Kyk ook: |
Nog ’n petisie (sesde) deur die progays.
Kyk ook ’n lys van petisies deur progays: Lys van petisies deur progays
Dit word geplaas ter inligting.
********
OPE BRIEF AAN DIE ALGEMENE SINODE VAN DIE NG KERK
6 Oktober 2019, Kerkbode, Briewe
Hierdie is ’n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Liewe Susters en Broers
Die meeste van die ondergetekendes is lidmate van die NG Kerk, maar nie almal nie. Ons het egter almal verbintenisse met die NG Kerk – of deur familie, of deur vriende, of deur die geskiedenis. Ons is gelowige mense en rig hierdie Ope Brief in ons persoonlike hoedanigheid aan u omdat ons glo dat u tydens die Algemene Sinode van 2019 besluite gaan neem wat vir die kerk van Jesus Christus in Suid-Afrika en Afrika van besondere belang kan wees. Ons vra beleefd u aandag vir die volgende.
Verskeie algemene sinodes het sedert 2004 deur hulle beraadslaging en besluite “tekens van hoop” oor die kwessie van homoseksualiteit opgerig. Die 2015-sinode het in hierdie verband vir ’n groot deurbraak gesorg deur ruimte te gee vir selfdegeslagverbintenisse, maar dit is ongelukkig deur die 2016-buitengewone sinode ongedaan gemaak. 2016 se besluite is daarna om prosedurele en substantiewe redes deur die Hooggeregshof ter syde gestel nadat lidmate van die NG Kerk hulle tot die hof gewend het omdat dit die enigste manier was om regsekerheid te kry.
Die 2004-sinode het reeds om verskoning gevra aan gay mense en hulle families wat in die verlede deur die kerk se optrede diep seergemaak is. Daaropvolgende sinodes het dié verskoning herhaal, maar die besluite van die 2016-sinode het opnuut ou wonde oopgekrap.
Die Bybel praat nêrens oor seksuele oriëntasie as sodanig nie. “Homoseksualiteit” is nie ’n Bybelse term nie, maar dateer uit die 19de eeu. Dit is ons oortuiging dat, soos ’n heteroseksuele oriëntasie in sy verskillende vorme nie sonde is nie, so is ’n homoseksuele oriëntasie in sy verskillende vorme nie sonde nie. En soos ’n morele heteroseksuele leefwyse nie sonde is nie, so is ’n morele homoseksuele leefwyse nie sonde nie.
Ons aanbid ’n God van liefde en van geregtigheid. Waar daar haat en onreg is – tussen en teenoor rasse, geslagte, nasies, heteroseksuele en homoseksuele mense – is God bedroef. Alle mense is na God se beeld gemaak en ’n kerk, veral ’n kerk, moet elke vorm van onreg afwys. Die NG Kerk het dit, na baie worsteling, ondubbelsinnig oor apartheid gedoen. Die kerk word nou geroep om dit in woord én daad en sonder voorbehoude ten opsigte van LGBTQIA+-mense (lesbies, gay, biseksuele, transgender, queer, interseks, a-seksuele) te doen. En waar die kerk in die verlede in hierdie verband gefouteer het, moet doelgerigte pogings aangewend word om deur herstellende geregtigheid reg te maak wat verkeerd is. Dit beteken onder meer dat LGBTQIA+-gelowiges sonder enige diskriminasie in al die voorregte van kerklidmaatskap moet kan deel, en dat ’n gestruktureerde proses van begrip en versoening tussen heteroseksuele en homoseksuele mense in die kerk aan die gang gesit word. So kan kerkmense leer verstaan dat die bydrae van LGBTQIA+-lidmate dringend nodig is in die kerk se uitvoering van haar rol en roeping as die reformerende kerk van die Here.
Laastens vra ons u om nie deur besluite wat nou geneem word, die hoopgewende inhoud van die 2015-besluite ongedaan te maak nie. Die 2015-besluite was op stuk van sake ’n verset teen onbillike diskriminasie teen LGBTQIA+-mense. Die uitspraak van die Hooggeregshof wys onbillike diskriminasie ook onomwonde af. Dit is egter nie net in stryd met die Grondwet van Suid-Afrika nie, maar in elke opsig ook teenstrydig met die Christelike boodskap van naasteliefde soos uitgedruk in die Groot Gebod. Dit skreeu ten hemele!
