Kyk ook:
NG gemeente Die Strand het tydens ’n kerkraadsvergadering op 9 Junie 2021 besluit om ook te doleer en hulle sinodale bydrae terug te hou. (Hulle was die 76ste NG gemeente wat doleer het.) Die kerkraad het toe ’n brief aan gemeentelede gestuur met sewe punte waar die NG Kerk dwaling toelaat:
- Strandgemeente doleer (9 Junie 2021)
Op 8 Julie 2021 reageer Christo Benadé hierop namens die Ring van Somerset-Wes:
- Reaksie van die Ringskommissie Somerset-Wes op 7 punte van beswaar van die NG Gemeente die Strand (8 Julie 2021)
Netwerk24 kom daarvan te hore en besluit om dit te publiseer:
- NG gemeente weerhou geld oor kerk se gay-beleid (14 Julie 2021)
Beide die moderator van die NG Kerk, Nelis Janse van Rensburg, en Christo Benadé, die voorsitter van die Ring van Somerset-Wes reageer in die openbaar en maak hewig kapsie:
- Moderatuur reik verklaring uit oor NGK Die Strand wat doleer (15 Julie 2021)
- ’n Brief aan die NG gemeente Die Strand (16 Julie 2021)
Die feite is egter verdoemend. Die volgende artikel beoordeel die aantygings wat Die Strand gemaak het:
Daarna word heelwat briewe in die media gepubliseer wat positief reageer op Die Strand se besluit:
- Geluk aan NGK in Strand oor dolering besluit (Bernhard Ficker, 16 Jul 2021)
- Wat dan van die ander ses punte? (Henrietta Klaasing, 19 Jul 2021)
- Die praktyk bewys gemeente is reg (Dawie de Wet, 20 Jul 2021)
- ’n Eierdans om die ware kwessies (Arie W van Rooyen, 21 Jul 2021)
- Mag meer gemeentes Die Strand se voorbeeld volg (Ferdie Mulder, 21 Jul 2021)
- Die Strand-gemeente het geldige besware (Bernhard Ficker, 21 Jul 2021)
- Laat almal sien waarin die NGK werklik glo (DF Raath, 21 Jul 2021)
- As hierdie feite jou nie oortuig, dan sal niks (Daniel Louw, 22 Jul 2021)
Op 23 Julie 2021 stuur Die Strand ’n opgedateerde brief aan die gemeente:
- Die Strand: Amptelike brief aan die gemeente (23 Julie 2021)
Steeds verskyn briewe in die media:
- Wie sal hierdie lig na die ope bring? (Johannes de Villiers, 23 Jul 2021)
- Moet ook nie dié feite ignoreer nie (Jozua Hugo, 26 Jul 2021)
- Strand doleer: Waarom reageer moderatuur van Wes-Kaap dan só? (Henrietta Klaasing, 30 Jul 2021)
Na al die mediadekking reageer Nelis weer op 28 Julie 2021, hierdie keer deur ’n video. Kyk die volgende skakel wat ook kommentaar bevat oor die video:
Dit oortuig egter geensins nie.
Op Vrydag 30 Julie 2021 skryf Gustav Claassen ’n epos, gerig aan al die predikante in die NG Kerk. Daarin word weer verwys na die sogenaamde “verdagmakery” op sosiale media:
- Epos van NG kerkleiding aan predikante (30 Jul 2021)
Op 5 Augustus 2021 berig Kerkbode ook hieroor:
- ‘Ons wankel nie in belydenis’ – Nelis (5 Aug 2021)
Op 8 Augustus 2021 ontken Nelis Janse van Rensburg weereens dat daar enige foute in die NG Kerk is:
- Dwaalleer? Dis onsin, sê NG Kerk (8 Aug 2021)
Johan Janse van Rensburg lewer kommentaar op Nelis se verdediging van die NG Kerk:
- Dankie vir leraars wat die skrif en belydenis vashou (17 Aug 2021)
Nadat die stof gaan lê het vergader slegs die ringspredikante voor die Ringsitting van Somerset-Wes op 28 Oktober om ’n gesamentlike verklaring te bespreek. Hierdie verklaring sou egter Die Strand se verklaring nieting maak. Die bewoording word verander, maar die verklaring word toe nooit onderteken nie.