Kyk ook:
Op ongeveer 11 Februarie 2022 verskyn daar ’n advertensie oor ’n konferensie, aangebied deur dosente van die teologiese fakulteit van Stellenbosch met die titel “Queering the Prophet”. In hierdie konferensie word die profete van die Bybel deur ’n queer lens beskou:
Die volgende dosente is onder andere hierby betrokke:
Die advertensie word ook op die Sinode van Weskaapland se webblad geadverteer by kaapkerk.co.za/queering-the-prophet, maar word vinnig verwyder nadat Johannes de Koning en Henrietta Klaasing kritiek lewer hierop (kyk hieronder).
Kort na die advertensie verskyn het, reik ds Johannes de Koning van Tsuneb ’n video daaroor uit:
- Die “queer” profeet onder ‘n witgatboom? (Johannes de Koning, 12 Feb 2022)
Op 15 Februarie skryf Henrietta Klaasing ’n brief vir Kerkbode:
- Tema van konferensie by universiteit ontstel (Henrietta Klaasing, 15 Feb 2022)
Ook op 15 Februarie voer Kerkbode ’n onderhoud met Julie Claassens en Jeremy Punt.
- Queer hermeneutiek: Wie word geraak deur hoe ons dink? (15 Feb 2022)
Op 17 Februarie kritiseer prof Louis Jonker sy kollegas oor hierdie konferensie.
- Prof by Maties maak kapsie teen konferensie (17 Feb 2022, Louis Jonker)
Ferdie Mulder wys egter in die volgende video dat alhoewel Louis Jonker korrek is, hy hoegenaamd nie konsekwent is as jy die res van sy teologie in ag neem nie:
- Stellenbosch Queer Breuklyn (18 Feb 2022, Ferdie Mulder)
Op 18 Februarie probeer die kuratorium (waarskynlik onder leiding van Frederick Marais) skadebeheer toepas deur ’n verklaring uit te reik. Die verklaring probeer op twee stoele sit: dit wil nie die konferensie soseer kritiseer nie, maar wil ook nie Louis Jonker se opinie afskryf nie.
- ‘Queering the prophet’: Verklaring deur kuratorium (18 Feb 2022)
Bernhard Ficker skryf die volgende artikel vir die koerant.
- Kairos wil reformeer, maar waarheen? (18 Feb 2022, Bernhard Ficker)
Op 19 Februarie reik die Kairos Netwerk ’n persverklaring uit. Rapport berig ook oor die aangeleentheid:
- Persverklaring: Kairos Netwerk reageer op queer profeet konferensie (18 Feb 2022)
- Queer-teologie by Maties “’n krisis vir die kerk’” (20 Feb 2022)
Neels Jackson lewer ook kommentaar in Rapport:
Die moderator, Nelis Janse van Rensburg, reageer ook:
Nog briewe en skrywes:
- Stellenbosse-konferensie laat vrae (22 Feb 2022, Henrietta Klaasing)
- Queering dring aan op ongemak (24 Feb 2022, Charlene van der Walt)
- Queering the prophet: Jonker se reaksie ‘help Kairos Netwerk’ (25 Feb 2022, Theo Danzfuss)
- Hoe laag kan die teologiefakulteit daal? (Juig!, Mei 2022)
Ten spyte van al die kritiek gaan die konferensie voort. Die Kaapland Evangeliese Sendingaksie, onder leiding van Nico Rademeyer, besluit om ’n protesoptog te hou tydens die konferensie. Vir meer hieroor kyk: