Op 23 Julie 2024 in ‘n RSG onderhoud, sê Jan Lubbe, moderator van die NG Kerk, die volgende op ‘n vraag of mense wat nie aan Jesus glo nie, hel toe gaan:
Hier waar ek nou sit en oor my skouer kyk sal ek die boek van Desmond Tutu raaksien waarin die baie omstrede stelling is: “God is not a Christian”
As jy die vier evangelies lees waarin Jesus se verhale opgeteken is, het Hy nie in die eerste plek met mense gepraat oor hoe hulle in die hemel kom nie. … Jesus het veel meer gepraat oor die aarde as oor die hemel …
Ek het geen twyfel dat daar net een Heiland is nie, een middelaar tussen God en mens. Dit is Christus. Maar het Abraham Christus geken? Hy leef histories ongeveer 2000+ jaar voor Jesus. Abraham het Jesus nie geken nie. En tog noem Hebreërs 11 Abraham een van die gelowiges wat in die hemel by God is nou nadat hy gesterf het terwyl hy die naam Jesus nie geken het nie. Hoe is dit moontlik?
Ons moet eerstens baie versigtig wees om my kerk, my tradisie, my lees van die Bybel te verhef tot “dit is die enigste weg na saligheid”. Ek het nie die waarheid beet nie.
Tweedens, as Paulus selfs uitroep in Romeine 11 dat hy nie weet wat moet hy sê van sy Joodse volksgenote nie, want hulle het ‘n belofte van God, maar hulle verwerp Jesus. Hulle glo nie dat Christus die Messias was nie. Uiteindelik sê Paulus: ek laat dit oor aan God se hande. En dan kom daardie ongelooflike woorde: “O diepte van die wysheid en rykdom en kennis van God. Hoe ondeurgrondelik is God se weë”. Wie is ek, 2000 jaar later, om sommer ‘n kategoriese uitspraak te maak oor die Joodse gelowiges? Hulle aanbid dieselfde God. Om daarmee te sê: hulle gaan nie hemel toe nie. Dit is ‘n moeilike vraag. … Daarvan is ek oortuig: wat Jesus verkondig het is die waarheid. As jy doen en leef soos wat Hy gesê het dink ek volg jy sy weg en dan sal jy saligheid beleef.
- RSG: Land en sand: Jan Lubbe (23 Jul 2024)
Die idee dat mense die hel kan vryspring sonder om Jesus as verlosser aan te neem, is universalisme, wat teenstrydig is met die legitimasie-eed wat Lubbe afgelê het.
In dieselfde jaar lê Prof Johan Janse van Rensburg ‘n klag teen Jan Lubbe. Die ondersoekliggaam besluit egter om nie ’n formele kerklike tugondersoek in te stel nie, maar dat verdere gesprekke gevoer moet word oor die teologiese kwessies wat aan die lig gebring is. Professor Johan Janse van Rensburg, appelleer egter teen dié besluit.
In Moet ek die kerk verlaat? verdedig Leon Foot van die NG Kerk Vrystaat vir Jan Lubbe.
Prof Johan Janse van Rensburg se appèl is suksesvol. Daar word besluit dat ’n nuwe, onafhanklike tugliggaam die saak van voor af sal ondersoek.