Onvereenvoudigbare kompleksiteit

Onvereenvoudigbare kompleksiteit (Engels = “Irreducible complexity”) is ‘n argument teen evolusie wat beweer dat eenvoudige organismes deur ‘n ewekansige proses geëvolueer het om meer komplekse organismes te word oor tyd.

Om ‘n voorbeeld te noem: Veronderstel jy het vyf van die regte mutasies nodig om die DNS van ‘n vis te verander sodat dit funksionele longe het. Ons noem die mutasies A, B, C, D en E. Indien slegs een van hierdie DNS veranderinge nie in plek is nie, sal die longe nie werk nie.

  • Oor tyd is daar ‘n mutasie wat “A” vorm. “A” alleen bied egter nog geen voordeel vir die vis nie.
  • Na nog tyd verloop het is daar ‘n mutasie wat “B” vorm. Selfs met “A” en “B” in plek is daar geen voordeel vir die lewende organisme nie.
  • Voor die derde komponent vorm, is daar ‘n mutasie wat “A” beskadig. Dus is daar nou weer net een mutasie in plek.
  • Ensovoorts

Verder kan gesien word dat veronderstel dat al vyf veranderinge wel ewekansig in plek kom, dan besit die vis beide kieue en longe. Indien hierdie nuwe lewende organisme homself op land vestig, besit dit kieue, wat geen doel dien nie. Dit is dus ‘n oorblyfselorgaan. Geen lewende wese vandag bevat baie duidelike oorblyfselorgane nie.

Michael Behe het die voorbeeld van ’n muisval gebruik om bogenoemde te illustreer: ’n muisval het 5 komponente nodig om te werk. Indien slegs een van daardie komponente nie werk nie, dan het die muisval geen nut nie.

Daar is heelwat voorbeelde in die natuur waar baie meer dinge gelyktydig in plek moet wees as net vyf, soos byvoorbeeld:

In sy boek, On the Origin of Species, skryf Charles Darwin die volgende:

“As daar gedemonstreer kon word dat enige komplekse orgaan bestaan het, wat onmoontlik deur talle, opeenvolgende, geringe modifikasies gevorm kon word, sou my teorie absoluut afbreek. Maar ek kan nie so ‘n geval vind nie.”

Ook:

Om te veronderstel dat die oog met al sy onnavolgbare uitvindsels vir die aanpassing van fokus vir verskillende afstande, vir die toelating van verskillende hoeveelhede lig, en vir die regstelling van sferiese en chromatiese afwyking, gevorm kon word deur natuurlike seleksie, blyk dit, moet ek vrylik bely, absurd in die hoogste graad.

Soos reeds genoem is daar heelwat komplekse organe wat onmoontlik gevorm kon word deur oopeenvolgende, geringe modifikasies.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui