Kyk ook:
|
Persoonlike indrukke oor, en poging tot resensie van Ferdie Mulder se pas gepubliseerde boek, Opgestaan.
Deur Eckard Briedenhann
Augustus 2011
1. Ek het sopas die oud Tukkie Teologie student, Ferdie Mulder, se boek ‘Opgestaan’ klaar gelees.
2. Ferdie is die oud NG kerk student wat in 2005-2006 groot opspraak verwek het in beide die kerk en die media toe hy professore Dirk Human, Jurie le Roux en Julian Muller van dwaalleer aangekla het.
3. As gevolg van sy aanklag was drie verhore gehou
(a) ’n juridiese dissiplinêre verhoor op inisiatief van die Fakulteit Teologie se NG Kerk kuratorium,
(b) kerklike ringsondersoeke deur die ringe waarbinne elk van die professore geval het en ‘n
(c) dissiplinêre verhoor by Tukkies aanhangig gemaak deur die drie professore en professor Cas Vos.
4. Die Juridiese verhoor het Ferdie skuldig bevind aan oneerlikheid. Die Kerklike
ringsondersoeke het al drie professore onskuldig bevind op onder meer aanklagte oor hul interpretasies van die opstanding van Jesus. Die Dissiplinêre verhoor het hom ook skuldig bevind op al die aanklagte teen hom en hy is op grond daarvan toe lewenslank geskors uit die Fakulteit Teologie nadat hy sy meestersgraad voltooi het.
5. Dié boek blyk ’n poging van Ferdie te wees om sy kant an die saak te stel, ’n kant waarsonder ’n mens nie ’n volle, gebalanseerde en regverdige prentjie van al die gebeure sal kan kry nie, omdat:
(a) hy jou bewus maak an die jarelange opbou van frustrasie wat tot daardie aanklagte aanleiding gegee het – ’n mens se simpatie lê inderdaad by Ferdie as jy op grond van hierdie inligting besef dat jarelange pogings om die ‘broederlike weg’ te volg ten einde klarigheid te kry o.a. oor of die professore wel in Jesus se liggaamlike opstanding glo, of net eenvoudig onder die mat gevee was of ten beste halfhartig op gereageer as. Wat ’n onreg dat hy die prys moes betaal omdat sy pogings om uit te vind of die opleiers van NG kerk predikante wel in die liggaamlike opstanding van Jesus glo, onbeantwoord gelaat was! Hoekom was dit hoegenaamd vir hom en sy medestudente nodig om sulke vrae te vra?
(b) hy jou bewus maak daarvan dat daar aanvanklik 46 ondertekenaars van die aanklag was, maar dat elke liewe een op die ou einde hulle ondersteuning van die aanklag onttrek het o.a. as gevolg van oënskynlike intimidasie en dreigemente van persone in magsposisies o.a. dat dissiplinêre stappe teen studente geneem sou word of dat hulle nie goedgekeur sou word om as NG predikante gelegitimeer te word nie!
(c) hy jou bewus maak dat hulle aanvanklik met die aanklag na die media (spesifiek Rapport) gegaan het, maar a.g.v. kommunikasie van leierskap by Tukkies se Teologiese Fakulteit dat hulle uiteindelik bereid was om te praat, die verklaring teruggetrek het, net om etlike dae later ’n berig oor die aanklagte in ’n ander koerant te sien met kommentaar wat hulle in ’n slegte lig stel en die Fakulteit in ’n goeie, deur die einste persone wat gesê het hulle was nou bereid om te praat!
(d) hy jou bewus maak dat die Kuratorium nie nodig gehad het om die Juridiese weg te volg nie maar dat hulle eintlik die saak na sy plaaslike gemeente moes verwys as die mees broederlike weg. Hoekom het hulle dan gekies om met twee ad vokate hom te vervolg in ’n juridiese dissiplinere verhoor? Volgens Ferdie se spekulasie omdat hy ’n lidmaat van Moreletta was wat in elk geval sy gevoelens simpatiek was en hom waarskynlik te lig daarvan sou laat afkom het.
(e) hy jou bewus maak dat sommige van die ringsondersoeke se lede, of die aangeklaagdes simpatiek was of selfs dieselfde oortuigings as hulle blyk te gehad het!
(f) hy jou bewus maak dat sleutegetuienis en getuies teengestaan of onderdruk of
geïgnoreer as.
(g) hy jou bewus maak dat hy volgens Kerkordelike prosedures teen die bevindings insake proff Jurie le Roux en Julian Muller se appélle geappelleer het by verskeie kerklike liggame, maar tot vandag toe nog geen respons gehad het nie! Wat die appél teen sy skuldigbevinding deur die kuratorium kommissie aangaan was die persoon wat die afkeurende besluit aan hom oorgedra het ’n lid (voorsitter) van die kuratorium wat besluit het om hom juridies te vervolg!
’n Mens se indruk na alles is ‘What a travesty of justice!’
(h) hy jou bewus maak daarvan dat die NG Kerk ’n ooreenkoms met die Teologie Fakulteit het, benewens die leraars se legitimasieverklarings, dat hulle studente binne die grense van die Gereformeerde belydenisskrife sal onderrig en as hulle enige oortuigings strydig daarmee ontwikkel hulle dit nie aan studente sal leer nie, maar eers aan die toegewese liggame sal voorlê vir oorweging en goedkeuring. Ferdie se probleem was dat hierdie professore hulle ten gunste van, of ten minste oop verklaar het vir sienings oor besonderlik Jesus se liggaamlike opstanding wat lynreg teen die belydenisskrifte indruis (alhoewel die professore dit natuurlik sal betwis!).
(i) hy jou bewus maak van klasmaats wat of opgeskop of deurmekaar geraak en selfs hulle geloof verloor het op grond van wat in besonder deur hierdie professore geleer was!
6. Ek haal my hoed af vir Ferdie wat ten spyte van die onregte wat hom aangedoen is steeds ’n daadwerklike poging aanwend o aan die Fakulteit en professore krediet te gee waar dit hulle toekom. Hy fokus op argumente en nie karakters nie. Hy is ook diep bewus daarvan dat hy waarskynlik nie objektief na gebeure kyk nie en maak by herhaling die punt dat veral die interpretasies wat hy deurgee bloot maar sy invalshoek is en nie noodwendig die volle verhaal nie. Hy erken ruiterlik sy foute en vra om verskoning daarvoor. Niks hiervan neem egter daarvan weg dat die professore sienings oor die liggaamlike opstanding van Jesus huldig wat strydig blyk te wees met Kerkordelike prosedures, hulle legitimasieverklarings en die NG kerk se ooreenkomste met die Fakulteit nie. Vir hom om aan tegnikaliteite skuldig bevind te word en vir die professore om onskuldig verklaar te word laat mens met die indruk dat in die ondersoeke ‘gemajor’ is op die ‘minors’.
7. Gesien in die lig hiervan en al die bewyse wat Ferdie voorlê is mens eerstens verstom dat die professore vrygespreek is, maar kom jy ook tweedens diep onder die indruk daarvan dat mense met dieselfde sienings as die professore hulleself in sleutelposisies van mag en invloed in die kerk bevind en dat hulle daardie posisies met alle mag en mening sal beskerm indien nodig. ’n Mens kry nogals die gevoel dat die stert besig is om die hond te swaai!
8. As ek net ter afsluiting enkele persoonlike opmerkings mag maak:
(a) ek sou my in dieselfde jaargroep in dieselfde Faulteit bevind het as ek positief gereageer het op my leraars se aanbod in 1998 om vir my te betaal indien ek Teologie sou gaan studeer. Ek ys enersyds as ek dink watter skade my jong geloof kon gelei het as ek wel gegaan het. Ek is andersyds ongelooflik dankbaar dat Abba wat sien en hoor daar waar ons nie kan nie, my anders gelei het!
(b) ek is el nie meer ’n lidmaat an die NG kerk nie, maar ek is steeds deel an die liggaam van Christus. Ek is geroepe as ’n leraar en as sodanig besorg oor die welsyn van die kudde. Daarom vind ek dit ontstemmend om te dink dat persone met hierdie tipe sienings nou al vir baie jare die kudde se herders oplei.
(c) ek kan nie verstaan waarom hierdie persone nie onder kerklike tug geplaas word en tot orde geroep word nie.
