Tydens die NG Kerk se algemene sinode van 2019 word besluit om ruimte te maak vir selfdegeslagverhoudings (SGVs).
As deel van hierdie besluit word ook besluit dat ATLAS (Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake) ’n formulier sal ontwikkel hiervoor:
10. Die Algemene Sinode dra dit aan ATLAS op om ’n formulier te ontwikkel vir die bevestiging van burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag.
Op 4 Julie 2020 skryf Henrietta Klaasing die volgende brief:
- Brief aan ATLAS: Die beoogde formulier vir die bevestiging van burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag (Henrietta Klaasing, 4 Julie 2020)
Ongeveer ’n maand later (30 Jul 2020) stuur Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, ’n skrywe uit waarin gesê word dat predikante nou by die Departement Binnelandse Sake aansoek kan doen om homoseksuele huwelike te bevestig.
- NG predikante kan nou by die staat aansoek doen om homoseksuele huwelike wetlik te verbind (30 Jul 2020, Gustav Claassen)
Kyk ook die volgende artikels wat hieruit voortgevloei het:
- Persverklaring: Moreletapark beraad oor voltrekking van selfdegeslagverbintenisse (6 Aug 2020)
- SGV: Bevestigings mag nou voortgaan (7 Aug 2020)
- Leraars kloof hare oor dié wat nie gays wil trou (9 Aug 2020, Theo Danzfuss en Gustav Claassen)
Ongeveer ’n jaar later word weer oor hierdie aangeleentheid berig:
Agt maande later, op 17-19 Mei 2022[1] besluit die ASM in Johannesburg dat die opdrag om die formulier te skryf nie uitgevoer kan word nie, aangesien die Algemene Sinode nie ’n prinsipiële besluit ten gunste van SGVs geneem het nie, maar ’n prosesbesluit.
- Kerk se versoeningsboodskap in die gedrang? (7 Sep 2022)
Hierop volg heelwat kritiek van beide liberales en behoudendes.
- “2019 was ’n proses besluit, nie ’n beginselbesluit nie”…? (Dubois du Toit, 13 Sep 2022)
- Onderskeid tussen ‘prinsipiële’ en ‘proses’-besluit nie geldig (Frits Gaum, 19 Sep 2022)
- Vrae oor ASM se besluit oor formulier (Theo Danzfuss, 21 Sep 2022)
- ‘n Dringende antwoord is nodig (Henrietta Klaasing, 21 Sep 2022)
- Geen formulier vir gay-huwelike ‘is tree terug’ vir NG Kerk (Netwerk24, 22 Sep 2022)
- NG Kerk op ‘dun ys’ ná besluit oor gay huwelike (Rapport, 25 Sep 2022)
- Oor huweliksformulier-kaskenades (Bernhard Ficker, 26 Sep 2022)
- Formulier gestop: Was dit kerkregtelik in orde? (Theo Danzfuss, 28 Sep 2022)
- Neem jy as man/vrou/hulle/dit/geboortegewende persoon . . .(Bernhard Ficker, 5 Okt 2022)
Op Sondag, 9 Oktober 2022 stel Hennie Pienaar ’n formulier voor:
- Uitdaging aanvaar: Hier is formulier (Hennie Pienaar, Sondag 9 Okt 2022)
- Liefde wen altyd (Jan Wandrag, Sondag 16 Okt 2022)
Voetnotas
[1] Dit is ook tydens hierdie ASM vergadering waarby die Namibiese Sinode hulle saak gaan stel het oor die dwalinge in die NG Kerk. Hulle is egter onverrigter sake daar weg: Kyk Namibië-span vlieg na SA : Maratongesprek om eenheid te behou.