Kyk ook:
Op 8 Januarie 2023 verskyn ‘n artikel in Rapport wat berig dat dr Peter Nagel, teologiese dosent aan die Universiteit van Stellenbosch, tydelik geskors is omdat hy nie aan Jesus se godheid glo nie.
- Kerkmense ‘het my teologies verkrag’, sê dominee (8 Jan 2023)
In die volgende artikel reageer die dagbestuur van die Kuratorium van die Sinode van Wes-Kaapland:
- ‘Die doel is om die waarheid en die feite aan die lig te bring’ – Kuratorium oor optrede teen dosent (9 Jan 2023)
Kairos Netwerk reik ‘n persverklaring uit:
Die volgende kommentaar word oor die aangeleentheid gelewer:
- Peter Nagel: ‘n slagoffer van slegte tydsberekening? (Daniel Louw, 10 Jan 2023)
- Politieke agenda? Dr Peter Nagel … (Video deur Ferdie Mulder, 13 Jan 2023)
- Oor toesig, tug en teologiese opleiding (Smuts Janse van Rensburg, 14 Jan 2023)
Op Sondag, 15 Januarie 2023 verskyn vyf briewe in Rapport:
- ‘NG Kerk se straf vir dosent veels te lig’ (Johan Eybers, 15 Jan 2023)
- Ontkenning van Jesus se Godheid is vernietigend (Stefaan de Jager, 15 Jan 2023)
- Kerk tas mis: Jesus het hom nóóit aan God gelykgestel (Barend Gildenhuys, 15 Jan 2023)
- Kerk pleeg nog sy eeue oue terreur (Chris de Wit, 15 Jan 2023)
- Magsblok verwoes weer ’n enkeling (Marius Krige, 15 Jan 2023)
Verdere artikels
- ’n Agtermiddag by Peter Nagel: Oor teologie, tug en Griekse tragedie (Kerkbode, 19 Jan 2023)
- Kruisverhoor: ‘Dit gaan oor vertroue in NGK, en oor grense’ (Hanlie Retief, 22 Jan 2023)
- Pasop dat die haan nie vir die kerk kraai (Frits Gaum, 22 Jan 2023)
- Theo Danzfuss skryf: Martelare van kerklike tug (24 Jan 2023)
- Laat sak swaard van vergelding (Neels Jackson, 29 Jan 2023)
Prof Louis Jonker verdedig vir Peter Nagel:
- ‘Kreatiewe spanning’ tussen akademiese teologie en kerklike teologie is noodsaaklik, sê dosente by Maties (Louis Jonker, 15 Feb 2023)
Ds André van Niekerk, leraar in Pretoria, verdedig ook vir Nagel. Volgens hom was dit iemand uit die Shofar-kerk wat Nagel aangegee het.
- André van Niekerk: Kerke kan veel méér vermag (André van Niekerk, 2 Mar 2023)
Pieter Prinsloo gee ‘n perspektief:
- Die verhaal van die twee teoloë en die ruim huis (Pieter Prinsloo, 6 Sep 2023)
Nagel se predikantsbevoegdheid is egter herstel nadat hy verklaar het dat hy steeds die legitimasieverklaring, soos deur hom afgelê en onderteken, onderskryf en dat hy hom opnuut daartoe verbind.
- Teoloog Peter Nagel kry ná ‘belyning’ predikantsbevoegdheid terug, sê kuratorium op Stellenbosch (5 Des 2023)
- Die Godheid van Christus (Stefaan de Jager, 8 Des 2023)
- Dr Peter Nagel (Ferdie Mulder, 29 Jan 2024, Youtube)
Dankie NGK.
As ek na die kommentaar van Fritz Gaum kyk, is daar geen twyfel dat die kerk hierdie saak nie ligtelik op kan neem.
Die Gaums et al is verantwoordelik dat baie lidmate weg van die NGK gegaan het.
Gaum, jy kan vir jou kind in die bresse tree, maar nie oor iets wat hy gedoen het of doen wat ‘n gruwel in God se oog is nie.