Baie dankie vir u aandag.
- Dr Kobus Anthonissen, afgetrede predikant, Bellville
- Ds Nick Bezuidenhout, afgetrede predikant, Jeffreysbaai
- Me Rubaix Bezuidenhout, afgetrede spraakterapeut, Jeffreysbaai
- Me Elise Bishop, afgetree, Strand
- Me Annemie Bosch, aktivis, Pretoria
- Mnr Bouwer Bosch, sanger, akteur en entrepreneur, Randburg
- Prof Hendrik Bosman, afgetrede dosent, Fakulteit Teologie, Stellenbosch
- Me Adele Botha, onderwyser, Somerset-Wes
- Me Anine Botha, ondersteuner, Bloemfontein
- Prof Johan Buitendag, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Me Mary Burton, oud-kommissaris, Waarheids-en-Versoeningskommissie, Rondebosch
- Mnr Frederik Calitz, ingeneur, Milnerton
- Dr Andries Cilliers, predikant, Drieankerbaai, Kaapstad
- Prof Juliana Claassens, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Ds Julian Coetzee, predikant VGKSA, Ocean View
- Dr Murray Coetzee, afgetrede predikant, argivaris Beyers Naudé-sentrum, Stellenbosch
- Mnr Jan Coetzer, MDiv, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Ds Johan Conradie, predikant, Sonstraal, Durbanville
- Mnr Terry Crawford-Browne, afgetrede bankier en wapenskandaal-aktivis, Milnerton
- Me Lavinia Crawford-Browne, bemarker: Desmond Tutu-HIV Foundation, Milnerton
- Prof John de Gruchy, afgetrede teoloog, Hermanus
- Mnr Stefan de Klerk, MDiv, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Dr Gerda de Villiers, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Prop Magriet de Villiers, akademiese ontwikkelingskoordineerder, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Ds Riaan de Villiers, Predikant, Groote Kerk, Kaapstad
- Dr Elma de Vries, konsultant, Michell’s Plain-hospitaal, Kaapstad
- Prof Yolanda Dreyer, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Prof Stan du Plessis, uitvoerende bedryfshoof, US, Stellenbosch
- Me Hilandi du Toit, sanger, Constantia
- Prof Dion Forster, dosent en direkteur Beyers Naudé-sentrum, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Dr Leon Fouché, afgetrede predikant, Jeffreysbaai
- Me Sara Fouché, afgetrede onderwyseres, Jeffreysbaai
- Mnr Danny Fourie, uitgewer, Wellington
- Me Aneleh Fourie le Roux, MIV-fasiliteerder en aktivis, Somerset-Wes
- Dr Frits Gaum, afgetrede predikant, Durbanville
- Me Henda Gaum, tuisteskepper en aktivis, Durbanville
- Prop Laurie Gaum, fasiliteerder, Muizenberg
- Prof Alphonso Groenewald, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, Pretoria
- Me Hanli Groenewald, MDiv, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Dr Pierre Grigor, teoloog, Swakopmunt
- Prof Len Hansen, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Mnr Gielie Hoffmann, konsultant, Pretoria
- Me Annalet Hofmeyr, afgetree, Gordonsbaai
- Me Olga Human, kunstenaar, Somerset-Wes
- Mnr Neels Jackson, joernalis, Pretoria
- Me Louise Jackson, fisioterapeut, Pretoria
- Dr Hanré Janse van Rensburg, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Dr Chris Jones, Eenheid Morele Leierskap, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Me Rhoda Kadalie, afgetrede akademikus, rubriekskrywer, Menseregtekommissaris, California, VSA
- Mnr Siya Khumalo, skrywer, Durban
- Prop Judith Kotzé, konsultant, Kaapstad
- Ds Willie Kotzé, predikant, Gansbaai
- Dr Fiona Kritzinger, pediatriese spesialis, Constantia
- Mnr Wilhelm M Kruger, ondersteuner, Stellenbosch
- Prof Christina Landman, teoloog, Unisa, Pretoria
- Me Janette Larney, dosent, Potchefstroom
- Ds Martin Laubscher, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UV, Bloemfontein
