Kyk ook:
Moreletaparkgemeente begin besef watter rigting die NG Kerk besig is om in te slaan en in April 2019 reik hulle ‘n verklaring uit.
- Verklaring: Moreletapark se losmaking van NG kerkverband (Apr 2019)
- Moreletapark Gemeente Inligtingstuk: Proses rakende die toekoms van Moreletapark Gemeente Mei 2019 (30 Apr 2019)
Die eerste berigte in die media verskyn oor die aangeleentheid:
- Moreletapark oorweeg om bande met NG Kerk te breek (3 Mei 2019)
- ‘Die NG Kerk is te liberaal vir ons’ (5 Mei 2019, Rapport)
- ‘Ons besluit is nie oor geld of gays’ – Moreletapark (6 Mei 2019)
Op 7 Mei reik Moreletapark ’n persverklaring uit waarin gesê word dat hulle hul rol binne die NG Kerk heroorweeg:
Na ’n gesprek met sommige van die NG Kerk leierskap kalmeer gemoedere en plaas Moreleta hulle planne op ys:
- Moreleta: ‘goeie gesprek’ met leiers skuif besluit uit (8 Mei 2019, Kerkbode)
- Kerk se krag ‘in eenheid’ (11 Mei 2019)
- Kruisverhoor: ‘Daar ís ruimte in NGK vir gemeentes soos Moreleta’ (12 Mei 2019)
- Megakerk is dalk té charismaties (12 Mei 2019, Neels Jackson)
- Moreletapark: ‘Middelgrond sukkel orals’ (12 Mei 2019, Nelus Niemandt se opinie word gevra in Rapport)
Daar ontstaan ook woelinge by Charl Cilliers:
- Druk bou oor 2015-besluit, meen gemeente (29 Mei 2019, Kerkbode)
Daar word oor drie opsies gepraat:
- Moreleta oor drie opsies (4 Jun 2019, Kerkbode)
Fanie Snyman, teoloog van Vrystaat, sê hy is moeg vir die verdagmakery oor die teologiese fakulteite:
- Fanie Snyman moeg vir verdagmakery (12 Jun 2019)
Neels Jackson gee sy opinie:
- Die kerk en die hof (30 Jun 2019, Neels Jackson)
Die algemene sinode van 2019 bevestig Moreletapark se bekommernisse en maak weer ruimte vir selfdegeslagverhoudings. Moreletapark kondig aan dat hulle drie punte tydens die volgende kerkraadsvergadering wil goedkeur.
- Moreletapark reageer op NGK se 2019-SGV-besluit (21 Okt 2019)
Slegs punt 2 realiseer: ’n konferensie/byeenkoms word beplan waarheen alle leraars/gemeentes wat dieselfde standpunt huldig uitgenooi word:
Die beraad vind van 25-26 Februarie 2020 plaas. Ongeveer 500 mense woon dit by:
- Moreletaberaad: Riglyne vir behoudende lidmate en kerkvergaderinge van die NG Kerk (26 Feb 2020)
- Moreletapark beraad 25-26 Februarie 2020 (28 Feb 2020, Kerkbode)
- Kap die heilige boomstamme af, maar verwyder ook die hoogtes (28 Feb 2020, Schalk Strauss)
Hierdie beraad is die begin van die Moreleta Kairos Netwerk, wat later verander word na slegs Kairos Netwerk.