennie Mouton
Nee Stephan, alles wat jy noem het ek onder die spesifieke argument aangespreek, en gewys waarom dit nie noodwendig bots met die ouderdomme soos gegee in die Bybel nie. Wat jy nou moet doen, is om te wys hoe die hoeveelheid sout in die oseane kan klop met jou idee van die ouderdom van die oseane van miljarde jare.
Hennie Mouton
Nag Albert.
Danie, dit sal baie jammer wees as jy die sondeval bloot sien as ’n gunsteling twistema. Miskien wil jy vir ons jou verstaan van die sondeval verduidelik? Maar dalk bedoel jy eerder skepping en evolusie is ’n gunsteling twistema. Onthou net dat jy hierdie draad aan die gang gesit het, terwyl die saak nou al tonne male hier bespreek is.
Danie Mouton
Hennie, dieselfde verlammende spanning as in die VSA is ook hier by ons aanwesig. ’n Hoopvolle rigting waarheen ons kan groei is in ’n verstaan van die volle omvang van die evangelie. Dat daar sonde is waarvan ons verlos moet word, is gewis. Dat daar magte van boosheid is wat oorwin moet word, en oorwin is, staan vas. Dat ons moet verander, staan vir my ook vas. Genesis 3 beskryf die geslepe vermenging van waarheid en leuen en die opstand van mense teen God. Waarvan Christus ons verlos deurdat Hy Koning word en God se koninkryk bring. God se koninkry of regering bring vrede, d.w.s. genesing, geregtigheid en vreugde. Ek dink breedweg langs hierdie lyne en hoop dat dit ons van ’n geveg oor Genesis 3 kan bevry, en ons ons fokus op God se aksie in die wêreld kan laat hou.
Hennie Mouton
Danie, ek kan aan ’n paar verlammende spannings dink in die konteks van hierdie draad en die kommentare. So dalk moet jy verduidelik watter een jy in gedagte het: Tussen wie en wie, en presies wat is die spanning?
Danie Mouton
Hennie, die spanning soos Scot McKnight dit verwoord in die oorspronklike skakel. Op KB se fb speel dit af tussen diegene wat evolusie as oorsprongsbeginsel onderskryf en Genesis 1-3 as skeppingsmites sien en die kreasioniste. Daar sal ooreenkomste en verskille wees. Die vraag is of mens dié spanning vanuit ’n derde verwysingspunt, ’n gesprek oor die betekenis van die evangelie van Jesus Christus sou kon benader, en die vasgevalde debat vandaar kon herorienteer. Met “evangelie” bedoel McKnight oor soteriologie, maar meer. Hy bedoel ook koninkryk, en God se regering oor alles, en die heil wat dit meebring: vir die hede en die toekoms.
Sal ons gesprek só verruim kan word? Wonderwerke kan gebeur, maar ek moet bely ek hou nie my asem op nie.
Henrietta Klaasing
Is hierdie gesprek nog aan die gang – ek het die skakel gebêre, maar sien die oorspronklike draad nie op die muur nie (moet sê, ek hou NIKS van sg. “timeline” nie, als spring rond soos ’n kat op ’n warm sinkplaat
Hennie Mouton
Danie, ek en baie ander gelowiges sal beslis nie so ’n kompromisbesluit aanvaar nie, want buiten vir al die redes wat skeppingsleerders al hier genoem het, hoe kan die volle evangelie wat Jesus as die Verlosser in verband bring met die eerste Adam se eerste sonde (1Kor. 15), nie die werklikheid van die sondeval insluit nie?
En hoe kan ons Jesus en Paulus se woorde wat die werklikheid van Genesis in terme van die aarde se ouderdom (soos in die volgende Bybelgedeeltes) bevestig, ontken, en dan dink ons verkondig die volle evangelie?
Mark. 10:6 : “… maar van die begin van die skepping af het God hulle man en vrou gemaak.”
