Kyk ook:
Noag was die 10de persoon in Adam se geslagsregister (Genesis 5).
God het Noag geroep om ‘n ark te bou omdat Hy die wêreld wou verwoes weens die mensdom se goddeloosheid. Vir meer oor die sondvloed, kyk Sondvloed.
Tydlyn
Beskrywing | Ouderdom | vC |
---|---|---|
Noag word gebore toe sy pa, Lameg 182 jaar oud. | 0 | 2948 |
God stuur Noag en gee die mense op aarde 120 jaar om berou te toon. (Gen 6:3) | 479 | 2469 |
Noag se eerste seun, Jafet, word gebore. | 500 | 2448 |
Noag se tweede seun, Sem, word twee jaar later gebore, omdat Sem 100 jaar oud was, twee jaar na die vloed (Gen 11:10) | 502 | 2446 |
Metusalag sterf toe hy 969 jaar oud was | 599 | 2349 |
Noag gaan die ark binne | 599 | 2349 |
Noag verlaat die ark | 600 | 2348 |
Sem is 100 jaar oud | 602 | 2346 |
Toring van Babel | 706 | 2242 |
Noag sterf (Genesis 9:28-29) | 950 | 1998 |
Abraham word gebore | nvt | 1996 |
Noag in die res van die Bybel
Daar word na Noag in die volgende dele in die Bybel verwys, behalwe Genesis:
Bybel | Beskrywing |
---|---|
1 Kron 1:4 | Geslagsregister |
Jes 54:9 | Soos met die waters van Noag is dit vir My: soos Ek met ‘n eed bevestig het dat die waters van Noag nie weer die aarde sal oorstroom nie, so bevestig Ek met ‘n eed dat Ek nie langer toornig op jou sal wees en jou sal straf nie. |
Esg 14:14,20 | (13)“…wanneer ‘n land teen My sondig en heeltemal troueloos word, en Ek steek my hand teen hom uit en vat sy kos weg en bring hongersnood in hom en Ek roei mens en dier uit hom uit, (14)sou selfs daardie drie manne van ouds, Noag, Daniël en Job wat volgens my wil geleef het, net hulleself in die lewe kon hou, … (19)Of as Ek pes oor daardie land stuur en Ek my toorn daarteen laat losbreek om mens en dier daar uit te roei in ‘n groot slagting, (20)sou so seker as Ek leef, sê die Here my God, Noag, Daniël en Job as hulle daar was, nie eens ‘n enkele seun of dogter kon red nie; hulle sou net hulleself in die lewe kon hou omdat hulle volgens my wil geleef het.” |
Mat 24:37-38 | Soos dit in die dae van Noag was, sal dit ook wees by die koms van die Seun van die mens. |
Luk 3:36 | Geslagsregister |
Luk 17:26-27 | Net soos dit in die tyd van Noag gegaan het, so sal dit ook gaan in die tyd van die Seun van die mens: |
Heb 11:7 | Omdat Noag geglo het, het hy God eerbiedig gehoorsaam toe hy gewaarsku is oor dinge wat nog nie gesien kon word nie. Daarom het hy die ark gebou om sy huisgesin te red. |
1 Pet 3:20 | Dit is hulle wat aan God ongehoorsaam gebly het toe Hy groot geduld met hulle aan die dag gelê het in die tyd toe Noag die ark gebou het. Net ‘n klein klompie in die ark, ag in getal, is deur die water gered. |
2 Pet 2:5 | Hy het ook die wêreld van die outyd nie gespaar nie, maar die sondvloed oor die wêreld van goddelose mense gebring. Net vir Noag wat die wil van God verkondig het, en sewe ander mense het Hy gered. |
Hieruit is dit baie duidelik dat die skrywers van die Bybel geglo het dat Noag ‘n werklike persoon was en dat daar werklik ‘n sondvloed was.