Kyk ook:
Daar is baie dele in die Bybel wat baie duidelik daaroor is dat ‘n mens nie saam met ongelowiges aan dieselfde juk kan trek binne die kerk nie. Ook dat jy slegs tot op ‘n punt moet probeer om mense te oortuig, en dan moet jy wegstap:
- Matteus 18:15-17 (Matteus-18-pad) (“behandel as ‘n heiden en tollenaar”)
- Matteus 10:14 (“skud die stof van julle voete af”)
- Matteus 10:34-39 (Jesus bring nie vrede nie maar die swaard)
- Handelinge 2:40 (“Laat julle red tussen hierdie ontaarde mense uit.”)
- Handelinge 13:51 (… het hulle [Paulus en Barnabas] die stof van hulle voete afgeskud as gebaar teen die stad)
- Handelinge 18:6 (…het hy die stof van sy klere afgeskud en gesê: “As julle verlore gaan, is dit julle eie skuld…”)
- Handelinge 19:9-10 (… Toe het Paulus hulle verlaat en die gelowiges afsonderlik geneem en daagliks in die saal van Tirannus besprekings gehou. …)
- Romeine 16:17-18 (Bly weg van dié wat mense afvallig maak van die leer wat julle ontvang het.)
- 1 Korintiërs 5:9-13 (moenie saam met hulle eet nie)
- 1 Korintiërs 15:33 (“Slegte geselskap bederf goeie sedes.”)
- 2 Korintiërs 6:14,17 (“Moenie met ongelowiges in dieselfde juk trek nie. … Gaan van hulle af weg en sonder julle af”)
- Efesiërs 5:6-7 (“Met sulke mense moet julle niks te doen hê nie.”)
- 1 Timoteus 6:5 (“Onttrek jou aan sulke mense.”)
- 2 Timoteus 2:19 (“breek weg van die ongeregtigheid”)
- 2 Timoteus 3:5-9,16 (“Bly weg van sulke mense af.”)
- 2 Tessalonisense 3:6 (Onttrek julle aan elke broer wat leeglê en hom nie hou aan die opdragte wat julle van ons ontvang het nie.)
- Titus 1:9-14 (“Hulle monde moet gesnoer word”)
- Titus 3:9-11 (“jy moet niks met hulle te doen hê nie”)
- 2 Johannes 1:7-11 (moenie sulke mense groet nie)
- Openbaring 18:4 (“Gaan uit haar uit … sodat julle nie aan haar sondes deel kry nie”)
- Jesaja 48:20 (“Gaan uit Babel uit”)
- Jeremia 51:9 ( “Gee pad uit hom [Babel]”)
As gewone NG-lidmaat, kan ek nie sien hoe die NG kerk nie kan skeur nie. n Mens kan mos nie die Bybel interpreteer soos jy wil nie? En dit staan ook geskryf dat God nooit verander nie. As n mens nie meer glo in dit wat in die Bybel staan nie, waaraan glo jy dan? Dan kan jy mos maar netsowel die Bybel weggooi en jou eie reels navolg.
Oor al die sake waar daar van die NG Sinode verskil, is daar tog duidelike uitsprake in die Bybel. Dalk het die hogere teoloe so geleerd geraak dat hulle nie meer die ware stem van God kan hoor nie.