Kyk ook:
- Getuienisse van NG Kerk teologiese studente
- Die NG Kerk en teologiese opleiding
- Fanie Snyman moeg vir verdagmakery
- NG teologiese skole progay
- UP Teologiese Fakulteit – Claassen in, Harwood uit (Feb 2010)
- Thomas Römer vergiftig teologiese studente by Tukkies (Sep 2019)
- Memorandum oor NG Kerk teologiese fakulteite (Henrietta Klaasing, 8 Apr 2021)
WD Jonker en JA Heyns, Op Weg met die Teologie (NG Kerkboekhandel, Pretoria, 1977), p. 203
Hier volg ’n paar voorbeelde van die slagveld wat die drie NG Kerk teologiese fakulteite (Pretoria, Bloemfontein en Stellenbosch) gelaat het:
- Reeds in 2005 besef Jan Grey en Hennie Stander dat die NG Kerk se teologiese fakulteite op die verkeerde pad is – kyk Kerklike ‘dwaalleer’ vir ál meer studente, teoloë onaanvaarbaar (22 Mei 2005)
- Ferdie Mulder, ’n teologiese student van UP het proff Dirk Human, Jurie le Roux en Julian Müller gekonfronteer oor hulle sieninge oor Jesus se opstanding. In kort het dit gelei tot Ferdie Mulder se lewenslange skorsing by UP se teologiese fakulteit (ongeveer 2006), en genoemde professore het skotvry daarvan afgekom sonder dat dit vir hulle nodig was om hulle standpunt oor Jesus se opstanding te erken. Ten spyte daarvan dat die kuratorium bewus was van alles het hulle nie ’n vinger verroer nie. Vir meer hieroor, lees gerus Ferdie se boek, Opgestaan of lees opmerkings van Jan Louw, Coert Welman, Eckard Briedenhann of Chris Visser.
- Teologiestudente verloor geloof by NG Kerk teologiese fakulteite
- Anonieme getuienis van UP teologiese student van ’n tydgenoot van Ferdie.
- Die glybaan na ongeloof
- Getuienis van teologiese student UV
- Wie moet by wie in SA leer? (Cas Wepener, 9 Februarie 2019)
In Ferdie Mulder se boek Opgestaan vertel prof Hennie Stander ’n verhaal wat in sy kantoor by Tukkies afgespeel het:
Voor my sit ’n derdejaar student. Wanneer hy begin praat, sien ek sy oë swem in trane: ‘Professor, ek wil met u praat. Ek worstel met my geloof. Hoe kry u dit nog reg om in Jesus te glo?’ Ek kan nie onthou hoeveel teologie studente in die afgelope twee jaar in my kantoor kom sit het met dieselfde vraag nie. Later begin hy onbeskaamd snik en sê: ‘Professor, ek voel soos ’n verraaier. Tuis in my ouerhuis glo ek saam met my ouers en is ek aktief betrokke in ons gemeente, maar wanneer ek hier by die universiteit kom, word baie van die dinge waarin ek glo, in die klas met minagting afgelag. Skielik dink ek aan dit wat iemand op ’n keer vir my gesê het: “Die teoloë leef met die geld van gelowiges, maar hulle ondergrawe die geloof van dieselfde gelowiges.