Kyk ook:
- Ferdie Mulder
- Julian Müller
- Jurie le Roux
- Dirk Human
- Ben du Toit
- Louis Jonker
- Die Bybel oor Jesus se opstanding
- NG Kerk: Reformeer of… Disintegreer? (2005, Pieter Pelser)
- Die Evangelie is op die spel (2009, Adrio König)
- Die Trojaanse Perd in die NG Kerk, (2010, 7 skrywers)
*******
boek deur Ferdie Mulder.
SLEUTELBESONDERHEDE
Skrywer | Ferdie Mulder |
Titel | Opgestaan |
Subtitel | Studente se stryd om geloof by Tukkies in die jare 2001 tot 2006 |
Publikasiedatum | Julie 2011 |
Bladsye | 368 |
Grootte | 213 x 137 mm |
Buiteblad | Sagteband |
Uitgewer | Opgestaan Publikasies |
ISBN | 978-1-4316-0068-7 |
Prys | R139.00 (BTW ingesluit) |
TEIKENMARK
Christene wat wonder oor hul eie sowel as Jesus se opstanding uit die dood.
INHOUD
Sedert veral die jaar 2000 is daar voortdurend debatte in Suid-Afrika oor of Jesus regtig uit die dood opgestaan het, en of dit nie eerder as ʼn metafoor verstaan moet word nie. In hierdie boek neem Ferdie Mulder gelowiges op ʼn agter-die skerms reis om beter te verstaan hoe hierdie saak tot onlangs toe by top universiteite verloop het. Hy vertel aangrypende, maar ook skokkende verhale van sommige studente se ontnugterings, dosente se uitsprake, en ook die kontroversie rondom die gewraakte petisie waarin ʼn groep studente Jesus se liggaamlike opstanding bely het. Mulder, die inisieerder daarvan, is uiteindelik deur die NG Kerk verbied om predikant te word, en is ook lewenslank geskors van Tukkies se Fakulteit Teologie nadat hy tydens dissiplinêre verhore skuldig bevind is. Hierdie boek is nie net ʼn uitdaging aan die leser om sy of haar eie posisie aangaande Jesus se opstanding te heroorweeg nie, maar ook ʼn aangrypende getuienis van hoe die krag van God, wat Jesus uit die graf opgewek het, vandag nog met ons is om hoop, vergifnis en versoening te bewerk. Die boek is egter beslis ook kontroversieel, omdat dit moontlik opspraakwekkende getuienis wat tydens die onderskeie verhore na vore gekom het, bespreek. Hierdie is ʼn moet lees boek vir almal wat wonder en worstel oor Jesus en gelowiges se opstanding, en ook vir diegene wat meer wil weet oor wat presies in Afrikaanse teologiese opleiding gebeur het tussen 2000-2006 wat betref die opstanding van Jesus.
AANBEVELING
“. . . As Luther bykans vyf eeue gelede gesê het: ‘Hier staan ek, ek kan nie anders nie,’ is dit een ding, maar as ’n teologiestudent vandag nog genoop voel om dit te doen, móét die gevaarligte helder brand. Ek wil elke gelowige aanmoedig om Ferdie se verhaal te lees . . .”
Ds. Jaco Thom, NG Toringkerk, Paarl.
Opgestaan Publikasies, 1 Hall Drive, Cambridge, CB23 7QN, Engeland
e-pos: opgestaanpublikasies@gmail.com
Kyk ook
- Wie is Ferdie Mulder?
- Resensie van Ferdie Mulder se Opgestaan deur Coert Welman
- Opgestaan: Verhoor van ’n Student oor “oneerlikheid” wat lei tot sy “ewige” skorsing… (Chris Visser, 30 Desember 2011)
- Kerk se onreg teen Ferdie Mulder (Jan Louw, 10 Oktober 2012)
- Opmerkings oor Opgestaan deur Eckard Briedenhann (Augustus 2011)
- Boek oor opstanding maak opslae (2011-09-01)
- Boekbesprekings: Opgestaan (Boekbesprekings van Opgestaan deur Slabbert Le Cornu)
- Opstanding-debat herleef (28 Mei 2011)
- Boek onthul teologiese stryd by universiteit (21 Mei 2011)
- Dosente se ‘onskuld is nie net tegnies’ (14 Sep 2007)
- Rokie trek oor skorsing (30 Mrt 2007)
- Student se bewerings drie keer afgewys (26 Jan 2007)
- Gekeer om te studeer (22 Des 2006)
- Teologiese opleiding by Tukkies (23 Sep 2006)
- Kuratorium vra kerke verskoning na studente-klag (13 Okt 2006)
- Twee teoloë onskuldig bevind (29 Jul 2006)
- Ring van Pretoria-Oos bevinding van ondersoekkommissie oor klag teen prof Jurie Le Roux (10 Apr 2006)
- Proff Dirk Human, Jurie le Roux en Julian Müller. Persverklaring rakende “dwaalleer-brief” van mnr Ferdie Mulder en ander (29 Nov 2005)
- Nog UP-studente los protesbrief (30 Jun 2005)
- Hulle het nié brief geteken, sê 7 van UP (27 Jun 2005)
- ‘Dwaalleer’-brief gekap (5 Jul 2005)
- NG teoloë kap ‘dwaalleer’-brief (25 Jun 2005)
Hierdie hele gesprek oor Jesus en wie hy was en is, laat my terugdink na die Skrifgeleerde is die tyd van Jesus. Alles was in die OT oor die die koms van Jesus en God se liefde maar omdat dit gegaan het oor die handhawing van die self wou hulle nie erken en herken wat God deur Sy profete aan hulle oorgedra is nie. Hulle het hulle eie wette en reels gemaak en God misken. Vir my as gelowige word Jesus weerspieel in sy geboorte, Karakter, bediening, sterwe en opstanding. Dit is tog so eenvouding. Glo die Evangelie en jy sal die Koninkryk van God be-erwe, maak jou eie slim stories jou lewe en mis die Koninkryk van God omdat jy nie Sy geregtigheid wil erken nie. Dis jou keuse glo dit of los dit. Indien jy nie saamstem met God se Woord soos in die Skrif vervat nie, los dit. Niemand dwing jou nie. Hou net op om soos die Skrifgeleerde jou wil en reels op gelowiges af te dwing. Indien Van Aarde en sy navolgers so seker was van hulle saak sou hulle dit nie in ander se kele afdwing nie.