Jesus verwys na man en vrou van die begin van die skepping af – met ander woorde die evolusionistiese wêreldbeeld van miljarde jare sedert die ontstaan van die aarde tot die eerste man en vrou en die relatief kort tydperk van toe tot nou (kort selfs in hulle siening), is verkeerd.
Luk. 11:49-51 : “Daarom het die wysheid van God ook gesê: Ek sal profete en apostels na hulle stuur, en van dié sal hulle doodmaak en vervolg, sodat van hierdie geslag afgeëis kan word die bloed van al die profete wat vergiet is van die grondlegging van die wêreld af, van die bloed van Abel af tot op die bloed van Sagaría wat omgekom het tussen die reukaltaar en die huis van God. Ja, Ek sê vir julle, dit sal afgeëis word van hierdie geslag.”
Jesus plaas die moord op Abel by die grondlegging van die wêreld, dus geen lang tydperk tussen die grondlegging en Abel nie.
Rom. 1:20-21 : “Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie; omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheerlik of gedank het nie; maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister.”
Wie anders as die mens kon die onsigbare dinge van God “van die skepping van die wêreld af” verstaan en duidelik gesien het, met ander woorde die mens was daar van die begin van die skepping af?
Danie, en hoekom stel jy net Gen.1-3 as mites voor, en nie Gen.1-11 soos Ben du Toit nie? Kyk na die e-posse wat onderaan https://www.glodiebybel.co.za/kruis-en-dwars-op-rsg-oor-evolusie/ gestoor is. Ben se foutiewe opinie dat Jesus dieselfde gebrekkige wêreldbeeld as die pre-moderne mense gehad het (soos gestel in sy een boek), en daarom eintlik in sekere opsigte leuens kon verkondig het, word deeglik weerlê in die artikel “Jesus on the age of the earth” – kyk op
http://creation.com/jesus-age-earth.
’n Vraagstuk wat gereeld opkom is die saak van God wat veronderstel is om almagtig en liefdevol te wees, maar die wêreld is vol wreedhede. Allerlei onbevredigende antwoorde hiervoor word opgedis as die werklikheid van Gen. 1-3 nie voorgestaan word nie. Die volle evangelie sluit die volle Bybel in, vanaf Gen. 1.
Henrietta Klaasing
Ek wil weer vra (omdat my vraag nie beantwoord is nie): Kan mens kies wat jy wil, wat om te glo en wat nie, in hierdie hoofstukke in Genesis? Want dit lyk Christene wat bekommerd is oor aardverhitting en aanverwante sake, kies om God se opdrag aan die mens in Genesis om die aarde te bewerk en te bewaak te glo, maar nie die res oor die skepping nie.
Jaco De Beer
Hennie Mouton en Danie, ek dink wat die kompleksiteit van die probleem meer verduidelik is…Watter God ken jy as jy nie in Genesis 1-11 glo nie. As die sondeval dan nie ’n historiese gebeurtenis is nie, waarvoor moes Jesus sterf..As Adam en Eva nie historiese figure was nie, hoekom leer Romeine ons van die eerste Adam en die tweede Adam wat verduidelik hoekom Jesus vlees moes word. As jy glo in Jesus se opstanding uit die dood en opvaar na die Hemel waar Hy nou sit aan God se regterkant…Hoekom is Genesis ’n probleem. Dan maak Genesis juis sin, want as God dit kan doen, hoekom kan hy nie Adam uit grond skep nie. As Jesus Lasarus in ’n ontbinde toestand kan herskep tot lewende persoon, hoekom kan Hy nie Adam skep van grond nie..
Die eintlike belangrike vraag is, as jy Genesis 1-11 verwerp en selfs Jesus bevraagteken….is jy werklik gered en het jy die Gees van God in jou hart….
Hennie Mouton
Dankie vir jou geldige opmerkings Jaco. Henrietta, jou vraag is 100% toepaslik want die mense wat Gen. 1-3 of Gen. 1-11 as mites aanvaar, stop nie daar nie, maar sien allerlei ander geskiedkundige gegewens in die Bybel ook as mites of as onwerklikhede. Die Bybel self is nie meer vir hulle die bepaler van hoe om wat in die Bybel te verstaan nie, maar die nuutste wetenskaplike vertolkings word eintlik vir hulle die outoriteit.
