Kyk ook:
Tydens ’n legitimasiediens van die NG Kerk op 29 Maart 2021 verwys die prediker, Ds Melanie Thirion (verbonde aan NG gemeente Kenridge), na God in die vroulike geslag (54m47s):
“Dat God-drie-enig haar verbond bevestig. Of hom. Hoe ookal jy dit sien.” – Melanie Thirion
Verder doen Dr Jana van den Munckhof (van NG gemeente Toringkerk in die Paarl) ’n gebed in die woorde van Rosa Smit en spreek God aan as “Heilige prisma…” (1h18m):
Heilige prisma
ek wat ’n klein-klein liggie prik
bid dat jy my dwarsdeur jou moet pluk
dat ek sewekleurig na omhoog
in ’n loflied jou kan loof
Amen
Hier volg die hele legitimasiegeleentheid op Youtube:
Legitimasie, 29 MAART 2021, 18:30
Op 9 April 2021 maak Stefaan de Jager hiervan melding in ’n plasing op Facebook. In die plasing verdedig die voorsitter van die algemene kuratorium, Frederick Marais, die twee dames baie sterk:
- Voorsitter van kuratorium: God kan ook ‘n vrou wees (9 Apr 2021, Stefaan de Jager se Facebookplasing)
Dit gee aanleiding tot ’n hele debat en gesprek in die openbare media. Arisa Janse van Rensburg skryf ’n berig hieroor in Netwerk24 en noem dat die moderator, Nelis Janse van Rensburg, aanstoot neem oor die kommentaar op Facebook:
- Herrie oor verwysing na God as vroulik, ’n ‘prisma (Netwerk24, 14 Apr 2021)
Pieter Prinsloo van Kroonstad wys dat dit ’n on-Bybelse praktyk is om na God in die vroulike vorm te verwys:
- Die Skrif en die teologie van vrome verwondering … ten koste van vaste waarheid (Pieter Prinsloo, 14 Apr 2021)
NG gemeente Kenridge, waar Melanie Thirion predikant is, verdedig haar ook in die volgende verklaring:
- NGK Kenridge se verklaring oor God se geslag (15 Apr 2021)
Peet Bester en Frederick Marais skryf namens die kuratorium van die Universiteit van Stellenbosch ’n amptelike verklaring waarin hulle die twee dames verdedig en waarin hulle Stefaan de Jager kritiseer omdat hy nie eers persoonlik met die betrokke persone kontak gemaak het nie. Hulle beskuldig hom ook van verdagmakery en versoek dat hy die Facebookplasing verwyder. Hulle nooi hom ook uit tot gesprek.
- Kuratorium reik verklaring uit – God is ook ‘n vrou (16 Apr 2021)
Kobus Kok skryf in Maroela Media dat daar nie fout is om na God in die vroulike vorm te verwys nie:
- Kan ons na God as vroulik verwys? (Kobus Kok, 16 Apr 2021)
Johan Eybers berig ook in Netwerk24 oor hierdie aangeleentheid:
- ‘Vrou is ook metafoor vir God’ (Netwerk24, 18 Apr 2021)
Op 16 April verwyder Stefaan die oorspronklike Facebook plasing en vervang dit met ’n verskoning:
Kobus Kruger, Hannes Swart en Tommie Breitenbach skryf briewe hieroor in Netwerk24. Al drie verwerp die idee dat daar na God as ’n vrou verwys kan word of as ’n heilige prisma.
- Verwarring heers oor God as ’n ‘prisma’ (25 Apr 2021)
- Word ons Godsbeskouing só geïnfiltreer? (T.C. Breitenbach, 28 Apr 2021)
Henrietta Klaasing wys uit dat die sinode van 2019 reeds ’n positiewe besluit geneem het oor hierdie saak.
- Die NG Kerk en gendergeregtigheid (Henrietta Klaasing, 1 Mei 2021)
- ‘Waarheen is NGK op pad met gendergeregtigheid?’ (Henrietta Klaasing, 5 Mei 2021)
Bernhard Ficker wat ’n behoudende persoon is en selfs Cas Vos is nie ten gunste daarvan dat daar na God as ’n vrou verwys word nie:
- Hoe ruim moet denke oor God verruim word? (Bernhard Ficker, 5 Mei 2021)
- Beeldspraak, metafore en ‘om die smaak van God in die mond te kry’ (Cas Vos, 8 Mei 2021)
Frederick Marais beskuldig alle kritici van Melanie Thirion en Jana van den Munckhof weer van verdagmakery. Om sy punt te maak skep hy egter ’n valse voorstelling van die aangeleentheid:
- Dán word debat eerder dialoog (Frederick Marais, 10 Mei 2021)
Henrietta Klaasing voeg haar stem by Bernhard Ficker:
- Is NGK onder invloed van tydsgees? (Henrietta Klaasing, 10 Mei 2021)
Hierdie aangeleentheid haal selfs ’n artikel deur Nico Koopman, die visierektor van die Universiteit Stellenbosch, wat hy kwansuis oor hemelvaart skryf:
- Hemelvaart is ’n belangrike Christus-fees (Nico Koopman, 12 Mei 2021)
Op 17 Augustus 2021 voeg Jan Lubbe, voorsitter van die kuratorium van die Universiteit Vrystaat, ook sy stem by Frederick Marais s’n en verwys na God in die vroulike vorm.
- Hoe lees ons dié verhale so swak? (17 Aug 2021)
Skitterende samevatting van relevante, verbandhoudende berigte, briewe en artikels Daniel. Baie dankie, jy doen kosbare werk!