- Dr Lisa le Roux, navorser EGON, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Mnr Charl-Johan Lingenfelder, musiekregisseur en draaiboekskrywer, Vredehoek
- Mnr Deon Lotz, akteur, De Tijger
- Dr Gys Loubser, videograaf, Seepunt
- Dr Lionel Louw, afgetrede predikant, medeprofessor en departementshoof: Ontwikkeling, UK, Kaapstad
- Dr Fanie Marais, predikant, Goodwood
- Dr Nadia Marais, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Prof Johan Maree, afgetrede dosent: Sosiologie, UK, Bloubergstrand
- Dr Arno Meiring, predikant, Universiteitsoord, Pretoria
- Dr Jacob Meiring, narratiewe teoloog, Tamboerskloof
- Prof Piet Meiring, afgetrede dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Dr Juanita Meyer, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UV, Bloemfontein
- Prof Sias Meyer, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Ds Tilana Meyer-Morkel, predikant, Paarl-Vallei, Paarl
- Dr Marthie Momberg, navorsingsgenoot, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Prof Julian Müller, afgetrede dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Dr Peter Nagel, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Me Celeste Naudé, pensioenaris, Pretoria
- Ds Schalk Naudé, afgetrede predikant, Pretoria
- Dr Willem Nicol, afgetrede predikant en teoloog, Pretoria
- Ds Pieter Oberholzer, afgetree, Vishoek
- Me Di Oliver, afgetrede maatskaplike werker en anti-apartheidstryder, Muizenberg
- Me Emma Pienaar, tuisteskepper en aktivis, Grootbrakrivier
- Mnr Hennie Pienaar sr, afgetrede sakeman en boer, Grootbrakrivier
- Prop Hennie Pienaar, sakeman, George
- Prof Hennie Pieterse, afgetrede dosent: Praktiese Teologie, Unisa, Pretoria
- Dr Mary-Anne Potts, afgetrede mediese dokter, Kommetjie
- Prof Jeremy Punt, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Dr Eben Scheffler, afgetrede dosent, Unisa, Pretoria
- Mnr Hein Smit, ondersteuner, Table View
- Mnr Dana Snyman, skrywer en joernalis, Jacobsbaai
- Dr Deon Snyman, direkteur: Restitution Foundation, Kaapstad
- Prof Fanie Snyman, emeritus-dekaan, navorsingsgenoot, Fakulteit Teologie en Religie, UV, Bloemfontein
- Mnr Marco Spaumer, akteur, Kaapstad
- Dr Robert Steiner, predikant, Verenigende Presbiteriaanse Kerk, Rondebosch
- Mnr Ashwin Thyssen, MDiv, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Eerw Mpho Tutu Van Furth, Episkopaalse priester, Amstelveen, Nederland
- Prof Andries van Aarde, afgetrede dosent, Fakulteit Teologie, UP, Pretoria
- Mnr André-Carl van der Merwe, skrywer, kunstenaar en besigheidsman, Seepunt
- Ds Carusta van der Merwe, teoloog, UP, Pretoria
- Me Dania van der Walt, tuisteskepper en aktivis, Gouritsmond
- Dr Albertus van der Westhuizen, pensioenaris, Botrivier
- Prof Ernest van Eck, adjunk-dekaan, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Prof LJ van Niekerk, ondersteuner, Centurion
- Mnr Daan van Rooyen, ondersteuner, Potchefstroom
- Me Lyn van Rooyen, konsultant, Randburg
- Dr Tanya van Wyk, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Me Marieke Vermaak, ondersteuner, George
- Me Lulani Vermeulen, boer, Philippolis
- Prof Cas Vos, afgetrede dekaan, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Prof Robert Vosloo, dosent, Fakulteit Teologie, US, Stellenbosch
- Prof Cas Wepener, dosent, Fakulteit Teologie en Religie, UP, Pretoria
- Me Bettina Wyngaard, skrywer, Grabouw
- Dr Spiwo Xapile, predikant, Verenigende Presbiteriaanse Kerk, Vredehoek
- Me Helen Zille, oud-premier van die Wes-Kaap, Bloubergstrand