Hennie Mouton
In die artikel hierbo word die onwaar stelling gemaak dat skeppingsleerders glo dat: “The future of the church depends on rejection of science, evolutionary biology, and most forms of human learning.”
Dit wys net dat die artikelskrywer so bevooroordeeld is dat hy nie besef dat die evolusionistiese vertolking van oorsprongwetenskaplike data maar net EEN vertolking van SLEGS SEKERE GEBIEDE van die wetenskap is nie, en dat verwerping daarvan hoegenaamd nie neerkom op verwerping van wetenskap in die geheel of eers van naastenby die meerderheid van wetenskap nie.
Henrietta Klaasing
Goed gestel Hennie. Myns insiens is ’n ander fout wat Scot maak (met verreikende implikasies) , om te dink dat daar ’n soort van “goue middeweg” moontlik is. Ek is besig om Bybelstudie te doen om iewers in die Woord van God ’n aanhakplek daarvoor te kry – tot sover kon ek nie.
Danie Mouton
Die volgende paragraaf is belangrik:
“I think what we have to offer is the full gospel. This has to begin with reading the bible seriously from cover to cover. Not to find science and literal history in the early chapters of Genesis, but to recover the story of God’s work in his world. Of course this needs to be fleshed out a good deal more. Scot’s book The King Jesus Gospel and NT Wright’s new book How God Became King may help us on this path.”
Ongelukkig moet mens dié twee boeke lees om regtig die implikasie van die woorde die “volle evangelie” te verstaan. Ek sê ongelukkig, want die inhoud kan nie sommer vinnig in ’n fb-pos uitgepak word nie. Dit het egter daarmee te doen dat die skrywers baie erns met Jesus se bediening en met God se heerskappy maak.
Chris Steyn
Oppas vir die tipiese slaggat van dualistiese of polariteitsdenke: – of-of denke. Dit maak dat jy jou verstaansveld verklein, minder sien, minder glo en op die ou end eintlik die punt mis. En hierdie denke wil soveel beheer as moontlik – die verlede hede en toekoms. Geen lewensreis is met hierdie denke nodig nie, want jy het alreeds al die antwoorde en sekerhede aan die begin. Enige iemand wat v jou verskil, word verdag gemaak, afgeskryf, uitgeskuif. Dus jy bly (stagnant) waar jy is. Geen groei, geen ontwikkeling en dus geen EGTE lewe is moontlik nie. McKnight se idee is ’n poging om van hierdie God-speel denke (wat te volop in die kerk is) weg te kom en God self aan die woord (Woord?) te stel.
Henrietta Klaasing
Waaroor gaan die louheid (nie koud of warm) in Openbaring 3:16, Chris? Gaan dit nie juis oor so ’n tipe “goue middeweg” nie? In die Ou Testament is dualistiese denke, soos jy dit stel, nogal algemeen: Moses wat aan die einde van Deuteronomium die volk ’n keuse tussen twee dinge gee: dood of lewe (Lees Deutr 28, 29, 30 veral Deutr 30:15) . Ook Josua (24:15) gee vir die volk ’n keuse (afgode of Lewende God) sonder ’n middeweg. Ook Elia vra die volk hoe lank hink hulle op TWEE gedagtes (1 Kon 18:21), met ’n keuse tussen God of Baäl.
Hennie Mouton
Om Genesis as geskiedenis te sien, is geen rede om nie die dieper betekenis daarvan OOK en JUIS DAAROM raak te sien en erns mee te maak nie.
Philip du Toit
Chris, mens sal aan die ander kant ook moet waak teen die slaggat van monisme, waarin die onderskeid tussen Skepper en skepsel, tussen heilig en onheilig, tussen waarheid en leuen vervaag of verval. Dit is m.i. meer gevaarlik. In ’n monistiese wêreldbeskouing verdwyn later alle grense en word alles en almal geakkommodeer.