(d) hierdie persone se oënskynlike verwerping of betwyfeling van die liggaamlike opstanding van Jesus gaan verder as ‘bloot’ die skreiing van die belydenisskrifte, maar plaas eintlik ook hul siening van die inspirasie van die Skrif en die Heerskappy van Jesus onder verdenking aangesien lg. uitdruklik in die Skrif aandui dat Hy fisiek uit die dood sou opstaan en opgestaan het. ’n Verwerping van, of akkomodering an enige ander siening as dat Jesus fisiek uit die dood opgestaan het (wat natuurlik nie geestelike dimensies uitsluit nie – maar gewis is ’n leê graf agtergelaat het) kom neer op ’n verwerping van die woorde an Jesus self
en dus ook die gesag en inspirasie van die Skrif, wat inderdaad ook die geval blyk te wees soos uit hierdie skokkende woorde van Prof Jurie le Roux wat Ferdie neergepen het blyk, “Vir die eerste eeuse Christene het Jesus opgestaan, omdat dit deel van hulle wêreldbeeld was. Vandag kan ons dit nie meer so verstaan nie” en elders haal hy prof. Le Roux aan as dat hy na die Bybel verwys het as “die ‘gekonkel van mense!’
Ek dink Ferdie doen ons al al ’n guns deur die are stand van sake in perspektief te bring.
Mag sy boek ver en wyd versprei en gelees word en mag die kinders van die Here se oë oopgaan vir wat aangaan sodat hulle met onderskeiding na hulle Dominees kan luister, hulle families wat nog in die NG kerk is kan waarsku en hulle seuns en dogters wat geroepe voel tot die bediening na die regte plekke kan stuur.
Soos Bill Randles in ‘Making War in the Heavenlies’ heel tereg skryf , “The age of innocence is over. The days in hich we naively trusted our elders and teachers, and carelessly endorsed their every initiative are long gone.”
Op die ou einde, en dit ter afsluiting, voel ’n mens soos prof. le Roux sê ’n historikus Nuwe Testamentikus behoort te voel by die ‘ontdekking’ dat die Nuwe Testament nie dié Jesus wat werklik in die geskiedenis geleef het beskryf nie (as my verstaan korrek is), in ’n positiewe (?!) artikel oor Prof. Andries van Aarde se volgens alle aanduidings) godslasterlike boek ‘Fatherless in Galilee’
“’n Gevoel van verlies en rou moet eie aan die historikus Nuwe Testamentikus wees. Toe die Jesusverlede verwoord is, is die besondere (die historiese Jesus) onmiddellik verloor; toe die Jesusverlede talig gemaak is, is dit veralgemeen en is die partikuliere van die gebeurtenis die Jesusgebeure onmiddellik verloor (Derrida 1995:377) . En dit is ’n enorme verlies. ’n Verlies wat nooit weer omgekeer kan word nie en daarom die oorheersende gevoel van rou. Omdat die verlies absoluut is, is die rou ook absoluut. Niks kan daaraan gedoen word nie. Die historikus Nuwe Testamentikus kan net ‘huil oor die onvervangbare verlies en sy eie onmag ten opsigte daarvan, oor die (vuur-as wat die singuliere as getuie van haar vlugtige aanwesigheid agtergelaat het (Goosen, 1998: 70) . Of soos Derrida dit gestel het ‘ Deep down, deep down inside, the eye would be destined not to see, but to weep’ Caputo, 1997: 326; Le Roux, 1998: 477-486 TS, 85[1]2002 93 .’”
Ter afsluiting en ter interpretasie van bg., in Ferdie se woorde,
“Professor Le Roux wil hê ons moet ’n gevoel an totale verlies ervaar, hy wil hy ons moet besef dat ons Jesus ‘verloor’ het. Ons moet huil, huil en weier om die letterlike historiese opstanding van Jesus te bely! Die letterlike historiese opstanding van Jesus is volgens hom ’n absolute onmoontlikheid….”
Ja, ons moet huil, maar om gans ander redes as wat Prof. Le Roux meen!
Mag die Here ons genadig wees!
Eckard Briedenhann
Augustus 2011
Kontak asseblief vir Eckard by kodesh@telkomsa.net
(Gekopieer van hierstaanek.com)